DIE EERSTE DRIE KERKE 451-1150 VERSAMELING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 598

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621, 622, 623, 624, 625, 626, 627, 628, 629, 630, 631, 632, 633, 634, 635, 636, 637, 638, 639, 640, 641, 642, 643, 644, 645, 646, 647, 648, 649, 650, 651, 652, 653, 654, 655, 656, 657, 658, 659, 660, 661, 662, 663, 664, 665, 666, 667, 668, 669, 670, 671, 672, 673, 674, 675, 676, 677.

1069. En `n wingerd begin te plant. Dat dit `n kerk daaruit aandui, en dat `n “wingerd” `n geestelike kerk is, is duidelik uit die betekenis van `n “wingerd.” In die Woord word kerke dikwels as “tuine” beskryf, en ook as “bome van `n tuin” en word selfs so genoem. Dit is uit die vrugte, wat dinge wat aan die liefde en naasteliefde behoort, aandui; en daarom word gesê dat die mens aan sy “vrugte geken word” en ontspring uit die verteenwoordiging in die hemel, waar tuine van onuitspreeklike skoonheid somtyds aangebied word om te sien, in ooreenstemming met die sfeer van die geloof. Uit dieselfde oorsprong was die hemelse kerk beskryf deur die Paradys, of Tuin van Eden, waar daar bome van allerhande soorte was; en deur die bome van daardie tuin was die waarnemings van daardie kerk aangedui, en deur “vrugte” die goeie van die liefde van elke soort. Maar die Antieke Kerk word beskryf, aangesien hy geestelik is, deur `n “wingerd” uit sy vrugte, wat druiwe is, en wat die werke van naasteliefde aandui en verteenwoordig. [2] Dit is baie duidelik uit baie gedeeltes uit die Woord, soos In Jes. “Laat my tog sing van my Beminde; `n lied van my Beminde oor sy wingerd! My beminde het `n wingerd op `n vrugbare heuwel. En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het `n toring daar binne‐in gebou en ook `n parskuip daarin uitgekap; en hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring. Nou dan, inwoners van Jerusalem en mense van Juda, oordeel tog tussen My en My wingerd. Want die wingerd van JHWH van die leërskare is die huis van Israel.” (Jes. 5: 1‐3, 7). Hier dui die “wingerd” op die Antieke Kerk, dus die geestelike kerk, en dit word duidelik gesê die huis van Israel; want deur “Israel” word in die Woord die geestelike kerk aangedui, en deur “Juda” die hemelse kerk. In Jer: “Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou (maagd) van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers. Jy sal weer wingerde plant op die berg Samaria; die planters sal plant en die vrugte geniet.” (Jer. 31: 4, 5), waar “wingerde” die geestelike kerk aandui, en die onderwerp is Israel, waardeur die geestelike kerk aangedui word, soos alreeds gesê. [3] In Eseg: “As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, sal Ek My in hulle as die heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan My kneg Jakob gegee het. En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant…” (Eseg. 28: 25, 26). Hier is die “wingerd” die geestelike kerk, of “Israel;” en om “wingerde aan te plant” is om onderrig te word in die waarhede van die goeie van die geloof. In Amos: “Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die springkaan verslind....daarom sal Ek só met jou handel, o Israel (Amos 4: 9, 12). “Tuine” hier dui op die dinge van die kerk, “wingerde” die geestelike dinge van die kerk, “vyebome” die natuurlike dinge, “olyfbome” die hemelse dinge; dus verteenwoordig “wingerde” die dinge van die geestelike kerk, of israel. Weereens: “En Ek sal die lot van My volk verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê, en die vrugte daarvan eet.” (Amos 9: 14). Om “wingerde aan te plant” dui op die plant van die geestelike kerk; dus beteken `n “wingerd” die geestelike kerk, of Israel. [4] Soos wat `n “wingerd” die geestelike kerk aandui, so ook dan die “wynstok” of “druiwestok” want die druiwestok is deel van die wingerd, sodat hulle soos die kerk is en die mens van die kerk, en die betekenis is dieselfde. In Jer: “Is Israel `n dienskneg? Of is hy `n bediende wat in die huis gebore is? Nogtans het Ek jou geplant as `n edel wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy verander in wilde lote van `n vreemde wingerdstok! (Jer. 2: 14, 21), waar die “wingerdstok” ook hier die geestelike kerk aandui, of “Israel.” In Eseg: “Verder, hef jy `n klaaglied aan oor die vorste van Israel; jou moeder was soos `n wingerdstok in jou rustige tyd, (in jou gelykenis) by waters was dit geplant; dit was vrugbaar en vol ranke vanweë die baie waters (Eseg. 19: 1, 10). `n “wingerdstok” hier dui op die Antieke Geestelike Kerk, wat die “moeder is;” dus “Israel” waarom dit gesê word “in jou gelykenis.” In Hosea: “Israel was `n weelderige uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het (soos hyself). `n “Wynstok” dui op die geestelike kerk, of “Israel” wat hier verstrooi is. Weereens: “...totdat Silo kom...en hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en sy vul van sy eselin aan die edelste wynstok (Gen. 49 10 ‐11). Dit is `n profesie oor die Meester; die “wynstok” en die “edel wynstok” dui op geestelike kerke. [5] Die Meester se gelykenisse oor die arbeiders in die wingerd dui net so op geestelike kerke. (Matt. 20: 1‐16; 21: 33‐44; Mark. 12: 1 ‐12; Luk. 20: 9‐ 16). Siende dat die “wynstok” die geestelike kerk aandui, en dat die primêre gedagte van die geestelike kerk die naasteliefde is, waarin die Meester teenwoordig is, en deur middel waarvan Hy Homself met die mens verenig of verbind, en dat Hy alleen al die goeie bewerk, daarom vergelyk die Meester Homself met `n “wynstok” en beskrywe die mens van die geestelike kerk met hierdie woorde in Johannes: “Ek is die ware wynstok en My Vader is die landbouer; elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Bly in My soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van hom self as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. Dit is My gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. (Joh. 15: 1‐5, 12); uit hierdie woorde is dit duidelik wat die geestelike kerk is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205