DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

77. Toe ek met die Afrikane in die geestelike wêreld gepraat het, het hulle in gestreepte bekleding of linne verskyn, hulle sê dat sulke bekleding korrespondeer met hulle, en dat hulle vroue gestreepte bekleding van sy dra. Van die klein kindertjies, verhaal hulle, dat hulle dikwels hulle verpleegsters om voedsel vra, en sê dat hul honger is, en wanneer die voedsel voor hulle neergesit word, ondersoek hulle die smaak daarvan of dit met hulle akkordeer, dan eet hulle maar min daarvan, waaruit dit duidelik is dat geestelike honger, wat `n begeerte is om die waarheid te weet, produseer hierdie effek, want dit is `n korrespondensie wanneer die Afrikane wens om in hulle staat te weet tot die effek van hulle emosie en waarneming van die waarheid, hulle trek hulle swaarde, en as dit glinster, dan weet hulle hulle is in opregte waarhede, in `n graad ooreenkomstig met die glinstering, hierdie is ook van korrespondensie. Van die huwelik sê hulle, dat hulle inderdaad toegelaat word deur hulle wet om verskeie vrouens te hê, maar dat die meeste maar net een vrou het, omdat egtelike liefde nie verdeeld is nie, en as dit verdeeld is, sal sy essens wat hemels is, doodgaan, en dit word uiterlik en dus ontugtig, en binne `n kort rukkie gemeen, soos wat die sterkte en vermoë verminder, en ten laaste verafsku wanneer die vermoë verlore is; maar ware egtelike liefde, wat innerlik is, en niks van die wellustigheid ontvang nie, bly tot in ewigheid, en vermeerder en vergroot in vermoë, en in die selfde graad in vreugde.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205