DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Voortsetting aangaande die Geestelike Wêreld. (VI) Die Geestelike Wêreld. Die geestelike wêreld is in `n spesiale werk behandel in Hemel en Hel, waarin baie besonderhede van daardie wêreld beskrywe word, en siende dat elke mens daardie wêreld binnegaan na sy dood, word sy status ook daar beskrywe. Wie weet nie dat die mens sal lewe na die dood, omdat hy `n mens gebore is, en geskep is na die beeld van God, en omdat die Meester in Sy Woord, dit onderrig? Maar wat sy toekomstige lewe gaan wees, was tot hiertoe onbekend. Dit was geglo dat hy nou `n siel sal wees, waarvan geen ander idee gevorm kon word as dat hy nou bestaan as of lug of eter, waarin daar `n sekere kapasiteit van denke moet wees, sonder so `n sig wat aan die oë behoort, sonder so `n gehoor wat aan die ore behoort, en sonder spraak wat aan die mond behoort. En tog is die mens net so `n mens na die dood, dat hy nie andersins weet as dat hy nog steeds in sy voormalige wêreld is nie; hy sien, hoor en praat asof in die voormalige wêreld, hy slaap en word gewek en staan op, hy loop en hardloop, en sit soos in die voormalige wêreld, hy eet en drink soos in die voormalige wêreld; hy geniet egtelike genot soos in die voormalige wêreld, in kort, hy is `n mens en het slegs oorgegaan van die een wêreld na die ander. Daar is baie oorsake hoekom die mens nie weet wat sy status is na sy dood nie, een daarvan is, dat hy nie verlig kan word nie, so min geloof het hy in die onsterflikheid van die siel, soos dit blyk uit baie uitsprake van die geleerdes, wat glo dat hulle soos diere is, maar slegs meer perfek as hulle, en dit om in staat te wees om te praat, en daarom in hulle harte ontken hulle die lewe na die dood, alhoewel hulle dit erken met die mond. Uit hierdie gedagte het hulle `n sensuele geword, dat hulle nie kan glo dat `n mens nog `n mens is na die dood, omdat hulle hom nie kan sien met hulle oë nie, want hulle sê, hoe kan `n siel so `n mens wees? Dit is anders met hulle wat glo dat hulle sal lewe na die dood; hulle dink innerlik in hulleself, dat hulle in die hemel sal kom, geniet die heerlikhede saam met die engele, sien hemelse paradyse, en staan voor die Meester in wit bekleding, en nog baie ander dinge. Dit is hulle innerlike gedagtes, hulle uiterlike gedagtes mag daarvan verskil, as hulle dink aan die siel uit die hipoteses van die geleerdes. Dat die mens net so gelykmatig `n mens is na die dood, alhoewel hy nie voor die oë verskyn nie mag voorkom van die engele wat deur Abraham gesien is, ook Gideon, Daniël, en ander profete, van die engele wat gesien is in die Meester se graftombe, en agterna, baie kere deur Johannes in die Apokalips, veral van die Meester Homself, wat die dissipels getoon het dat Hy `n Mens is, deur aanraking, en deur te eet, en het tog onsigbaar geword voor hulle oë. Die rede hoekom hulle hom gesien het was omdat die oë van hulle gees geopen was, en wanneer dit geopen is, word die dinge in die geestelike wêreld so duidelik as enigiets anders in die natuurlike wêreld. Omdat dit die Meester behaag het om die oë van my gees oop te maak, en Hy hou dit oop nou vir negentien jaar, was dit aan my gegee om die dinge te sien wat in die geestelike wêreld is, en ook om dit te beskryf. Ek kan bevestig dat dit nie visioene is nie, maar dinge gesien in waaksaamheid. Die verskil tussen `n mens in die natuurlike wêreld, en `n mens in die geestelike wêreld, is, dat die een bekleed is met `n geestelike liggaam, maar die ander met `n natuurlike liggaam, en die geestelike mens sien die geestelike mens, so duidelik soos die natuurlike mens die natuurlike mens kan sien, en die geestelike mens kan nie die natuurlike mens sien nie, op grond van die verskil tussen die natuurlike en die geestelike, wat die verskil is, kan beskrywe word, maar nie in `n paar woorde nie. Van die dinge gesien oor soveel jare, is ek in staat om die volgende te verhaal: dat daar aardes en land is in die geestelike wêreld, net soos in die natuurlike wêreld, en dat daar heuwels en berge is, vlaktes en valleie, en ook fonteine en riviere, mere, en seë; daar is paradyse en