DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 16 In hierdie hoofstuk word die booshede en valshede in die kerk van die hervormdes blootgelê deur die invloei vanuit die Hemel In die geestelikes In die lekedom In hulle begrip van die Woord In hulle liefdes In hulle geloof. In hulle innerlike redenerings In al die dinge van hulle saam Open. 16:1 En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. (deur die invloei vanaf die Verlosser vanuit die Hoogste Hemel in die kerk van die hervormdes, waar hulle is wat geloof geskei het van naaste liefde volgens die leerstellings en volgens die lewe). Open. 16:2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, (in diegene wat in die innerlike van die kerk van die hervormdes is en die leerstellings van regverdiging deur geloof alleen studeer, en die geestelikes genoem is), en kwaai en bose swere (is in innerlike booshede en valshede vernietigend vir al die goedheid en waarheid van die kerk), het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het. (en in diegene wat in geloof alleen lewe, en die leerstellings daarvan ontvang het). Open. 16:3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, (`n invloei onder diegene daar, in die uiterlike daarvan, en in daardie geloof, wat genoem word lekedom), en dit het bloed geword soos van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe. (in die helse valsheid met hulle, waardeur elke waarheid van die Woord en daarom van die kerk en van geloof gedood was). Open. 16:4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, (die invloei in die begrip van die Woord met hulle), en dit het bloed geword. (die Waarhede van die Woord vervals). Open. 16:5 En ek het die engel van die waters hoor sê: (die Goddelike Waarheid van die Woord). Regverdig, Jahwehshua, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het; (dat dit van die Goddelike voorsienigheid van die Verlosser was, wat die Woord is en was, wat anders ontheilig sou word). Open. 16:6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet (dat dit vir die rede is, en alleen dit, dat geloof alleen red, sonder die werke van die Wet, so ontvang, alle leerstellings van Waarhede vanuit die Woord verdraai) en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien. (en dat diegene toegelaat was wat hulself in leerstellings van geloof alleen en in `n lewe daarin bevestig het, om die waarhede van die Woord te vervals, en in hulle lewe die vervalste dinge opneem. Open. 16:7 En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Jahwehshua God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele. (dat die Goddelike Goedheid van die Woord daardie Goddelike Waarheid bevestig). Open. 16:8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, (`n invloei in hulle liefde), en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. (en dat liefde aan die Verlosser hulle pynig, omdat hulle in die begeertes van booshede vanuit die genot van hulle lewe was). Open. 16:9 En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, (dat as gevolg van die genot van eie liefde wat voortkom vanuit vurige begeertes van booshede het hulle nie die Goddelikheid van die Verlosser se Menswese erken nie, vanuit wie nogtans vloei alle goedheid van liefde en Waarheid van geloof), en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie. (en dat as gevolg daarvan kan hulle nie enige geloof ontvang dat die Verlosser ook die God van hemel en aarde is volgens Sy Menswese, alhoewel die Woord dit leer). Open. 16:10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, (`n invloei in hulle geloof), en sy koninkryk is verduister, (en dat niks behalwe valsheid het verskyn nie), en hulle het hul tonge gekou van pyn; (en dat hulle die Waarhede nie kan verdra nie). Open. 16:11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, (omdat hulle nie die Verlosser alleen kon erken as die God van hemel en aarde as gevolg van die teenstand van innerlike valshede en booshede), en het hulle nie bekeer van hul werke nie. (dat alhoewel onderrig vanuit die Woord, het hulle nogtans nie teruggewyk van valshede van geloof en die booshede van lewe daaruit nie). Open. 16:12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, (die invloei in hulle innerlike redenerings, en argumente, waardeur hulle regverdiging deur geloof alleen bevestig), en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word. (dat die valshede van hulle redenerings en argumente verwyder was met diegene wat in Waarhede vanuit goedheid vanaf die Verlosser was, en sal in die Nuwe Hemel voorgestel word). Open. 16:13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet (die persepsie dat vanuit `n godsgeleerdheid gebaseer op die leerstellings van die drie eenheid van persone in die