DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

86. (XIII). Die Moraviane in die Geestelike Wêreld. Ek het baie met die Moraviane gepraat, wat ook genoem word die Herrnhutters. Hulle het aanvanklik eers in `n vallei verskyn nie ver van die Jode nie, maar nadat hulle ondersoek is, was hulle weggebring in onbewoonde plekke. Wanneer hulle ondersoek was, weet hulle met sluheid om die denke vas te vang, en sê, dat hulle die oorblyfsel is van die Apostoliese Kerk, en daarom salueer hulle mekaar as broers, en hulle wat hulle innerlike geheime ontvang, as moeders; ook dat hulle die geloof beter onderrig as ander, en ook die liefde tot die Meester omdat Hy aan die kruis gely het, en noem Hom die Lam, en die Troon van genade, en baie ander soortgelyke uitdrukkings, waardeur hulle die geloof het dat die Christelike kerk self by hulle is. Hulle wat vasgevang is deur hulle gladde toesprake en nader aan hulle getrek word, is deur hulle ondersoek om te sien of hulle so is dat hulle dit kan waag om hulle geheime aan hulle te openbaar; so nie, hou hulle dit verborge, as hulle kan, maak hulle dit bekend, dan waarsku hulle, en dreig selfs hulle wat hulle geheime openbaar betreffende die Meester.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205