tuine, bosse, boomgroepe en woude, paleise en huise, ook is daar geskrifte en boeke, ampte en handel, en dat daar kosbare stene is, goud en silwer, in kort, daar is alles wat in die natuurlike wêreld bestaan, en hulle is ontelbaar en meer perfek in die hemele. Maar die verskil in die algemeen is dit, dat alle dinge in die geestelike wêreld van `n geestelike oorsprong is, en daarom, in hulle wese is hulle geestelik, hulle is van die son daar wat suiwer liefde is; en alle dinge van die natuurlike wêreld is van natuurlike oorsprong, en daarom is hulle wese ook natuurlik, want hulle is van die son wat suiwer vuur is. Daarom is dit dat die geestelike mens gevoed moet word met voedsel van geestelike oorsprong, soos die natuurlike mens met voedsel van natuurlike oorsprong. Meer kan gesien word in die werk oor Hemel en Hel. Die Engelse in die Geestelike Wêreld. Daar is twee state van denke by die mens, `n eksterne en `n interne, of uiterlike en innerlike; die mens is in die eksterne staat in die natuurlike wêreld; in die geestelike wêreld is hulle in die interne staat; hierdie state maak dit een met die goeie, maar nie met die bose nie. Wat `n mens is in sy innerlike, word seldsaam gemanifesteer in die natuurlike wêreld, omdat hy van sy kinderjare gewens het om moreel te wees, en het geleer om dit so te laat lyk, maar wat hy regtig is, blyk baie duidelik in die geestelike wêreld, want die geestelike lig lê dit bloot, en ook is die mens nou `n gees, en die gees is die innerlike mens. Siende dat dit aan my gegee is om in daardie lig te wees, en van dit, om te sien wat die innerlike mens is in die verskillende koninkryke, met `n interaksie van baie jare met die engele en geeste, pas dit my om dit openbaar te maak, omrede die belangrikheid daarvan. Hier sal ek iets sê oor slegs die Engelse nasie. Die meer uitnemende van die Engelse nasie is in die senter van al die Christene (sien bo, n. 20). Die rede waarom hulle in die middel is, is omdat hulle innerlike intellektuele lig het. Dit is nie duidelik vir enigeen in die natuurlike wêreld nie, maar dit is opvallend in die geestelike wêreld. Hierdie lig ontleen hulle van die vryheid van denke, en daarom om te spreek en om te skryf, waarin hulle is. Met ander, wat nie in so `n vryheid is nie, is die intellektuele lig verdonker omdat dit nie `n uitgang het nie. Maar die lig is nie op homself aktief nie, maar word deur ander uitgevoer, veral deur mense met `n reputasie en outoriteit tussen hulle. Sodra enigiets deur daardie mense gesê word, of sodra enigiets wat gelees word, goedgekeur word, skyn daardie lig vooruit, en baie selde voor dit. Op grond hiervan word goewerneurs oor hulle aangestel in die geestelike wêreld, en priesters met groot reputasie vir onderrig en onderskeidende bekwaamheid word aan hulle gegee, wie se gebooie en vermanings, uit hoofde van hul rangskikking, vrolik gehoorsaam word. Hulle gaan selde uit hulle eie gemeenskap uit, omdat hulle dit liefhet soos wat hulle in die wêreld hulle land liefgehad het. Daar is ook `n eendersheid van denke tussen hulle, waaruit hulle intimiteit met vriende uit hulle eie kontrei aantrek, en baie selde met ander. Hulle ondersteun mekaar onderling, en hulle het opreg lief. Daar is twee groot stede soortgelyk aan London, waarin die meeste van die Engelse kom na die dood, dit is aan my toegestaan om hierdie stede te sien en daar deur te loop. Die middel van die een stad antwoord aan daardie deel van die Engelse London waar daar `n vergadering is van handelaars, wat genoem word die “Uitruil Beurs.” Daar woon die goewerneurs. Bokant daardie middel is die ooste. Onder dit is die weste; aan die regterkant van dit is die suide, aan die linkerkant is die noorde. Hulle wat in naasteliefde gelewe het meer as ander, bly in die oostelike kwartier, waar daar pragtige paleise is. Die wyses, by wie daar baie pragtige dinge is, bly in die suidelike kwartier. Hulle wat meer as ander die vryheid van spraak en van skrywe liefhet, bly in die noordelike kwartier. Hulle wat `n beroep van die geloof maak, bly in westelike kwartier; aan die regterkant in hierdie kwartier, is daar `n ingang in die stad, en `n uitgang daaruit; hulle wat boosaardig lewe, word daaruit geboender . Die Presbiteriane, wat in die weste is, en wat, soos gesê, die geloof bely, waag dit nie om die stad binne te kom deur die breë strate nie, maar slegs deur die nou straatjies, omdat hulle wat in die geloof van die naasteliefde is, is die enigste inwoners wat in die stad geduld word. Ek het gehoor hoe hulle kla oor die predikers in die weste, dat hulle hul redevoerings met so `n kunstigheid voorberei en terselfdertyd voordragte, en verweef regverdiging deur die geloof aan hulle wat vir hulle onbekend is, dat hulle nie weet of die goeie gedoen moet word of nie; hulle preek die inherente goeie, en skei dit van die uiterlike goeie, wat hulle somtyds noem as lofwaardig en goed bedoel, en daarom nie aanvaarbaar deur die Meester nie, maar tog noem hulle dit goed, omdat dit bruikbaar is. Maar wanneer hulle wat in die oostelike en suidelike kwartiere van die stad bly, en hoor sulke mistieke voordragte, dan loop hulle uit die tempels uit, en die priesters word agtena ontneem van hulle priesterskap. Die ander groot stad soortgelyk aan London, is nie in die Christelike middel nie (waarvan n. 20), maar lê na agtertoe in die noorde. Hulle wat innerlik boos is kom daarin na hul dood. In die middel daarvan is daar `n ope kommunikasie met die hel, waardeur hulle ingesluk word al om die beurt. Ek het eenkeer gehoor die Presbiteriane van Engeland in `n gesprekvoering tesame betreffende die geloof alleen. Dit het voorgekom in dowwe lig soos `n groot reus, en in hulle oë soos `n pragtige mens; maar toe die lig van die hemel ingelaat word, vertoon die boonste gedeelte soos `n monster, en die laer gedeelte soos `n slang, nie verskillend van die beskrywing van Dagon, die afgod van die Filistyne nie. Toe hulle dit sien, het hulle dit gelos, en die bystanders het dit in `n stagnerende poel gewerp. Dit word van die Engelse wat in die geestelike wêreld is waargeneem dat hulle as’t ware `n tweeledige teologie het, een van die doktrine van die geloof, en die ander een van die doktrine van die lewe, van die doktrine van die geloof vir hulle wat geïnisieer is in die priesterlike orde; en die doktrine van die lewe vir hulle wat nie in die priesterlike orde geïnisieer is nie, en wat gewoonweg die lekedom genoem word. Hierdie doktrine van die lewe word gelees in die vermaning wat in die tempel gelees word op die Sabbat dag, aan hulle wat na die sakrament van die Laaste Avondmaal gaan; waar dit openlik gesê word as hulle nie die boosheid as sonde vermy nie, werp hulle hulself in die ewigdurende verdoemenis, en as hulle dan die heilige Avondmaal sal nader, sal die duiwel hulle binnegaan, soos wat hy in Judas ingegaan het. Ek het somtyds met die priesters gespreek oor hierdie doktrine van die lewe, dat dit nie ooreenstem met hulle doktrine van die geloof nie. Hulle het niks terug geantwoord nie, maar gedink dat wat hulle doen, nie geuiter kan word nie. Die vermaning van die Doktrine van die Lewe vir die nuwe Jerusalem kan gesien word in (n. 5‐7). Ek het dikwels `n sekere Engelsman gesien wat beroemd geraak het deur `n boek wat hy gepubliseer het sommige jare gelede, waarin hy probeer het om die vereniging van geloof en naasteliefde te vestig deur die invloei en innerlike werking van die Heilige Gees. Hy gee te kenne dat hierdie invloei affekteer die mens op `n onuitspreeklike manier, en sonder dat hy daarvan bewus is, maar mag dit nie aanraak en nog minder sy wil beweeg of sy denke opgewonde maak om vir homself iets te doen nie, behalwe verskoonbaar, die rede is, dat niks van die mens mag binnegaan in die Goddelike Voorsiening as een met dit, ook dat die booshede mag nie voor God verskyn nie. Hy sluit dus die eksterne uitoefening van naasteliefde uit ter wille van enige redding, maar begunstig dit ter wille van die openbare goeie. Siende dat hierdie argument openhartig onskuldig is, en die slang in die gras word nie gesien nie, word sy boek as mees regsinnig ontvang. Hierdie outeur het hierdie selfde dogma behou na sy vertrek van hierdie wêreld, ook kon hy dit nie terugtrek nie, omdat dit in hom gevestig is. Die engele het