DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 10 Die inhoud van die hele hoofstuk Die ondersoek en openbaring van diegene wat in die kerke van die hervormdes is word steeds behandel, hier wat hulle glo aangaande die Verlosser, as die God van hemel en aarde, soos wat Hyself leer in Matt. 28;18, en dat Sy Menswese Goddelik is, en dat dit nie daar ontvang is, en dat dit moeilik ontvang kan word, so lank as wat die leerstelling van regverdiging deur geloof alleen, in hul harte gevestig is. Open. 10:1 En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, die Verlosser in Goddelike Majesteit en Krag) bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, (Sy Goddelike Natuurlike en Goddelike Geestelike) en sy aangesig was soos die son, (die Goddelike Liefde en Goddelike Wysheid) en sy voete soos pilare van vuur; (die Verlosser se Goddelike natuurlike volgens die Goddelike Liefde wat alle dinge onderhou) Open. 10:2 en in sy hand het hy ‘n geopende boekie gehad, (die Woord volgens hierdie leerstelling punt daarin, dat die Verlosser die God is van die hemel en aarde, en dat Sy Menswese Goddelik is) en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land; (dat die Verlosser die hele kerk onder Sy beskerming en heerskappy het) Open. 10:3 en hy het met ‘n groot stem uitgeroep soos ‘n leeu wat brul, (smartlike weeklag dat die kerk van Hom weggeneem is) en toe hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor.(dat die Verlosser deur die hele hemel sal openbaar wat in die klein boekie is. Open. 10:4 En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ‘n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie. (dat hierdie dinge werklik openbaar gemaak sal word, maar dat hulle nie ontvang sal word, voordat hulle wat bedoel word deur die draak, die dier, en die valse profeet, uitgewerp is vanuit die wêreld van die geeste nie, omdat daar gevaar sal wees as hulle dit voor dan ontvang. Open. 10:5 En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, Open. 10:6 en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe (die getuienis en verklaring van die Verlosser deur Homself), wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, (wie lewend maak alles wat in die hemel is, en wat in die kerk, in elkeen en elke ding met hulle) dat daar geen tyd meer sal wees nie; (dat daar nie in enige toestand in die kerk, of enige kerk kan wees waar daar nie net Een God erken word nie, en dat die Verlosser daardie God is) Open. 10:7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, (die finale ondersoek en openbaring van die toestand van die kerk wat sal sterf, behalwe as `n nuwe een opgerig word deur die Verlosser) dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete. (dat dit dan sal verskyn, wat voorspel is in die Woord van beide testamente, maar tot hier toe verborge was, dat na die laaste oordeel voltrek is op diegene wie die kerk verwoes het, die koninkryk van die Verlosser sal kom) Open. 10:8 En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan (`n bevel vanuit die hemel, dat hulle die leerstellings moet toelaat, maar dat dit geopenbaar moet word deur Johannes en hoe dit ontvang word in die kerk, voordat diegene verwyder word, deur wie bedoel word die draak, die dier en die valse profeet). Open. 10:9 En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. (`n motief van die verstand met baie om die leerstellings te ontvang) Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning. (dat die ontvangs en erkenning dat die Verlosser die Redder en Verlosser is, is aangenaam en strelend, maar dat die erkenning dat Hy alleen die God van Hemel en aarde is, en dat Sy Menswese Goddelik is, is onaangenaam en moeilik omrede van vervalsings) Open. 10:10 Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword. (dat dit so gebeur het, en so geopenbaar was) Open. 10:11 En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings. ( omdat dit so is, moet die kwaliteit van diegene wie in geloof alleen is, verder getoon word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205