DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Die Laaste Oordeel 51‐100 (Voortsetting) Emanuel Swedenborg 1688‐1772 Arcana Coelestia – Geheime van die Hemele 51. Die stede waarin die Hollanders woon, word op `n besonderse manier bewaak, al die strate in hulle is bedek, en in die strate is daar hekke, ten einde dat hulle nie bespied kan word vanaf die omliggende rotse en heuwels nie. Dit doen hulle uit hulle oorgeërfde versigtigheid in die verberging van hulle ontwerpe, en om nie hulle bedoelinge openbaar te maak nie, want hierdie dinge in die geestelike wêreld word na vore gebring deur `n inspeksie. Wanneer enigiemand die stad binnekom met die doel om hulle staat te ondersoek, wanneer hy op die punt staan om dit te verlaat, word hy na die geslote hekke van die strate gelei, heen en weer, vorentoe en agtertoe, vir soveel kere, tot die uiterste moegheid, en dan word hy uitgeneem, dit word gedoen met die opset dat hy nie weer sal terugkeer nie. Vrouens wat dominasie oor hulle mans eis, bly aan die een kant van die stad, en ontmoet hulle slegs op uitnodiging, wat formeel gegee word, en die mans lei hulle dan na die huise waar getroude pare woon, sonder dat daar enige dominasie van die een oor die ander is, en toon aan hulle hoe netjies en skoon die huise is, en hoe vreugdevol hul lewe is, en dat dit die gevolg is van wedersydse egtelike liefde. Diegene wat dit bywoon en ag gee, word geroer deur hierdie dinge en skei uit met die dominasie, en hulle leef tesame, en hulle verkry nou `n woonplek nader aan die middel, en word engele genoem. Die rede is dat egtelike liefde is hemelse liefde, wat sonder dominasie is. [Daar is nie `n 52 in die oorspronklike Latyn nie]

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205