DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

488. Dat “dae” die state in die algemeen voorstel, en “jare” die staat in besonder, kom voor in Skrif, soos: “…en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom…” (Eseg. 22:4), wat verwys na hulle wat gruwels bedryf, en wat die maat van hulle sondes volmaak, wie se staat in die algemeen bepaalde “dae” is, en op die spesiale vlak “jare” is. So ook met Dawid: “Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag” (Ps. 61:7), wat praat van die Meester en Sy koninkryk, waar die “dae” en die “jare” ook die state van Sy koninkryk voorstel. Weer: “Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare” (Ps. 77:6), waar die “dae van die voortyd” die state van die mees Antieke Kerk aandui, en die “ou, ou jare” die state van die Antieke Kerk. So ook: “Want die dag van wraak was in My hart, en die jaar van My verlossing het gekom” (Jes. 63:4), wat verwys na die laaste tye, waar die “dag van wraak” `n staat aandui van verdoemming, en die “jaar van verlossing” `n staat van seën. Weereens: “om uit te roep `n jaar van die welbehae van JHWH en `n dag van wraak van ons God; om al die treurendes te troos” (Jes 61:2), waar sowel “dag” en “jaar” `n staat verteenwoordig. Weer: “… vernuwe ons dae soos in die voortyd” (Klaagl. 5:21), waar duidelik `n staat bedoel word. [2] Ook: “…want die dag van JHWH kom, want hy is naby ‐`n dag van duisternis en donkerheid, `n dag van wolke en wolkenag … wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie” (Joël 2:1‐2), waar “dag” `n staat van donkerheid en dik duisternis en wolke en wolkenag voorstel, met elkeen in die besonder en met almal in die algemeen [ ‐ ?? ] ] . Ook: “…Ek sal die skuld van van hierdie land op een dag uitdelg … sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom” (Sag. 3:9‐10). Asook: “En dit sal `n enige dag wees wat aan JHWH bekend is – geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word” (Sag. 14:7), waar dit duidelik is dat `n staat bedoel word, want dit word gesê dat daar `n dag sal wees wat “geen dag en geen nag is nie, maar teen die aand sal dit lig word.” Dieselfde kom voor in die Dekaloog (Tien Gebooie): “Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan …” (Deut. 5:16; 25:15), waar die “dae verleng mag word” nie die lengte van die lewe simboliseer nie, maar `n baie gelukkige staat. [3] Letterlike gesien, lyk dit of `n “dag” die tyd voorstel, maar in ‘n dieper sin stel dit `n staat voor. Die engele, wat in die innerlike staat is, weet nie wat tyd is nie, want hulle het geen son of maan wat die tye kan bepaal nie, gevolglik weet hulle ook nie wat dae en jare is nie, maar slegs wat state is en die veranderinge daarvan, en daarom, voor die engele, wat in die innerlike staat is, verdwyn alles wat betrekking het op materie, ruimte, en tyd, soos ook weerspiël word in die volgende: “Want naby is `n dag, ja, naby is `n dag van JHWH, `n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees” (Eseg. 30:3). So ook: “Ag die dag! Want naby is die dag van JHWH, en hy kom soos `n verwoesting van die Almagtige…” (Joël 1:15), waar “`n dag van wolke” wel `n wolk van valshede voorstel; en die “dag van die nasies” dui die nasies aan, of die booshede van hulle; en die “dag van JHWH” dui op die verwoesting. Wanneer die begrip of idee van tyd verwyder word, bly net die staat oor van dinge wat in daardie tyd bestaan het. Die geval is dieselfde met betrekking tot die “dae” en die “jare” wat so baie in hierdie hoofstuk genoem word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205