DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

80. `n Engel verskyn somtyds aan hulle in die middel hoogte bokant hulle, met `n ysterroede in sy hand, en gee aan hulle te kenne dat hy Moses is, en waarsku hulle om uit te skei met die kranksinnigheid om die Messiah self daar te verwag, omdat Christus, wat hulle regeer en alle ander mense, die Messiah is; hy sê dat hy weet dat dit so is, en ook, dat toe hy in die wêreld was, het hy iets geweet wat Hom aangaan. Toe hulle dit hoor, het hulle teruggewyk, die hoofdeel het dit vergeet en slegs `n paar het dit onthou. Hulle wat dit onthou het, was na die sinagoges gestuur, wat bestaan uit die bekeerdes, en hulle is daar onderrig, en as hulle onderrig ontvang, word hulle nuwe gewade gegee in die plek van hulle ou verflenterde vodde, en die Woord word aan hulle gebied wat netjies geskryf is, en ook met `n blyplek in `n stad wat nie te onaansienlik was nie. Maar hulle wat dit nie wil ontvang nie, is neergewerp in die helle, onderkant die groot streek, en baie is ook in woude gewerp en in woestyne, waar hulle rooftogte uitvoer tussen hulleself.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205