DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 416

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

886. Dat die “olyf” die goeie van die naasteliefde aandui, is duidelik uit die betekenis in die Woord, nie net slegs van die “olyf” nie, maar ook sy “olie.” Dit was met olyfolie, tesame met speserye en kruie dat die priesters en konings gesalf is, en dit was met olyfolie dat die lampe aan die brand gemaak was. (sien Ex. 30: 24; 27: 20). Die rede waarom olyfolie gebruik was vir die insalwing van ampsdraers en vir die lampe, was dat dit die hemelse verteenwoordig, en daarom ook al die goeie van die liefde en van die naasteliefde; want die olie is die absolute essens (wese en kern) van die boom, asof dit sy siel is, net soos wat die hemelse, of die goeie van die liefde en naasteliefde, die absolute essens of die eintlike siel van die geloof is; daarom het olyfolie hierdie verteenwoordiging. Dat “olie” dit aandui wat hemels is, of die goeie van die liefde en naasteliefde, kan bevestig word uit baie gedeeltes uit die Woord, maar siende dat dit die olyfboom is wat hier genoem word, sal ons net `n paar uittreksels aanbied wat sy betekenis bevestig. Soos in Jer: “En JHWH het jou die naam gegee: groen olyfboom, skoon deur mooi gevormde vrugte.” (Jer. 11: 16), waar die Mees Antieke Kerk of Hemelse Kerk so genoem was, wat die fondasie kerk van die Joodse Kerk was; en daarom het al die verteenwoordigers van die Joodse Kerk `n verhouding met hemelse dinge; en deur dit met die Meester. [2] In Hosea: “Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van `n olyfboom en sy geur soos die Libanon.” (Hos. 14: 7), wat gesê word van die kerk wat geplant gaan word, wie se eer soos die van die olyfboom is, dit is, die goeie van die liefde en van die naasteliefde; die “geur soos die Libanon” is die emosie van die waarheid van die geloof daaruit. “Libanon” staan vir sy seders, wat geestelike dinge aandui, of die waarhede van die geloof. In Sag. waar daar oor die lampe gepraat word: “Ook twee olyfbome by hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan; dit is die twee gesalfdes wat by JHWH van die ganse aarde staan. (Sag. 4: 3, 14). Hier dui die “twee olyfbome” die hemelse en die geestelike aan, dus liefde, wat van die hemelse kerk is; en ook naasteliefde, wat van die geestelike kerk is. Hulle is aan die “regterkant” en aan die “linkerkant” van die Meester. Die lamp of “lampstander” dui hier, soos in die Joodse Kerk dit verteenwoordig, die Meester Self aan; sy “lampe” dui die hemelse dinge aan waaruit die geestelike kom, soos vanuit `n vlam waaruit die strale van die lig vandaan kom. Soos in Dawid: “Jou vrou is soos `n vrugbare wingerdstok binne‐in jou huis; jou kinders soos olyfboompies om jou tafel. (Ps. 128: 3); waar die “vrou is soos `n vrugbare wingerdstok” die geestelike kerk aandui; jou “seuns” (of kinders) die waarheid van geloof, wat genoem word “olyfboompies” omrede die goeie van die naasteliefde. In Jes. “Maar `n na‐oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van olywe; twee, drie vruggies bo in die top.” (Jes. 17: 6); waar die onderwerp wat hier behandel word, die oorblyfsels in die mens is, “van `n olyfboom” dui die hemelse oorblyfsels aan. In Miga: “Jy sal olywe uittrap maar jou nie met olie salf nie, en mos maak, maar geen wyn drink nie.” (Miga 6: 15). En in Moses: “Wingerde sal jy plant en bewerk, maar geen wyn drink of wegbêre nie. Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal nie jou met olie salf nie.” (Deut. 28: 39‐40), waar die onderwerp die oorvloed van doktrinale onderrig is oor die goeie en waarhede van die geloof, wat uit rede van die mense se karakter, verwerp word. Van die inligting uit hierdie gedeeltes is dit duidelik dat `n “blaar” dui die waarheid van die geloof aan, en “olyf” die goeie van die naasteliefde; en soortgelyke dinge word deur die “olyfblaar” aangedui wat die duif in sy mond aangebring het, dit is, dat daar nou in die mens van die Antieke Kerk `n bietjie van die waarheid van die goeie van die naasteliefde verskyn het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205