DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

73. (X). Die Afrikane en die Heidene in die Geestelike Wêreld.(LW. Nie in die hemel nie, maar in die geestelike wêreld waar alle geeste van alle wesens bymekaar kom) Die Heidene wat niks van die Meester weet nie, verskyn rondom hulle wat Hom ken, sodat niemand anders die uiterste omtrek beset as hulle wat totaal afgodeaanbidders is nie, en wat die son en die maan aanbid het. Maar hulle wat Een God erken en die voorskrifte soos die van die Tien Gebooie `n deel van hulle religie en van die lewe maak, word in `n hoër streek gesien, en kommunikeer meer direk met die Christene in die middel, en dus word die kommunikasie nie onderskep deur die Mohammedane en die Roomse nie. Die Heidene word ook onderskei in ooreenstemming tot hul gees en aanleg om die lig deur die hemele te ontvang vanaf die Meester, want daar is sommige van hulle wat meer innerlik is, en sommiges wat meer uiterlik is, en hierdie verskille word nie ontvang van hulle plek van geboorte nie, maar van hulle godsdiens.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205