DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 572

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

1043. Dat die “wolk” die verdonkerde lig aandui waarin die geestelike mens verkeer, in vergelyking met die hemelse mens, is duidelik uit dit wat nou net gesê is aangaande die “boog;” want die boog, of die kleur van die boog; het geen bestaan behalwe in die wolk nie. Soos voorheen gesê, dit is die donkerheid van die wolk, waardeur die sonlig straal, wat in kleure verander, en dus is die kleur sodanig soos wat die donkerheid geraak word deur die beligting deur die strale van die son. Die geval is dieselfde met die geestelike mens. Met hom is die donkerheid wat hier `n “wolk” genoem word, die valshede, wat dieselfde is as die Eie van sy intelligensie. Wanner die onskuld, naasteliefde, en genade, of barmhartigheid deur die Meester daar ingeplant of ingevoeg is, d.w.s, in sy Eie, dan kom die wolk nie langer meer voor soos valshede nie, maar soos `n voorkoms van die waarheid, tesame met die waarheid uit die Meester. Daarom is daar die gelykenis van `n gekleurde boog. Daar is `n sekere geestelike modifikasie wat op geen ander manier beskryf kan word nie, tensy dit waargeneem word deur die mens deur middel van kleure en hulle oorsprong, en ek weet nie hoe dit voortgebring kan word tot die mens se verstaan daarvan nie! [2] Die natuur of gesteldheid van hierdie “wolk” met die wedergebore mens kan gesien word uit sy staat voor die wedergeboorte. Die mens word wedergebore deur wat hy veronderstel om die waarheid van die geloof te wees. Elkeen veronderstel dat sy eie dogma die waarheid is, en hieruit verkry hy `n gewete, en na hy hierdie gewete verkry het, om dan daarteen te handel oor wat op hom afgedruk is as die waarheid van die geloof, is vir hom dan teenstrydig met die gewete. So is elke wedergebore mens. Want baie is wedergebore deur die Meester in elke dogma, en wanneer hulle wedergebore is, ontvang hulle nie dadelik `n openbaring nie, maar slegs wat in hulle ingeplant is deur die Woord en die prediking van die Woord. Maar omdat hulle naasteliefde ontvang, werk die Meester deur naasteliefde op hulle wolk, waaruit daar nou lig ontspring, soos wanneer die son op `n wolk skyn, wat dan nog helderder word en wat dan met kleure afgewissel word. En ook verskyn daar in die wolk die gelykenis van `n boog. Hoe dunner die wolk is, dit is, hoe meer die waarhede van die geloof vermeng met dit waaruit dit bestaan, hoe liefliker is die reënboog. Maar hoe digter die wolk is, dit is, hoe minder die waarhede van die geloof waaruit dit bestaan, hoe minder mooi is die boog. Onskuld voeg baie by sy skoonheid by, en gee asof dit `n lewende skittering in die kleure het. [3] Alle voorkomste van waarheid is wolke waarin die mens is wanneer hy in die sin van die letter van die Woord is, want die taal van die Woord is in ooreenstemming tot die voorkoms. Maar wanneer hy die Woord glo in eenvoud en onskuld, en het boonop naasteliefde, selfs al bly hy in die voorkomste, is sy wolk relatief dun. Dit is in hierdie wolk waarin die gewete gevorm word deur die Meester met die mens wat binne die kerk is. Alle onkunde van die waarheid is ook wolke, waarin die mens is as hy nie weet wat die waarheid van die geloof is nie; in die algemeen, wanneer hy nie weet wat die Woord is nie, en nog meer as hy nie van die Meester gehoor het nie. In hierdie wolk word die gewete gevorm deur die Meester binne in die mens wat buite die kerk is; want in hierdie onkunde mag daar onskuld wees, en dus naasteliefde. Alle valshede is ook wolke; maar hierdie wolke is duisternis en is met hulle wat `n valse gewete het – wat elders beskrywe is – of met hulle wat geen gewete het nie. Hierdie is, in die algemeen, die kwaliteite van wolke. Ten opsigte van hulle massa, groote en digtheid, is daar met die mens wolke wat so groot en so dig is dat, as hy dit weet, sal hy verstom staan en wonder dat die strale van die lig nooit kon deurskyn vanaf die Meester nie, en dat die mens wedergebore kan word. Hy wat onder die indruk is dat hy die minste wolke het, het somtyds `n baie groot een; en hy wat glo dat hy baie wolke het, het somtyds die minste. [4] Daar is sulke wolke met die geestelike mens, maar nie so groot by die hemelse nie, omdat hy liefde tot die Meester het wat ingeplant is in die wil gedeelte, en ontvang van die Meester, nie `n gewete, soos dié van die geestelike mens nie, maar `n gewaarwording van die goeie en daarom van die waarheid. Wanneer die mens se wil gedeelte so is dat dit die strale van die hemelse vlam kan ontvang, dan word sy intellektuele deel daardeur verlig, en uit liefde weet hy en neem alle dinge waar wat van die waarheid van die geloof is. Sy wil gedeelte is dan soos `n klein son, waardeur die strale dan skyn in sy intellektuele gedeelte. So was die mens van die Mees Antieke Kerk. Maar wanneer die mens se wil gedeelte totaal korrup en hels is, en daarom `n nuwe wil, wat gewete is, gevorm word in die intellektuele deel ( soos die geval was met die mens van die Antieke Kerk, en so is met elke wedergebore mens in die geestelike kerk), dan is hierdie wolk baie dig, want hy moet nou leer wat goed en waar is, en het geen waarneming of dit so is of nie. En ook vloei valshed gedurigdeur dan ook in (wat die duisternis van die wolk is) en dit is uit die swart gedeelte van sy wil, dit is, deur dit vanuit die hel. Dit is die rede hoekom die intellektuele gedeelte nooit in die geestelike mens verlig kan word soos dit is in die hemelse mens nie. Daarom is dit dat die “wolk” hier aanduidend is van die duister lig waarin die geestelike mens is in vergelyking met die hemelse.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205