DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 18 Die voortsetting aangaande die Rooms Katolieke godsdienstige oortuigings, dat as gevolg van vermenging en ontheiliging van die waarhede van die Woord, en daaruit die van die kerk, sal dit sterf. Aangaande die hoogste in die geestelike orde daar, wat hulle kwaliteit is, en aangaande hulle weeklag. Aangaande die laer klas in daardie orde. Aangaande die lekedom en die gewone mense, wat onder gehoorsaamheid aan hulle is. Die vreugde van die engele as gevolg van die verwydering daarvan. Aangaande die vernietiging daarvan in die geestelike wêreld as gevolg daarvan dat hulle geen erkenning het van, ondersoek na, voorligting in, en ontvangs van die waarheid, en daarom geen vereniging van waarheid en goedheid, wat die kerk vorm nie. Open. 18:1 En ná hierdie dinge (`n voortsetting met betrekking tot die Rooms Katolieke godsdienstige oortuigings), het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. (`n Sterk invloei vanaf die Verlosser vanuit die hemel deur die Goddelike Waarheid, waardeur Sy kerk in Hemelse lig was). Open. 18:2 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, (dat hy dit bekend gemaak het, dat deur die Verlosser se Goddelike krag almal wat in daardie godsdiens was en terselfdertyd in die liefde van oorheersing vanuit dit, was vernietig in die geestelike wêreld, en gewerp in baie helle), en dit het geword ‘n woonplek van duiwels (dat hulle helle die helle van die begeertes van oorheersing vanuit die vuur van eie liefde, en die begeertes van ontheiliging van die Waarhede van die hemel vanuit die vals ywer van daardie liefde is), en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, (dat die booshede van die wil en daaruit van die daad, en die valshede van gedagtes en daaruit van die doel, van diegene wat in daardie helle is, is duiwels, omdat hulle van die Verlosser weggedraai het na hulself). Open. 18:3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, (dat hulle goddelose leerstellings voortgebring het, wat vermenging en ontheiliging van die goedheid en waarheid van die Woord is, en het met hulle almal deurtrek wat gebore en opgevoed was in die koninkryke onder hulle heerskappy), en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid. (die groter en minder in rang in daardie priester heerskappy, wie deur oorheersing oor heilige dinge, streef na goddelike majesteit en koninklike heerlikheid, en aanhoudend streef om dit te vestig deur die vermenigvuldiging van kloosters en van besittings onder hulle, en deur skatte wat hulle bymekaar maak en ophoop vanuit die wêreld sonder einde, en dus vir hulself stoflike en natuurlike genot verkry van die hemelse en geestelike oorheersing toegereken aan hulle). Open. 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. (vermaning vanaf die Verlosser aan almal, diegene wat in daardie godsdiens is en sowel diegene wat nie in dit is nie, om waaksaam vir vereniging met dit, deur erkenning en liefde, en dat hulle siele sal verenig met die gruwels daarvan, en sal sterf) Open. 18:5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou. (dat die booshede en valshede daarvan die hemel teister, en dat die Verlosser hierdie sal beskerm teen geweld van daar). Open. 18:6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het. (regverdige vergelding en straf na die dood, dat die booshede en valshede waardeur hulle ander verlei en vernietig het, dan sal terugkeer na hulle, volgens hulle hoeveelheid en kwaliteit) Open. 18:7 Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. (dat in die graad van hulle uitgelatenheid van hart vanuit heerskappy en volgens hulle gejuig van verstand en liggaam vanuit rykdom, het hulle na die dood innerlike pyn vanaf neerwerping en bespotting, en van gebrek en ellende). Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie (dat hulle hierdie dinge het, omdat hulle vanuit uitgelatenheid van hart oor hulle heerskappy en van gejuig van verstand oor hulle rykdom, is hulle in vertroue en oortuiging dat hulle heerskappy verewig sal hou, en hulself sal beskerm, en dat hulle nooit daarvan ontneem kan word nie). Open. 18:8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; (dat as gevolg van dit, die straf van die booshede wat hulle gedoen het op hulle sal terugkeer, in die tyd van die laaste oordeel, wat die dood is, wat die helse lewe is, en innerlike droefheid vanuit die neerwerping van heerskappy, weeklag wat innerlike droefheid is van gebrek en ellendigheid in die plek van weelde, en hongerte wat die verlies van begrip van alle waarheid is, en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is Jahweh God wat haar oordeel. (dat hulle hatig teen die Verlosser sal wees, en teen Sy hemel en kerk, omdat hulle dan sal sien dat die Verlosser alleen heerskappy het en regeer oor alle dinge in die hemele en op aarde. Open. 18:9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien, (die meer innerlike pyne van diegene wat in verhewe heerskappy en die genot daarvan was, deur middel van die vervalste en vermengde waarhede van die Woord wat hulle die heilige dinge van die kerk gemaak het, wanneer hulle sien hulle verander in onheilige dinge). Open. 18:10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom! (hulle vrees vir straf, en hulle smartlike weeklag dat daardie godsdienstige oortuiging, so versterk, so skielik en volledig omgekeer word, en dat hulle kan sterf. Open. 18:11 En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie, (die in die laer orde, wat bedien en wins maak deur heilige dinge, hulle droefheid hier dat na die verwoesting van Babilon kan hulle nie meer wins maak soos vantevore nie). Open. 18:12 koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels (dat hulle nie meer hierdie dinge het nie, omdat hulle geen geestelike goedhede en waarhede meer het, wat met sulke dinge ooreenstem nie), en fyn linne en purper en sy en skarlaken; (dat hulle nie meer hierdie dinge het, omdat hulle nie meer die hemelse goedhede en waarhede het, wat met sulke dinge ooreenstem nie), en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor (dat hulle hierdie nie meer het, omdat hulle nie meer die natuurlike goedhede en waarhede het, wat met sulke dinge ooreenstem), en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer (dat hulle hierdie nie meer het nie, omdat hulle nie meer die wetenskaplike goedhede en waarhede in die dinge van die kerk het, wat met sulke dinge ooreenstem nie). Open. 18:13 en kaneel en reukwerk en salf en wierook (dat hulle nie meer aanbid vanuit geestelike goedhede en waarhede, omdat hulle niks in hulle aanbidding het, wat ooreenstem met die dinge hier genoem nie), en wyn en olyfolie en fynmeel en koring (dat hulle nie meer aanbidding het vanuit hemelse waarhede en goedhede, omdat hulle nie in hulle aanbidding, die dinge het wat ooreenstem met dit hier genoem nie), en grootvee en skape; (dat hulle nie meer aanbidding vanuit die uiterlike of natuurlike goedhede en waarhede van die kerk het, omdat hulle niks in hulle aanbidding het wat ooreenstem met die bogenoemde nie, en van perde en waens en slawe en mensesiele, al die dinge volgens die begrip van die Woord en leerstellings daaruit, en volgens die goedhede en waarhede van die betekenis en die letter daarvan, wat hulle nie het nie, omdat hulle dit vervals en vermeng het. Open. 18:14 En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie. (dat al die geluksaligheid en vreugde van die hemel, selfs die uiterlike, soos wat deur hulle begeer word, sal heeltemal weg vlug, en sal nie meer verskyn, omdat hulle nie meer hemelse en geestelike liefde van goedheid en waarheid het nie. Open. 18:15 Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe en sê (die toestand voor veroordeling, en wanneer hulle vrees en weeklag wie wins gemaak het deur verskillende uitdelings en beloftes van hemelse vreugdes). Open. 18:16 Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is! (smartlike weeklag dat hulle grootsheid en hulle winste so skielik en so volledig vernietig is). Open. 18:17 En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan, (is