DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 463

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

933. Dat “koue en hitte” die staat van die mens aandui wanneer hy besig is om wedergebore te word, wat so is ten opsigte van die ontvangs van die geloof en naasteliefde, en dat “koue” aandui dat daar geen geloof en naasteliefde is nie, is duidelik uit die betekenis van “koue” en “hitte” in die Woord, waar hulle van toepassing is op die mens wanneer hy wedergebore moet word, of dat hy klaar wedergebore is, of op die kerk. Dieselfde is duidelik uit die verbinding, dit is, uit dit wat vooraf gaan en dit wat volg; want die onderwerp is die kerk (in die voorafgaande vers, dat die mens nie meer in staat is om homself te vernietig nie, en in hierdie vers dat een of ander kerk altyd tot bestaan sal kom), wat eerste beskrywe word as die manier waarop die kerk tot bestaan kom, dit is, wanneer die mens wedergebore word deur `n kerk te word, en dan word die kwaliteit van die wedergebore mens behandel; sodat die behandeling van die onderwerp die hele staat van die mens dek. [2] Dat hierdie staat, wanneer hy wedergebore word, so is soos beskrywe, naamlik, `n staat van “dan koud, dan warm” of van geen geloof en geen naasteliefde, en dan weer van geloof en naasteliefde, mag nie so duidelik wees vir enigeen behalwe uit ervaring, en inderdaad uit `n weerspieëling ten opsigte van die ervaring. En omdat daar net `n paar is wat wedergebore is, en tussen die wat wedergebore is, net `n paar wat peins, of wat in staat is om te peins oor die staat van hulle wedergeboorte, kan ons `n paar woorde sê oor hierdie onderwerp. Wanneer die mens wedergebore is, ontvang hy lewe vanuit die Meester; want vóór dit kan hy nie sê dat hy lewe nie, want die lewe in die wêreld en van die liggaam is nie lewe nie, maar slegs dit wat hemels en geestelik is. Deur wedergeboorte ontvang die mens werklike lewe vanaf die Meester; en omdat hy voorheen geen lewe gehad het nie, is daar `n afwisseling van geen lewe en van werklike lewe, dit is, geen geloof en naasteliefde, en dan weer geloof en naasteliefde; geen geloof en naasteliefde word hier aangedui deur “koue” en dan geloof en naasteliefde deur “hitte.” [3] Ten opsigte van hierdie onderwerp staan die saak so: Wanneer die mens in sy liggaamlike en wêreldse dinge is, is daar geen geloof en naasteliefde nie, dit is, daar is “koue” in die liggaamlike en wêreldse dinge, gevolglik, dit wat sy Eie is, is nou aan die werk, en solank as wat die mens in hierdie staat is, is hy afwesig of baie ver weg van geloof en naasteliefde, sodat hy nie eers dink aan hemelse en geestelike dinge nie. Die rede daarvoor is dat hemelse en liggaamlike dinge kan nooit tesame wees in die mens nie, want die mens se wil is totaal geruïneer. Maar wanneer die dinge van die mens se liggaam en wil nie aan die werk is nie, maar rustig is, dan werk die Meester deur sy innerlike mens, en dan is hy in geloof en naasteliefde, wat hier “hitte” genoem word. Wanneer hy weer terugkeer in die dinge van die liggaam, dan is hy weer in die “koue,” en wanneer die liggaam, of dit wat van die liggaam is, rustig is, is hy weer in die “hitte” ‐ en so werk die afwisseling. Want so is die toestand van die mens dat hemelse en geestelike dinge kan nie in hom wees tesame met sy liggaamlike en wêreldse dinge nie, maar daar is afwisselinge. Dit is wat plaasvind met enigeen wat wedergebore moet word, en dit gaan voort solank as wat hy in die staat van wedergeboorte is; want op geen ander manier is dit moontlik vir die mens om wedergebore te word nie, dit is, vanaf die dood tot die werklike lewe, vir die rede, soos alteeds gesê, dat sy wil totaal geruïneer is, en is daarom geheel en al afgesny van sy nuwe wil, wat hy vanaf die Meester ontvang en wat aan die Meester behoort, en nie aan die mens nie. Nou is dit duidelik wat daar bedoel word by “koue en hitte.” [4] Dat dit die geval is, sal elke wedergebore mens weet uit ervaring, dit is te sê, dat wanneer hy in liggaamlike en wêreldse dinge is, is hy afwesig en ver verwyder van die innerlike dinge, sodat hy nie net slegs nie daaraan dink nie, maar voel in hom baie koud by die gedagte daaraan, maar wanneer die liggaamlike en wêreldse dinge rustig is, is hy in geloof en naasteliefde. Hy mag ook weet dat hierdie staat wissel gedurig, en daarom, wanneer liggaamlik en wêrelds begin dinge buitensporig hande uitruk en die begeerte om te regeer is daar, hy kom dan in die nood, versoekinge en beproewinge, totdat hy weer verminder is in so `n staat dat die eksterne mens toegewend en onderdanig raak tot die innerlike, `n inskiklikheid wat nie oorgelewer kan word totdat dit weer rustig is asof dit niks is nie. Die laaste nagesleg van die Mees Antieke Kerk kon nie meer wedergebore word nie, omdat, soos voorheen al gesê, het die dinge van die wil en die intelligensie één denke uitgemaak; en daarom kon die dinge van die intelligensie nie van die wil geskei word nie, sodat hulle op hierdie manier met beurte in die hemel en geestelike dinge was, en in liggaamlike en wêreldse dinge, maar hulle het voortdurend “koue” gehad ten opsigte van hemelse dinge en voortdurende “hitte” ten opsigte van hulle hebsug, sodat daar nie afwisseling was nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205