DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 20 Aangaande die verwydering van diegene wat bedoel word deur die ”draak”. Aangaande die opvaar van diegene vanuit die laer aarde, wat die Verlosser aanbid en boosheid vermy as sonde. Die oordeel op diegene in wie se aanbidding daar niks van godsdiens was nie. Die veroordeling van die draak. Die algemene oordeel op die wat oorbly. Open. 20:1 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. (die Verlosser se Goddelike werking in die laer dinge, vanuit Sy Goddelike krag van toemaking en oopmaking en van binding en losmaking). Open. 20:2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is (dat hulle teruggehou was, wat bedoel word deur die “draak” wat, omdat hulle sintuiglik en nie geestelik dink aan geloofs onderwerpe, word genoem “die ou slang” en omdat hulle in booshede is van lewe, word genoem die “duiwel,” en omdat hulle in valsheid van leerstellings is, word hulle genoem “satan.” en hy het hom gebind duisend jaar lank, (dat hulle wat hier bedoel word deur “draak” was teruggetrek en weggeskeur vanaf die wat oorgebly het in die wêreld van die geeste, dit vir `n kort tydjie waarin daar geen kommunikasie met hulle was nie). Open. 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei (dat die Verlosser diegene wat in geloof alleen was heeltemal verwyder het, en alle kommunikasie weggeneem het tussen hulle en die wat oorgebly het, sodat hulle nie in diegene wat in die hemel opgeneem sal word enigiets van hulle kettery sal inboesem nie), totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. (dit slegs vir `n klein rukkie, of vir `n kort tydjie, totdat hulle wat in waarhede van goedheid was deur die Verlosser opgeneem word in die hemel, waarna hulle wat bedoel word deur die “draak” losgemaak sal word vir `n kort tydjie, en kommunikasie geopen word tussen hulle en die wat oorgebly het). Open. 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; (dat die waarhede van die Woord, waarvolgens almal geoordeel word geopen was, en dat hulle dan opgeneem is vanuit laer aarde, die wat deur die Verlosser verberg was, dat hulle nie verlei sou word deur die “draak” en sy diere nie), en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, (dat hulle deur diegene verwerp was wat in valsheid vanuit hulle eie intelligensie was, omdat hulle die Verlosser aanbid, en gelewe het volgens die waarhede van Sy Woord), en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; (wat nie die leerstellings van geloof alleen erken en ontvang het nie), en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank (wat alreeds vir `n geruime tyd in vereniging met die Verlosser en in Sy koninkryk was). Open. 20:5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. (dat behalwe hierdie, nou van gespreek, niemand in die hemel opgeneem is, tot na die “draak” losgemaak was, en dat hulle toe beproef en ondersoek word wat betref hulle kwaliteit). Dit is die eerste opstanding. (dat redding en ewige lewe hoofsaaklik bestaan in aanbidding van die Verlosser en lewe volgens Sy bevele in die Woord, omdat deur hulle vereniging bewerkstellig word met die Verlosser en verbinding met die engele van die hemel). Open. 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; (dat hulle wat in die hemel kom het die geluk van ewige lewe, en voorligting, deur vereniging met die Verlosser), oor hulle het die tweede dood geen mag nie, (dat hulle geen oordeel het nie), maar hulle sal priesters van God en van Christus wees (omdat hulle deur die Verlosser in die Goedheid van Liefde gehou word, en daaruit in die Waarhede van Wysheid) en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. (dat hulle alreeds in die hemel was, toe die ander wat nie opgewek was, dit is, nog nie hemelse lewe ontvang het nie, in die wêreld van die geeste was). Open. 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die satan uit sy gevangenis ontbind word; (nadat hulle wat voorheen verberg en bewaak was in die laer aarde, deur die Verlosser opgeneem is in die hemel, en die Nuwe hemel deur hulle vermeerder is, sal al diegene wat hulself in valsheid van geloof bevestig het, losgelaat word). Open. 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; (dat hulle wat hier bedoel word deur die “draak” na hulle geselskap aantrek al diegene wat van die aardes in die hele wêreld van die geeste is, en daar in die uiterlike natuurlike aanbidding alleen lewe, en nie in geestelike aanbidding, en sal hulle in opskudding bring teen diegene wat die Verlosser aanbid, en lewe volgens Sy bevele in die Woord), en hulle getal is soos die sand van die see. (die menigtes van sulkes) Open. 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, (dat toe hulle in opskudding gebring is deur die drake, hulle elke waarheid van die kerk verag het, en gestreef om al die dinge van die Nuwe kerk te vernietig, en selfs die leerstellings aangaande die Verlosser en aangaande die lewe), en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. (dat hulle deur die begeerte van helse liefde vernietig was). Open. 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. (dat hulle wat in booshede van die lewe, en in valshede van leerstellings is, in die hel gewerp was). Open. 20:11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. (die algemene oordeel voltrek deur die Verlosser op al die vorige hemele wat bewoon was deur sodaniges wat in burgerlike en morele goedheid was, maar in geen geestelike goedheid, wat dus Christene nageboots het in die uiterlike, maar in die innerlike duiwels was, wie se hemele, met hulle aarde, heeltemal verstrooi was, sodat niks van hulle meer verskyn het nie). Open. 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, (almal van die aarde wat gesterf het, nou tussen diegene wat in die wêreld van die geeste was, van watter toestand en kwaliteit ookal, bymekaar versamel deur die Verlosser vir oordeel), en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. (dat die innerlike van die verstand van hulle almal was oopgemaak, en deur die invloei van lig en hitte vanuit die hemel, was hulle kwaliteit gesien en bespeur volgens die emosies wat van die liefde of die wil is, en daaruit volgens die gedagtes wat van geloof is of van die begrip, sowel die bose as die goeie). En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. (dat almal geoordeel was volgens hulle innerlike lewe in die uiterlike). Open. 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, (die uiterlike en natuurlike mense van die kerk geroep vir oordeel), en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; (die mense van die kerk wat goddeloos in hulle hart was, wat in hulself duiwels en satans was, geroep vir oordeel), en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. (dat almal geoordeel was volgens hulle innerlike lewe in die uiterlike). Open. 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. (dat die goddelose in hart, wat in hulself duiwels en satans was en tog in die uiterlike soos mense van die kerk, was in die hel gewerp tussen diegene wat in die liefde van boosheid en daaruit in die liefde van valsheid in ooreenstemming met boosheid). Dit is die tweede dood. (dat met hierdie die oordeel self is). Open. 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp (dat hulle wat nie gelewe het volgens die bevele van die Verlosser nie, en nie geglo het in die Verlosser nie, was veroordeel). Die verduideliking Deur `n Engel wat neerdaal van die hemel - word bedoel die Verlosser wat Neerdaal - is in die laer dinge van die wêreld van die geeste of laer aarde of voorportaal, wat geleë is tussen die hemel en die hel. Deur die sleutel van die afgrond - die Goddelike krag van oopmaak en sluit van die hel. Die groot ketting in Sy Hand - die strewe en daaruit die handeling van binding en losmaking uit die hel. Die ketting en sleutel deur Johannes gesien in die hand van die Verlosser - is sodat dit `n verteenwoordiging mag wees van die Verlosser se Goddelike krag.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205