DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 554

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

1025. En met julle nageslag (saad) ná julle. Dat dit aandui hulle wat nuut gemaak is, is duidelik uit die betekenis van “saad” en ook uit dit wat volg. Uit die betekenis van “saad” sover as wat “saad” in die letterlike sin die nageslag beteken, maar in die innerlike sin die geloof; en siende, soos alreeds gesê, daar is geen geloof behalwe as daar naasteliefde is nie, dit is naasteliefde op sigself wat bedoel word deur “saad” in die innerlike sin. Uit dit wat volg is dit duidelik dat nie net die mens wat binne die kerk is, wat bedoel word nie, maar ook die mens buite die kerk, dus die hele menslike ras. Waar daar ookal naasteliefde is, selfs tussen nasies baie ver van die kerk af, is daar “saad” want hemelse saad is naasteliefde. Geen mens kan enige goeie uit homself doen nie, maar alle goeie is van die Meester. Die goeie wat die ‘heidene’ doen, is ook van die Meester, waarvan, uit die Goddelike genade van die Meester, net hierna meer daaroor. Dat die “saad van God” geloof is, was al voorheen getoon (n. 255). Deur geloof daar, en ook op ander plekke, word bedoel die naasteliefde waaruit die geloof kom; want daar is geen ander geloof wat werklik geloof is, as die van naasteliefde nie. [2] Dit is dieselfde op ander plekke in die Woord ook waar “saad” genoem word, soos die “saad van Abraham, van Isak, en van Jakob” waardeur bedoel word liefde of naasteliefde. Want Abraham verteenwoordig die hemelse liefde, en Isak die geestelike liefde, wat van die innerlike mens is. Dit is nie net in die profetiese, maar ook in die historiese dele van die Woord. Die geskiedenis van die Woord word nie in die hemel waargeneem nie, maar slegs dit wat daardeur aangedui word. Die Woord was nie net vir die mens geskryf nie, maar vir die engele ook. Wanneer die mens die Woord lees en slegs die letterlike daaruit neem, neem die engele nie die letterlike nie, maar slegs die interne daarvan. Die materieële, wêreldlike en liggaamlik‐stoflike idees wat die mens het wanneer hy die Woord lees, word by die engele geestelike en hemelse idees – soos wanner die mens lees van Abraham, Isak en Jakob, dink die engele glad nie aan Abraham, Isak en Jakob nie, maar wat hulle verteenwoordig en wat deur hulle aangedui word. [3] So ook by Noag, Sem, Gam, en Jafet, want die engele weet nie van hierdie persone nie, en neem ook nie iets anders waar as die Antieke Kerk nie; en die innerlike engele neem ook nie eers die kerk waar nie, maar die geloof van daardie kerk, en in ooreenstemming met die verbinding, en die staat van die dinge wat behandel word. Dus, wanneer “saad” in die Woord genoem word (soos hier die saad van Noag, dat `n verbond met hulle en met die nageslag (saad) gemaak is), neem die engele nie so `n nageslag (saad) waar nie; want daar was nie `n Noag nie, maar die Antieke Kerk was so genoem; en deur “saad” verstaan die engele naasteliefde, wat die kern van die geloof van daardie kerk was. En weereens, waar daar in die geskiedenis van die “saad” van Abraham, Isak en Jakob gepraat word, verstaan die engele nooit die nageslag (saad) van hierdie mense nie, maar almal in die universum, beide in die kerk en buite die kerk, waarin daar hemelse saad is, of naasteliefde; en die innerlike engele gewaar net die liefde – maar abstrak – wat hemelse saad is. [4] Dat deur “saad” die liefde aangedui word, en ook almal in wie daar liefde is, is duidelik uit die volgende gedeeltes in Genesis: “Daarop verskyn JHWH aan Abraham en sê: aan jou nageslag (saad) sal Ek hierdie land gee.” (Gen. 12: 7); weereens: “Want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en jou nageslag (saad) tot in alle ewigheid.” (Gen 13: 15‐16). Hulle wat in die letterlike sin van die woord lees, verstaan niks anders onder “saad” as die nageslag (saad) van Abraham nie, en deur die “land” die land “Kanaän, veral omdat hierdie land wel vir sy nageslag (saad) gegee is. Maar hulle wat in die innerlike sin is, soos wat die hele hemel is, deur die “saad van Abraham” neem hulle niks anders waar as liefde nie; en deur die “land Kanaän” niks anders as die koninkryk van die Meester in die hemele en op aarde nie; en dat die land vir hulle gegee word, neem hulle niks anders waar as die verteenwoordiging daarvan nie, wat, deur die Goddelike genade van die Meester, meer hieroor later. En weer word van Abraham gesê: “Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag (saad) wees.” (Gen. 15: 15). Hier word Abraham weer genoem omdat hy die liefde verteenwoordig, of het geloof; en met sy saad word geen ander nageslag (saad) in die innerlike sin bedoel nie, as die hele universum wat liefde besit. [5] Weereens: “En Ek sal My verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag (saad) ná jou in hulle geslagte as `n ewige verbond, om vir jou `n God te wees en vir jou nageslag (saad) ná jou. Dit is My verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag (saad) ná jou: al wat manlik is onder julle moet besny word…” (Gen 17: 8, 10). Hier is “My verbond oprig” weer die samevoeging van die Meester met die mens deur liefde, regdeur die hele universum, en daardie liefde was verteenwoordig deur Abraham. Hieruit is dit duidelik wat aangedui word deur “saad” naamlik, almal in die universum wat liefde besit. Die verbond wat hier behandel is, was die besnydenis, waardeur dit nooit verstaan is die besnydenis van die vlees nie, maar die besnydenis van die hart, wat hulle wat liefde besit alreeds het. Die besnydenis was `n verteenwoordiger van die wedergeboorte deur liefde, soos dit duidelik in Moses verduidelik word: “En JHWH jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag (saad), en om