Goddelikheid, en op die leerstellings van regverdiging deur geloof alleen sonder die werke van die Wet) drie onreine geeste soos paddas sien kom. (dat daar blote redenerings, argumente en begeertes van vervalsing van Waarhede ontstaan). Open. 16:14 Want dit is geeste van duiwels (dat hulle die begeertes van vervalsings van Waarhede en redenerings vanuit valshede was), wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. (getuienisse dat hulle valshede waarhede is, en `n opskudding veroorsaak in almal en alles van daardie kerk wat in dieselfde valshede is, om die Waarhede van die Nuwe Kerk aan te val) Open. 16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, (die koms van die Verlosser, en dan die hemel vir diegene wat standvastig bly in `n lewe volgens Sy bevele), sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. (sodat hulle nie met diegene sal wees wat in geen waarhede is, en hulle helse liefdes sal verskyn). Open. 16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon. (die toestand van gevegte vanuit valshede teen waarhede, en die voorbereidings om die Nuwe Kerk te vernietig, vanuit die liefde van heerskappy en verhewendheid). Open. 16:17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, (`n invloei in alle dinge met hulle gelyktydig), en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby! (dat dit dus so geopenbaar was deur die Verlosser, dat al die dinge van die kerk verwoes was, en dat die laaste oordeel nou op hande is). Open. 16:18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, (redenerings, vervalsings van Waarheid, en argumente vanuit valshede uit boosheid) en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing. (so was daar skuddings skokke omkerings, en die neerwerping vanuit die hemel van alle dinge van die kerk). Open. 16:19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. (dat die kerk volgens leerstellings heeltemal deur hulle vernietig was, en so ook al die kettery wat van dit uitgaan het). En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn. (ook die verwoesting in die tyd van die leerstellings van die Roomse Katolieke) Open. 16:20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; (dat daar nie meer enige waarheid van geloof, ook nie goedheid van liefde was nie). Open. 16:21 en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; (verskriklike en afskuwelike valshede, waardeur elke waarheid van die Woord en daaruit van die kerk vernietig was), en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was. (en omdat hulle sodanige valshede in hulself bevestig, en hulle die Waarhede tot sodanige graad ontken dat hulle dit nie kan herken nie, as gevolg van hulle teensinnigheid wat voortkom vanuit hulle innerlike valshede en booshede). Die verduideliking `n Groot stem - `n Goddelike opdrag om die skale uit te gooi Tempel van die Heiligdom van die Getuienis - Is die Hoogste Hemel, waar die Verlosser in Sy Heiligheid in die Woord, en in die Wet wat die Tien Gebooie is. Die Sewe engele - bedoel die Verlosser wat die hemele Self is. Die uitgooi van die skale op die aarde- is hulle verwoesting en voltrekking, want die laaste oordeel word nie op hulle voltrek voordat hulle nie verwoes is nie. Die verwoesting en voltrekking in die geestelike wêreld gebeur op die volgende wyse, van diegene wat in valshede volgens leerstellings en daaruit in booshede van die lewe is, word weggeneem al die goedheid en waarheid wat hulle besit in die natuurlike mens alleen, en van waar hulle Christen mense naboots, en daarvan ontneem, dan word hulle geskei van die hemel, en verenig met die hel, en dan word hulle ingedeel in gemeenskappe in die wêreld van die geeste volgens die verskille van begeertes, en daarna sak hierdie gemeenskappe ondertoe. Hulle word ontneem van goedhede en waarhede deur `n invloei vanuit die hemel, die invloei word bewerkstellig vanuit ware waarhede en goedhede, waardeur hulle gepynig en geteister word, nouliks anders as wat `n slang naby vuur neergesit word, of op `n miershoop gegooi, daarom verwerp hulle vanuit hulself die goedhede en waarhede van die hemel, wat ook die goedheid en waarheid van die kerk is, en laastens veroordeel hul hulle omdat hulle voel asof helse pyniging vanuit hulle voortkom, en wanneer dit gebeur het, gaan hulle hul eie booshede en valshede binne, en word geskei vanaf die goeie. Die skale het nie plae bevat nie, maar ware goedhede en waarhede vanuit die Hoogste Hemel, waar daar niks anders is as waarhede en goedhede in Goddelike Heiligheid is nie. Maar diegene in valshede en booshede word gebrand deur waarhede en goedhede, omdat valsheid en boosheid uit natuurlike denke is en waarheid en goedheid in geestelike denke is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205