DIE LAASTE OORDEEL
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

87. Siende dat hulle dieselfde doen in die geestelike wêreld, maar dit word nogtans waargeneem dat hulle innerlik nie so dink nie, ten einde dat dit blootgelê kan word, was hulle in die laagste hemel toegelaat. Maar hulle verdra nie die sfeer van die naasteliefde en geloof van die engele daar nie, en hulle het weggevlug. Agterna, omdat hulle geglo het dat hulle alleen sou gelewe het, en sou die derde hemel binnegaan, was hulle ook ingedra in hierdie hemel, maar toe hulle die sfeer van die liefde teenoor die Meester ervaar, was hulle vasgegryp van angs in hulle harte, en begin om innerlike martelinge te ervaar, en beweeg rukkerig, soos hulle wat in die pyn van die dood is, daarom het hulle hulself kop eerste daarvandaan uitgewerp. Op hierdie manier het dit vir die eerste keer gemanifesteer dat hulle innerlik geen liefde gekoester het teenoor die naaste nie, en geen liefde teenoor die Meester nie. Hulle was agterna gestuur na hulle wie se funksie dit is om die innerlike van die denke te ondersoek, en hulle sê vir hulle, dat hulle die Meester baie laag waardeer, dat hulle die lewe van naasteliefde verwerp so ver as dat dit verafsku word, en dat hulle die Woord van die Ou Testament waardeloos maak, en ten spyte van die Woord van die Evangeliste, slegs vir hulle goeie plesier vir Paulus gekies het, waar alles van die geloof alleen gesê word, en dat dit hulle geheime is, wat hulle vir die wêreld wegsteek.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205