JHWH jou God lief te hê met jou hele hart, en met jou hele siel, dat jy kan lewe.” (Deut. 30: 6), waaruit dit duidelik word wat besnydenis is in die innerlike sin; en daarom, waar die besnydenis ookal genoem word, word niks anders bedoel as liefde en naasteliefde nie, en die lewe daaruit. [6] Dat deur die “saad” van Noag bedoel word almal in die universum wat liefde het, is ook duidelik uit die woorde van die Meester aan Abraham en aan Isak. Aan Abraham, nadat hy gewillig was om Isak te offer soos beveel is, sê die Meester: “…dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag (saad) grootliks sal vermeerde soos die sterre aan die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag (saad) sal die poorte van sy vyande in besit neem.” (Gen. 22: 17‐18), waar dit baie duidelik is dat deur “saad” word bedoel almal in die universum wat liefde besit; [7] En omdat Abraham die hemelse liefde verteenwoordig, soos alreeds gesê, verteenwoordig Isak die geestelike liefde; en daarom deur die “saad van Isak” word niks anders bedoel of aangedui as elke mens in wie daar geestelike liefde en naasteliefde is nie. Van hom word gesê: “Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën, want aan jou en jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag (saad) vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag (saad) al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word.” (Gen 26: 4‐4, 24), waar dit duidelik is dat al die nasies bedoel word wat in naasteliefde is. Hemelse liefde was verteenwoordig deur Abraham as die vader van geestelike liefde, wat verteenwoordig was deur Isak; want die geestelike word gebore uit die hemelse, soos hierbo aangetoon. [8] Soos wat Jakob die eksternes van die kerk verteenwoordig, wat voortkom uit die internes, en daardeur alle dinge in die mens ontspring uit liefde en naasteliefde, word deur sy “saad” aangedui almal in die universum wat eksterne aanbidding het, waarin die interne is, en wat werke van naasteliefde doen waarin daar die naasteliefde van die Meester is. Van hierdie “saad” word aan Jakob gesê, nadat hy die leer in sy droom gesien het: “Ek is JHWH, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee, en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën wees.” (Gen. 28: 13‐14, 32: 12, 48: 4). [9] Dat dit die betekenis van “saad” is, is duidelik uit die aanhalinge uit die Woord wat hierbo genoem is (n. 255); en ook uit die volgende. In Jes: “Maar jy Israel, My kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het nageslag van Abraham My vriend…” (Jes. 41: 8), waar die onderwerp die wedergeboorte van die mens is; en soos dit dikwels die geval is, `n onderskeid word tussen Israel en Jakob gemaak; en deur “Israel” word aangedui die interne geestelike kerk, en deur “Jakob” die eksterne van dieselfde kerk, en beide word die “saad van Abraham” genoem, dit is, van die hemelse kerk, omdat die hemelse geestelike, en die natuurlike vloei die een na die ander in opvolging in. In Jer: “Nogtans het Ek jou geplant as `n edel wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van `n vreemde wingerdstok.” (Jer. 2: 21). Dit word gesê van die geestelike kerk, wat `n edel wingerdstok is wie se naasteliefde, of geloof van naasteliefde, “die saad van waarheid” genoem word. [10] Weereens: “Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag (saad) van My kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.” (Jer. 33: 22), waar “saad” duidelik die hemelse saad aandui, want die Meester word aangedui in die persoon van Dawid. Dat die saad van Dawid nie soos die leërmag van die hemele wat nie getel kan word, was nie, ook nie soos die sand aan die see wat nie gemeet kan word nie, is bekend aan elkeen. Weereens: “Kyk, daar kom dae, spreek JHWH, dat Ek vir Dawid `n regverdige Spruit sal verwek, en as koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In Sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is Sy naam waarmee Hy genoem sal word: JHWH ons Geregtigheid. Daarom kyk, daar kom dae, spreek JHWH, dat hulle nie meer sal sê: So waar as wat JHWH leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laar optrek het nie, maar: So waar as JHWH leef wat die geslag (saad) van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.: (Jer. 23: 5‐8). Hier word dinge wat baie anders is aangedui as wat daar in die letter van die woord staan. By Dawid word nie bedoel “Dawid” nie, en by Juda word nie bedoel “Juda” nie, ook nie Israel as “Israel” nie, maar deur “Dawid” word bedoel die Meester, “Juda” hulle wat naasteliefde het, en deur “Israel” dit wat geestelik is; en daarom, deur die “saad van Israel” hulle wat naasteliefde het, of die geloof van naasteliefde. [11] In Dawid: “Julle wat JHWH vrees, prys Hom! Al die nakomelinge (saad) van Jakob.” (Ps. 22: 24), waar by die “saad van Israel” geen ander saad bedoel word as die geestelike kerk nie. In Jes: “…so sal die heilige geslag (saad) die stomp daarvan wees.” (Jes. 6: 13), en beteken oorblyfsels wat heilig is, omdat dit die Meester s’n is. Weereens: “En Ek sal `n nakroos uit Jakob laat voortkom en uit Juda die erfbesitter van My berge, en My uitverkorenes sal dit erflik in besit neem en My knegte daar woon.” (Jes. 65: 9), waar die hemelse kerk, ekstern en intern hier bedoel word. Weereens: “Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is `n geslag (saad) van die wat deur JHWH geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.” (Jes 65: 23), waar die onderwerp hier die nuwe hemel en die nuwe aarde is, of die koninkryk van die Meester. Hulle wat daarin is, en wat “gegenereer” is uit liefde, of wat wedergebore is, word genoem die “saad van die geseëndes van JHWH.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205