diegene wat genoem word lekedom, sowel hulle wat in groter waardigheid geplaas was, as diegene wat laer was, selfs die gewone mense, wat verbind was aan daardie godsdiens oortuigings en dit liefgehad en gesoen het of dit erken en in die hart vereer het). Open. 18:18 en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien, en gesê: Watter stad is soos die groot stad? (hulle weeklag in `n afgeleë toestand oor die veroordeling van daardie godsdiens oortuiging wat hulle geglo het om hoog verhewe bo elke godsdiens in die wêreld te wees). Open. 18:19 En hulle het stof op hul hoofde gegooi en onder geween en weeklag uitgeroep en gesê: Wee, wee die groot stad, (hulle innerlike en uiterlike droefheid en rou wat weeklag is dat so `n verhewe godsdiens oortuiging heeltemal vernietig en veroordeel moet word), waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes! (as gevolg van dit, dat deur die heilige dinge van daardie godsdiens oortuigings, almal, soveel as wat gewillig was om te koop, was vrygespreek, en vir wêreldse en tydelike rykdom hemelse en ewige rykdom ontvang). Open. 18:20 Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het! (dat die engele van die hemel en die mense van die kerk wat in die goedhede en waarhede vanuit die Woord is, kan nou verbly in die hart wees, dat diegene in die booshede en valshede van daardie godsdiens oortuiging, verwyder en verwerp was). Open. 18:21 En een sterk engel het ‘n klip opgetel soos ‘n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met ‘n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie. (dat deur `n sterk invloei van die Verlosser uit die hemel, daardie godsdiens oortuiging met alle vermengde waarhede daarvan van die Woord, sal kop eerste die hel in gewerp word, en sal nie meer aan die engele verskyn nie). Open. 18:22 En die stem van siterspelers en sangers en fluitspelers en basuinblasers sal nooit meer in jou gehoor word nie (dat daar nie meer met hulle enige liefde van geestelike waarheid en goedheid sal wees, ook nie enige liefde van hemelse goedheid en waarheid), en geen kunstenaar van enige kuns sal ooit weer in jou gevind word nie, (dat hulle wat in daardie godsdiens oortuiging vanuit leerstellings en van `n lewe volgens dit, het geen begrip van geestelike waarheid, en daaruit geen denke van geestelike waarheid, vir so ver dit vanuit hulself is) en die geluid van die meul sal nooit meer in jou gehoor word nie. (dat met diegene wat in daardie godsdiens oortuiging is, vanuit leerstellings daarvan, en vanuit `n lewe volgens dit, is daar geen soeke, vir ondersoek en bevestiging van geestelike waarheid, omdat die valsheid ontvang en bevestig, en dus ingeplant, in die weg staan). Open. 18:23 En die lig van ‘n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, (dat hulle wat in daardie godsdiens oortuiging vanuit leerstellings is, en `n lewe volgens dit, het geen voorligting vanaf die Verlosser, en daarom geen begrip van geestelike waarheid nie), en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie; (dat hulle wat daardie godsdiens oortuiging vanuit leerstellings en vanuit `n lewe volgens dit, het geen vereniging van goedheid en waarheid, wat die kerk maak nie), want jou handelaars was die grotes van die aarde; (dat diegene wat van die hoogste is in hulle geestelike priesterheerskappy is sodanig, omdat deur verskillende en eiemagtige regte aan hulle gegee in die wette van die orde, maak hulle winste en voordeel), want deur jou towery is al die nasies verlei. (dat hulle goddelose kuns en uitvindings, waardeur hulle die verstand van almal weggelei het van die heilige aanbidding van die Verlosser na die onheilige aanbidding van lewende en dooie mense en beelde) Open. 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is. (dat vanuit daardie godsdiens oortuiging wat bedoel word met “die stad Babilon,” is die vermenging en ontheiliging van elke waarheid van die Woord en daaruit die van die kerk, en dat valsheid vandaar uitgevloei het na die hele Christen wêreld.)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205