met hom gepraat, en vir hom gesê dat dit nie die waarheid was nie, maar slegs vernuftigheid met welsprekendheid, en die waarheid is, dat die mens behoort die bose te vermy en goed te doen uit homself, maar met die erkenning dat dit uit die Meester is, en dat daar geen geloof is voor dit gedoen is nie, nog minder is die gedagte dit wat hy noem geloof. En siende dat dit teen sy dogma is, was dit hom toegelaat uit sy eie skerpsinnigheid, om verder daaroor navraag te doen, of so `n onbekende invloei en interne operasie apart van die eksterne operasie van die mens gegee word. Hy was toe gesien dat hy sy denke inspan, en om rond te loop in sy gedagtes op verskeie maniere, altyd in die oortuiging dat die mens nie op `n ander manier hernu en gered kan word nie. Maar so dikwels as wat hy aan die einde van sy weg gekom het, was sy oë geopen, en hy sien dat hy aan die dwaal was, en erken dit aan aan hulle wat teenwoordig was. Ek het hom gesien dwalende vir twee jaar, en aan die einde van sy wee erken dat daar nie so in invloei gegee is nie, tensy die boosheid in die eksterne mens verwyder is, wat verkry word deur die booshede te vermy, en ek hoor hom naderhand sê, dat almal wat hulle gevestig het in hierdie kettery, sal kranksinnig word deur die trots van hul eie intelligensie. Ek het met Melanchthon* gepraat, en hom dan gevra aangaande sy staat, maar hy was nie gewillig om te praat nie. Waardeur ek deur ander ingelig is oor sy lot, wat is dat hy alternatiewelik in `n ergerlike staat is binne in `n klip kelder, en alternatiewelik in die hel, en dat hy in sy kelder hy voorkom asof hy gekleed is met `n beervel op grond van die koue, en op grong van sy vuilheid, waar hy nie nuwelinge uit die wêreld toelaat nie, wat verlang om hom te sien op grond van sy reputasie van sy naam. Hy praat nog steeds van geloof alleen, wat hy in die wêreld meer as ander gevestig het. *[Melanchthon: (1497‐1560) German scholar and religious reformer. Born Philipp Schwarzer in Bretton (now in Baden); he was educated at the universities of Heidelberg and Tübingen; his inaugural address attracted the interest of Martin Luther, by whom he was so profoundly influenced that he turned to the study of theology and obtained a bachelors’ degree in that field the following year] (Encarta) Die Hollanders in die Geestelike Wêreld. Dit was hierbo gesê (n. 20) dat Christene wat die Woord lees en wat die Meester aanbid in die middel van die nasies van die wêreld in die hele geestelike wêreld is, omdat die groot geestelike lig met hulle is, en die lig straal dan daarvandaan uit in die hele omtrek selfs tot by die uiterste grens; en dit verlig, in wat gesê is in ooreenstemming met die Doktrine van die Nuwe Jerusalem Betreffende die Heilige Geskrifte (n. 104‐113). In die middel, het die Hervormers hulle plekke toegeken aan hulle in ooreenstemming tot hulle ontvangs van geestelike lig vanaf die Meester; en siende dat die Engelse daardie lig gestoor het in die intelligensie deel, is hulle in die mees innerlike en middel streek; en omdat die Hollanders daardie lig meer nader verenig met natuurlike lig, is daar nie so `n helder lig waarneembaar tussen hulle nie, maar in sy plek iets wat nie deursigtig is, wat ontvanklik is vir die denkvermoë vanuit geestelike lig, en terselfdertyd tyd vanaf geestelike hitte, hulle, in die Christelike middel streek, het woonplekke verkry in die ooste en suide; in die ooste vanuit die aanleg om geestelike hitte te ontvang, wat in hulle naasteliefde is, en in die suide vanuit die aanleg om geestelike lig te ontvang, wat in hulle geloof is. Dat daardie kwartiere in die geestelike wêreld nie so is soos die kwartiere in die natuurlike wêreld nie, en dat die woonplekke ooreenstemmend met die kwartiere, is woonplekke in ooreenstemmend tot die ontvangs van geloof en liefde, en dat hulle wat uitmunt in liefde en naasteliefde, in die ooste is, en hulle wat uitblink in intelligensie en geloof, is in die suide, en kan gesien word in die werk Hemel en Hel (n. 141‐153). `n Ander rede hoekom hulle in hierdie kwartiere van die Christen middel streek, is dat die beroep of handel daar finale liefde is, en