DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 19 Die inhoud Die verheerliking van die Verlosser deur die engele van die hemel. Omdat die Rooms Katolieke godsdiens oortuiging verwyder is in die geestelike wêreld, waardeur hulle in die lig gekom het en in hulle vreugde. Aankondiging aangaande die Verlosser se koms en aangaande die Nuwe Kerk vanuit Hom. Die openbaar making van die Woord volgens die geestelike betekenis vir daardie kerk. Die roeping van almal na dit. Weerstand deur hulle wat in geloof geskei van naaste liefde is. Hulle verwydering en veroordeling. Open. 19:1 En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, (die danksegging en belydenis en feesviering van die Verlosser deur die engele van die laer hemele, as gevolg van die verwydering van die Babiloniërs), die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan Jahweh onse God! (dat daar nou redding vanuit die Verlosser is, omdat daar nou ontvangs is van Goddelike Waarheid en Goddelike Goedheid vanuit Sy Goddelike krag). Open. 19:2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, (omdat die onheilige Babiloniese godsdiens oortuiging in geregtigheid veroordeel is, wat die Verlosser se kerk deur vuil vermengings van die Woord vernietig het), en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek. (vergelding vir die beserings en geweld aangebied aan die siele van die aanbidders van die Verlosser). Open. 19:3 En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid. (danksegging en feesviering van die Verlosser as die God van hemel en aarde, en as die regter van die veroordeeldes vir ewig). Open. 19:4 En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja! (aanbidding van die Verlosser as God van hemel en aarde en as regter van die heelal, deur die engele van die hoogste hemele, en bevestiging van die danksegging, belydenis en feesviering van die Verlosser deur die engele van die laer hemele). Open. 19:5 En ‘n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees (invloei vanuit die Verlosser in die hemele, en dus eensgesindheid van die engele, dat almal wat in die waarhede van geloof en in die goedhede van liefde is moet die Verlosser aanbid as die enigste God van die hemel), klein en groot! (diegene wat die Verlosser aanbid vanuit waarhede van geloof en goedhede van liefde in `n mindere of meerdere graad). Open. 19:6 En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want Jahweh God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. (die blydskap van die engele van die laagste hemel en van die engele van die middelste hemel, en van die engele van die hoogste hemel, dat die Verlosser alleen regeer in die kerk wat nou sal kom) Open. 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom (blydskap van siel en hart, en daaruit die verheerliking van die Verlosser, dat daar voortaan die volle huwelik van Hom met die kerk mag wees), en sy vrou het haar gereed gemaak. (dat hulle wat van die kerk sal wees, wat die Nuwe Jerusalem is, word bymekaar versamel, ingewy en onderrig). Open. 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, (dat hulle onderrig word deur die Verlosser in ware en suiwer waarhede vanuit die Woord), want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. (dat deur waarhede vanuit die Woord diegene van die Verlosser se kerk is wat die goedhede van die lewe het). Open. 19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. (`n Engel was na Johannes gestuur vanuit die hemel, en het met hom gespreek aangaande die Verlosser se Nuwe Kerk, en gesê dat dit gegee was om op aarde te weet, dat diegene ewige lewe het wat die dinge ontvang wat van daardie kerk is). En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. (dat dit geglo moet word omdat dit van die Verlosser is). Open. 19:10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. (dat die engele van die hemel nie aanbid of vereer moet word nie, omdat daar niks Goddelik in hulle is, maar dat hulle deelgenote met mense is, soos broer met broer, met diegene wat die Verlosser dien, en dat in eenstemmigheid met hulle die Verlosser dus alleen aanbid moet word). Want die getuienis van JaHshua is die gees van die profesie. (dat die erkenning dat die Verlosser God van die hemel en aarde is, die alles van die Woord en van leerstellings daaruit, en terselfdertyd in `n lewe volgens Sy bevele, in die algemene betekenis. Open. 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, (die geestelike betekenis van die Woord geopenbaar deur die Verlosser, en die innerlike begrip van die Woord aan die lig gebring daardeur, wat die koms van die Verlosser is), en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. (die Verlosser volgens die Woord, dat dit die Goddelike Goedheid Self, en die Goddelike Waarheid Self is, en vanuit beide voltrek Hy die oordeel. Open. 19:12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, (die Goddelike Wysheid van die Goddelike Liefde van die Verlosser), en op sy hoof was baie krone; (die Goddelike Waarhede van die Woord vanuit Hom), en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self (wat die kwaliteit van die Woord is in die geestelike en hemelse betekenis daarvan kan niemand sien, net die Verlosser, en hy aan wie Hy dit openbaar). Open. 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. (die Goddelike Waarheid in die uiterste betekenis daarvan, of die Woord in die letter, waarteen geweld aangebring was). Open. 19:14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. (die engele van die Nuwe Christen Hemel, wat verenig was met die Verlosser in die innerlike begrip van die Woord, en wat dus in suiwer en ware Waarhede is). Open. 19:15 En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard (die verstrooiing van valshede deur leerstellings daarvan deur die Verlosser, om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, (dat Hy almal sal oortuig wat in dooie geloof is, deur die Waarhede van die betekenis van die letter van die Woord, en deur verstandelike dinge), en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. (dat die Verlosser alleen al die booshede van die kerk, en al die geweld aan die Woord gebied verdra, dus aan Homself). Open. 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en Verlosser van Verlossers (dat die Verlosser in die Woord onderrig wat Hy is, dat Hy die Goddelike Waarheid van die Goddelike Wysheid en die Goddelike Goedheid van die Goddelike Liefde is, dus dat Hy die God van die heelal is). Open. 19:17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, (die Verlosser vanuit Goddelike Liefde, en vandaar vanuit Goddelike Ywer, roep en versamel almal wat in die geestelike liefde van waarheid is en dink aan die hemel, aan die Nuwe Kerk, en aan vereniging met Homself, en dus aan ewige lewe). Open. 19:18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. (die verkryging van goedhede vanaf die Verlosser deur die Waarhede van die Woord en van leerstellings daarvan, in elke betekenis, graad en soort). Open. 19:19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versamel gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. (dat al die innerlike boosheid wat geloof alleen erken het, met die leiers en hulle volgelinge, sal veg teen die Verlosser se Goddelike Waarhede in Sy Woord, en sal diegene treiter wat van die Verlosser se Nuwe Kerk is). Open. 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. (al diegene wat geloof alleen erken het, en innerlik boos was, beide, die lekedom en die gewone mense, asook die geestelikes en die geleerdes, wat deur redenerings en getuienisse, ander verlei het dat geloof alleen die enigste manier van redding is, en om daardie geloof te ontvang en te lewe volgens dit). Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. (dat al diegene, wat soos hulle was, in die hel gewerp was waar liefdes van valsheid en terselfdertyd begeertes van boosheid is). Open. 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; (dat almal vanuit die verskillende kettery tussen die hervormdes, wat nie gelewe het volgens die Verlosser se bevele in die Woord nie, wat hulle geken het, synde vanuit die Woord geoordeel, sterf). en al die voëls is versadig van hulle vlees. (dat vanuit hulle begeertes van boosheid, wat hulle wese is, het die helse genii wat soos dit was gevoed).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205