DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 21 In hierdie hoofstuk word die toestand van die hemel en die kerk behandel na die laaste oordeel, dat na dit, deur die Nuwe Hemel die Nuwe Kerk sal bestaan op die aarde, wat die Verlosser alleen sal aanbid. Die vereniging daarvan met die Verlosser Die beskrywing daarvan volgens die intelligensie vanuit die Woord. Die leerstellings daaruit. En volgens al die kwaliteit daarvan. Open. 21:1 En ek het ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde gesien, (dat die Nuwe Hemel ontstaan het vanuit Christene deur die Verlosser, wat in die tyd die Christen hemel genoem word, waar hulle is wat die Verlosser aanbid het, en gelewe het volgens Sy bevele in die Woord, wat daaruit naaste liefde en geloof het, waarin ook al die klein kinders van die Christene is). want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; (die hemele wat nie gevorm was deur die Verlosser nie, maar deur diegene wat vanuit die Christen wêreld in die Geestelike wêreld gekom het, wat almal verstrooi was op die dag van die laaste oordeel), die see was daar nie meer nie. (dat die uiterlike van die hemele versamel vanuit Christene sedert die eerste vestiging van die kerk was op dieselfde manier verstrooi, nadat hulle wat in die boek van die lewe van die Verlosser geskrywe was, daaruit geneem en gered was. Open. 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, (die Nuwe Kerk wat deur die Verlosser gevestig sal word aan die einde van die vorige kerk, wat verbind sal wees met die Nuwe Hemel in Goddelike Waarhede volgens leerstellings en volgens lewe), toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. (daardie kerk verenig met die Verlosser deur die Woord). Open. 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, (die Verlosser wat vanuit liefde spreek en die goeie tyding bekend maak, dat Hyself nou teenwoordig sal wees met die mense in Sy Goddelike Menswese), en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. (die vereniging van die Verlosser, wat van sodanige manier is, dat hulle in Hom is, en Hy in hulle). Open. 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. (dat die Verlosser van hulle sal wegneem alle droefheid van denke, en vrees van veroordeling van booshede en valshede vanuit die hel, en van versoekings vanaf hulle, en hulle sal hulle nie onthou omdat die “draak,” wat hulle veroorsaak het, uitgewerp is). Open. 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. (die Verlosser bevestig alles aangaande die Nuwe Hemel en die Nuwe Kerk na die laaste oordeel voltrek was). Open. 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! (dit is die Goddelike Waarheid). Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. (dat die Verlosser die God is van hemel en aarde, en dat alle dinge in die hemele en op die aarde deur Hom gemaak is). Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. (dat aan diegene wat Waarhede begeer vir enige geestelike werk, sal die Verlosser vanuit Homself deur die Woord gee alle dinge wat sal bydra tot daardie werk). Open. 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. (dat hulle wat die booshede in hulself oorwin, dit is, die duiwel, en nie swig wanneer hulle versoek word deur die Babiloniërs en die drake nie, sal in die hemel kom, en daar lewe in die Verlosser, en die Verlosser in hulle) Open. 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes (diegene in geen geloof, en in geen naaste liefde, en daaruit in alle soorte booshede), en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars (diegene wat die bevele van die tien gebooie as niks afmaak, en nie enige booshede daarin genoem as sonde vermy nie, en daarom in hulle lewe) hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: (hulle het `n hel waar die liefdes van valsheid en begeertes van boosheid is), dit is die tweede dood. (veroordeling) Open. 21:9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. (invloei en openbaring vanaf die Verlosser vanuit die mees innerlike hemel, aangaande die Nuwe Kerk, wat verenig sal wees met die Verlosser deur die Woord). Open. 