DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 17 Die inhoud. Aangaande die Rooms katolieke godsdiens, dit word beskryf op watter manier hulle die Woord vervals het, en daaruit al die waarhede van die kerk verdraai het. Hoe hulle dit vervals en verdraai het met diegene wat onderwerp was aan die heerskappy daarvan. Dat dit minder was met diegene wat nie hulself so onderwerp het aan die heerskappy daarvan nie. Aangaande die hervormdes dat hulle hulself onttrek het van die juk en heerskappy daarvan. Aangaande die oorheersing daarvan nog altyd. Open. 17:1 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek (invloei en openbaring nou vanaf die Verlosser vanuit die innerlike van die hemel, aangaande die Rooms Katolieke godsdiens), en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, (openbaring aangaande daardie godsdiens volgens die ontheiliging en vermengings daarvan van die Waarhede van die Woord). Open. 17:2 met wie die konings van die aarde gehoereer het (dat dit die waarhede en die goedhede van die kerk, vermeng het wat vanuit die Woord is), en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. (kranksinnigheid in geestelike dinge vanuit die vermenging van die Woord met diegene wat in daardie godsdiens is.) Open. 17:3 En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, (dat hy in `n geestelike toestand geneem was na diegene met wie al die dinge van die kerk verwoes was), en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name (dat godsdiens gegrond op die Woord deur hulle ontheilig is), met sewe koppe en tien horings. (intelligensie vanuit die Woord, Heilig in die begin, agterna niks, en uiteindelik kranksinnigheid, en baie krag vanaf die Woord voortdurend). Open. 17:4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken (die Hemelse Goddelike Goedheid en Goddelike Waarheid, wat van die Woord is, tussen hulle), en versierd met goud en kosbare stene (Geestelike Goddelike Goedheid en Goddelike Waarheid, wat van die Woord is, met hulle), en pêrels, (die kennis van goedheid en waarheid, wat van die Woord is, met hulle), en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; (daardie godsdiens vanuit die heilige dinge van die Woord wat ontheilig is, en vanuit goedhede en waarhede daarvan besmet deur verskriklike valshede) Open. 17:5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde. (die Rooms Katolieke kerk, volgens die innerlike kwaliteit daarvan, wat verborge is, dat vanaf die begin daarvan, vanuit die liefde van oorheersing, en vanuit eie liefde oor die Heilige dinge van die kerk, en oor die hemel, en dus oor alle dinge van die Verlosser en SY Woord, het dit besmet en ontheilig die dinge wat van die Woord en daaruit wat van die kerk is). Open. 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jahwehshua (daardie godsdiens maak jou kranksinnig deur vermengde en ontheiligde Goddelike Waarhede en Goedhede van die Verlosser, van die Woord, en daaruit van die kerk), en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien. (verbasing dat daardie godsdiens sodanig innerlik is, terwyl dit tog uiterlik anders verskyn). Open. 17:7 Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra. (die openbaring van wat die dinge beteken wat voorafgaan, en gesien was). Open. 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, (die Woord erken as heilig met hulle, en tog nie regtig erken nie), en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; (oorweging met verskillende tye in die pouslike kerkraad met betrekking, tot die ontvang en lees van die Woord deur die lekedom en die gewone mense, maar is verwerp), en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is. (die verbasing van diegene wat van daardie godsdiens is, almal wie vanaf die stigting daarvan gemik het vir heerskappy oor hemel en aarde, dat die Woord, alhoewel verwerp, nogtans is). Open. 17:9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas (dat dit die verklaring in die natuurlike betekenis is, maar anders vir diegene wat in die geestelike betekenis vanuit die Verlosser is) Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. Open. 17:10 En hulle is sewe konings: (die Goddelike Goedhede en Waarhede van die Woord, waarop daardie godsdiens gegrond was is vernietig met tyd, en uiteindelik ontheilig), vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort tydjie bly. (dat al die Goddelike Waarhede van die Woord, vernietig was behalwe die een, dat al die krag in die hemel en op die aarde gegee was aan die Verlosser, behalwe `n ander, wat nog nie in aanvraag is nie, maar wat nie nagelaat sal word nie, wat is dat die Verlosser se Menswese Goddelik is). Open. 17:11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf. (dat die Woord, soos bo verduidelik, die Goddelike Goedheid self is, en dat dit die Goddelike Waarheid is, en dat dit weggeneem is van die lekedom en die gewone mense, sodat die ontheiliging en die vermengings gemaak in dit deur hulle leiers nie sal verskyn, en hulle as gevolg daarvan sal terugwyk nie). Open. 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, (die Woord volgens krag vanuit Goddelike Waarheid met diegene wat in die koninkryk van Frankryk is, en nie so baie onder die juk van die pouslike heerskappy was nie, met wie daar egter nog nie `n kerk gevorm is wat volledig geskei is vanaf die Roomse Katolieke godsdiens nie), maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. (dat die Woord krag het met hulle, en dat hulle deur die Woord is asof hulle in Goddelike Waarheid daarvan is) Open. 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier. (dat hulle eenparig erken dat regering en heerskappy oor die kerk alleenlik deur die Woord is) Open. 17:14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die God van die Gode en die Koning van die konings (die Verlosser se gevegte met hulle aangaande die erkenning van Sy Goddelike Menswese, omdat in die Verlosser is die God van hemel en aarde, en ook die Woord), en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou. (dat hulle wat die Verlosser alleen nader en aanbid, is hulle wat in die hemel kom, sowel hulle wat in die uiterlike van die kerk is, en so ook hulle wat in die innerlike daarvan is, en die mees innerlike) Open. 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale. (dat hulle onder die pouslike heerskappy is, maar in die waarhede van die Woord verskillend vermeng en ontheilig deur daardie godsdiens, van wie die veelsydigheid van leerstellings en tugtiging daarvan is, en die verskeidenheid van godsdiens en belydenis daarvan. Open. 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat (die Woord volgens krag vanuit Goddelike Waarhede met die Protestante, wie heeltemal van hulself die juk van die pouslike heerskappy afgewerp het), en haar verlate maak en naak, (dat hulle vanuit hulself sal verwyder die valshede en booshede daarvan), en haar vlees eet en haar met vuur verbrand. (dat vanuit haat sal hulle dit veroordeel en vernietig, en vanuit hulself die booshede en valshede wat behoort aan daardie godsdiens, en sal daardie godsdiens selfs as vervloek beskou, en sal dit uitroei tussen hulle uit). Open. 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee (oordeel met hulle vanaf die Verlosser, dat hulle heeltemal sal verwerp en hou as vervloek die Roomse Katolieke godsdiens, en dit sal vernietig en uitroei van tussen hulself uit, en die eenparige oordeel, dat hulle die Woord sal erken, en sal die kerk op dit grond) totdat die woorde van God volbring is. (totdat al die dinge wat aangaande hulle voorspel was in vervulling gegaan het). Open. 17:18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde. (dat die Rooms Katolieke godsdiens heers volgens leerstellings in die Christen wêreld, en ook nog in `n sekere mate die hervormdes, alhoewel hulle nie onder die pouslike heerskappy is nie). Die verduideliking Babilon of Babel - bedoel die die liefde vir oorheersing van die Roomse oor die Heilige dinge van die kerk vanuit eie liefde, en omdat daardie liefde opstyg in verhouding soos wat die leisels daarvan verslap word, en soos wat die Heilige dinge van die kerk, ook die heilige dinge van die Hemel is, word daarom deur Babel of Babilon ook bedoel oorheersing oor die hemel. Omdat hierdie liefde dus handel as deel van die duiwel, want dit streef dieselfde dinge na, kan dit nie anders doen as om die dinge wat Heilig is te ontheilig, deur vermenging van die goedhede en die waarhede van die Woord. Daarom word deur Babilon ook bedoel die ontheiliging van dit wat Heilig is, en die vermenging van die goedheid en waarheid van die Woord.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205