DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 439

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

908. Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees. Dat dit aandui alles wat lewendig gemaak is in die mens van die kerk, is duidelik uit die feit dat “dier of wilde dier” is toepaslik op Noag, of op die mens van hierdie kerk, nou wedergebore, en verwys na dit wat volg, naamlik, voëls, dier, kruipende diere; want dit sê; “van alle vlees, die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip.” Die woord in die oorspronklike taal verwys hier na “wilde dier” en dit dui op `n fatsoenlike lewe, of dit wat lewendig is; maar in die Woord word dit beide gebruik vir wat lewendig is, en vir dit wat nie lewe nie, of `n wilde dier; sodat, tensy iemand die innerlike sin van die Woord ken, is hy somtyds nie in staat om te sien wat bedoel word nie. Die rede vir hierdie tweeledige betekenis is dat die mens van die Mees Antieke Kerk, in sy vernedering voor God, aan homself erken dat hy nie lewe nie, nie eers as `n ondier nie, maar slegs as `n wilde dier, want daardie mense het geweet dat die mens so is wanneer hy homself ag, of as hy in sy Eie is. Daarom beteken dieselfde woord dit wat lewe, en beteken ook “wilde dier.” [2] Dat dit beteken, dit wat lewe, is duidelik in Dawid: “U skare (wilde diere) het daarin gewoon; [dit is, in Elohim se erfdeel] U het dit in U goedheid berei vir die ellendige (die armes).” (Ps. 68: 11). Hier by “wilde diere,” omdat hy sal woon in die erfdeel van God, word niks anders bedoel as die wedergebore mens nie; soos in die vers onder bespreking, dit wat lewe in die mens. Weereens: “Want al die wilde diere van die bos is Myne, en die vee (diere) op die berge by duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld is van My.” (Ps. 50: 10‐11). Hier dui die “wilde diere” van die bos, wat met Hom is, op die wedergebore mens, dus wat in Hom lewe. In Eseg: “Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel…” (Eseg. 31: 6), waarby die geestelike kerk bedoel word, wat ingeplant is, en wat lewe in die mens van daardie kerk. In Hosea: “Verder sluit Ek in dié dag vir hulle `n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde…” (Hos. 2: 17), waar hulle wat wedergebore moet word, hier bedoel word, waarmee `n verbond gemaak word. Inderdaad, so ten volle dui die “wilde diere” op “dit wat lewendig is” dat tot die gerubs wat deur Esegiël gesien is, genoem word “vier lewende wesens of diere” (Eseg. 1: 5, 13‐15, 19, 10: 15). [3] Dat “wilde dier” in die teenoorgestelde sin `n betekenis in die Woord het vir iets wat nie lewe nie, is ook duidelik uit baie gedeeltes in die Woord, waarvan slegs net die volgende aangehaal sal word vir bevestiging. In Dawid: “Gee aan die wilde diere die siel van U tortelduif nie oor nie…” (Ps. 74: 19). In Sef: “Hoe het dit `n verwoesting geword, `n lêplek vir wilde diere.” (Sef. 2: 15). In Eseg: “En hulle sal nie meer `n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die veld sal hulle nie opeet nie.” (Eseg. 34: 28). Weereens: “Al die voëls van die hemel het gaan sit op sy omgevalle stam, en al die wilde diere van die veld was op sy takkies.” (Eseg. 31: 13). In Hosea: “En soos `n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.” (Hos. 13: 8). In Eseg: “Aan die wilde diere van die aarde en aan die voëls van die hemel gee Ek jou as voedsel. (Eseg. 29: 5), `n uitdrukking wat dikwels voorkom. En siende dat die Jode nog steeds slegs in die letter van die Woord bly, en verstaan onder die “wilde dier” as `n “wilde dier,” en by die “voëls” as `n ding wat vlieg, en nie die innerlike dinge van die Woord verstaan nie, en ook nie die gewilligheid het om dit te erken en so daardeur onderrig te word nie, dat hulle so wreed is, en sulke ‘wilde diere’ is, dat hulle `n genot daaruit put deur nie hulle vyande te begrawe wat deur hulle doodgemaak is in oorlog nie, maar stel hulle bloot om verorber te word deur die aasvoëls en ander wilde diere, wat ook daarop wys dat `n “wilde dier” ook `n mens is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205