geld is die dienstige liefdes middel, en daardie liefde is geestelik; maar waar geld die finale liefde, en handel die dienstige middel is, is die liefde natuurlik, en neem deel aan gierigheid. In die bo‐genoemde geestelike liefde, wat in homself die eer het, is die algemene goeie, waarin en waaruit die goeie van die land is, die Hollanders blink hierin bokant almal uit. Die Hollanders kleef meer ferm vas as die ander aan die beginsels van hulle godsdiens, ook word hulle nie daarvan weggetrek nie, en as hulle oortuig is dat een of ander van hulle nie in ooreenstemming is nie, sal hulle dit nie erken nie, maar sal hulself terugtrek, en bly onbeweeglik. Dus verwyder hulle hulself van `n innerlike ingewing van die waarheid, want hulle behou hulle rasionaal onder gehoorsaamheid, in geestelike dinge. Omdat hulle so is, wanneer hulle die geestelike wêreld na die dood binnegaan, is hulle voorbereid om die geestelike van die hemel te ontvang, wat Goddelike waarheid is, heeltemal anders as ander. Hulle word nie onderrig nie, omdat hulle nie ontvang nie; maar wat die hemel is, word aan hulle beskryf, en agterna word dit aan hulle toegestaan om daarheen op te gaan, en om dit te sien, en wat ookal met hulle gees saamstem, word in hulle ingegiet, en as dit gedoen is, word hulle ondertoe gestuur, en keer terug na hulle gemeenskappe met `n ten volle begeerte vir die hemel. En as hulle dan nie hierdie waarheid aanvaar nie, dat God Een Persoon is en in wese, en dat hierdie God die Meester is, en dat in Hom is die Drie Enige of ‘Trinity,’ en dan ook hierdie waarheid, dat geloof en naasteliefde as dinge van kennis en blootlegging, is van geen waarde apart van die lewe van geloof en naasteliefde nie, en dat geloof en naasteliefde deur die Meester gegee word wanneer die booshede vermy word as sonde; en wanneer hulle hierdie waarhede onderrig word, en hulle draai hulleself weg, en dink nog steeds aan God as drie Persone, en aan godsdiens, bloot dat daar so `n ding is, word hulle gelei in ellende, en hulle handel word weggeneem, totdat hulle tot die grootste uiterstes gebring word. Dan word hulle gelei na hulle wat `n oorvloed van alles het, en `n bloeiende handel, en wanneer hulle daar is, word die gedagte vanaf die hemel hulle te verstane gegee waarvandaan dit is dat hulle so is, en terselfdertyd om te na te dink oor die geloof oor hierdie persone betreffende die Meester, en oor hulle eie lewe, daarin dat hulle die bose vermy as sonde. In `n kort rukkie doen hulle navra, en gewaar `n ooreenkoms met hulle eie denke of gedagtes en oordenking; dit word herhaaldelik gedoen. Na lange laaste, dink hulle by hulleself, ten einde om verlos te word van hulle ellende, moet hulle glo en dieselfde doen. Dan, as hulle die geloof ontvang, en lewe die lewe in naasteliefde, word rykdom en genietinge van die lewe aan hulle gegee. Op hierdie manier, diegene van hulle wat naastenby `n lewe van naasteliefde gelewe het in die wêreld, word deur hulself verbeter en verander na die goeie, en nie deur ander nie, en word voorberei vir die hemel. Hulle word agterna meer konstant en standvastig as ander sodat hulle die standvastiges genoem kan word; en hulle laat nie toe dat hulle weggelei word deur enige argumente, dwaalbegrippe, of obskuriteite wat deur of drogredenaars, of deur enige onsinnige uitkyk van bevestigings nie. Die Hollanders word maklik uitgeken van die ander in die geestelike wêreld, omdat hulle in dieselfde kleredrag verskyn soos in die natuurlike wêreld, met die verskil dat hulle in `n meer skitterende bekleding is wat geloof ontvang het in die geestelike lewe. Hulle kom voor in dieselfde klere, omdat hulle konstant bly in hulle beginsels van hulle geloof; en in die geestelike wêreld is almal geklee ooreenkomstig hulle godsdienstige beginsels, daarom is dit, dat hulle wat in Goddelike waarhede is, het bekleding van wit en fyn linne. ooooooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOOOooooooooooooooooooo Voetnotas Van die Griekse pou = waar 6.1 ibid. oooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOOoooooooooooooooo

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205