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; (dat Johannes opgeneem was in die derde hemel, en sy innerlike sig daar geopen was, voor wie die Verlosser se Nuwe Kerk geopenbaar was, volgens leerstellings, in die vorm van `n stad). Open. 21:11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen (dat in daardie kerk die Woord verstaan sal word, omdat dit deurskynend is vanuit die geestelike betekenis daarvan). Open. 21:12 En dit het ‘n groot en hoë muur (die Woord in die betekenis van die letter waaruit die leerstellings van die Nuwe Kerk is), met twaalf poorte gehad, (al die kennis van Waarheid en Goedheid daarin waardeur mense voorgestel word in die kerk), en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel. (die Goddelike Waarhede en Goedhede van die hemel, wat ook die Goddelike Waarhede en Goedhede in die kennis van die kerk is en beskermers sodat niemand in gaan, behalwe as hy in hulle is vanuit die Verlosser). Open. 21:13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte. (dat die kennis van waarheid en goedheid, waarin geestelike lewe is vanaf die hemel vanuit die Verlosser is, en waardeur voorstellings in die Nuwe Hemel veroorsaak word, is vir diegene wat min of meer in die liefde of die emosie van Goedheid is, en vir diegene wat min of meer in die Wysheid of die emosie van Waarheid is). Open. 21:14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, (dat die Woord in die betekenis van die letter alle dinge bevat van die leerstellings van die Nuwe Kerk), en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.(alle dinge van leerstellings vanuit die Woord aangaande die Verlosser, en aangaande lewe volgens Sy bevele). Open. 21:15 En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet. (dat daar deur die Verlosser gegee is, aan diegene wat in die goedheid van liefde is, die aanleg van begrip en wete wat die kwaliteit van die Verlosser se Nuwe Kerk is volgens leerstellings vanuit die Woord en inleidende Waarhede daarvan, en volgens die Woord waaruit hulle is). Open. 21:16 En die stad het vierkantig gelê, (regverdigheid in dit) en sy lengte was net so groot as sy breedte. (dat Goedheid en Waarheid in daardie kerk een is, soos kern en vorm). En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. (die kwaliteit van daardie kerk vanuit leerstellings wys, dat alle dinge daarvan vanuit die Goedheid van liefde is). Open. 21:17 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, (dat dit gewys was wat die kwaliteit van die Woord is in daardie kerk, dat vanuit dit al die Waarhede en Goedhede is), volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is. (die kwaliteit van daardie kerk maak dat dit een is met die hemel)’ Open. 21:18 En die boustof van sy muur was jaspis, (dat al die Goddelike waarheid in die betekenis van die letter van die Woord, met die mense van daardie kerk, is deurskynend vanuit die Goddelike Waarheid in die Geestelike betekenis), en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. (dat die alles van daardie kerk daaruit is, die Goedheid van Liefde vloei in saam met Lig vanuit die hemel vanaf die Verlosser). Open. 21:19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. (dat al die dinge van die leerstellings van die Nuwe Jerusalem geneem vanuit die letter van die Woord, met diegene wat in dit is sal in die lig volgens ontvanklikheid verskyn). Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag; Open. 21:20 die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís. (alle dinge van daardie leerstellings in hulle orde vanuit die betekenis van die letter van die Woord, met diegene wat die Verlosser onmiddellik nader, en lewe volgens die bevele van die tien gebooie deur booshede as sonde te vermy, want hierdie en geen ander is in die leerstellings van liefde tot God en liefde tot die naaste, wat die twee noodsaaklikhede van godsdiens is). Open. 21:21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, (dat die erkenning en kennis van die Verlosser verenig al die kennis van Waarheid en Goedheid ineen, wat van die Woord is, en stel dit aan die kerk voor), en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas. (dat elke waarheid van daardie kerk en leerstellings daarvan, is in Vorm die Goedheid van Liefde wat saam invloei met Lig vanuit die hemel vanaf die Verlosser). Open. 21:22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want Jahweh God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam. (dat daar in die kerk nie enige uiterlike geskei van die innerlike sal wees nie, omdat die Verlosser Homself in Sy Goddelike Menswese, van wie alles van die kerk is, alleen genader, aanbid en vereer word) Open. 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. (dat die mense van daardie kerk nie in eie liefde en in hulle eie intelligensie sal wees, en daaruit in natuurlike lig alleen nie, maar in geestelike lig vanaf die Goddelike Waarheid van die Woord vanuit die Verlosser alleen). Open. 21:24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, (dat almal wat in die Goedheid van lewe is, en glo in die Verlosser, sal lewe volgens die Goddelike Waarhede, en sal hulself innerlik in hulself sien, soos wat die oë voorwerpe sien), en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin. (dat almal wat in die Waarhede van Wysheid vanuit Geestelike Goedheid is, sal die Verlosser daar bely en aan Hom toeskryf elke Waarheid en Goedheid wat met hulle is). Open. 21:25 En bedags, want nag sal daar nie meer wees nie, sal sy poorte nooit gesluit word nie; (dat hulle aanhoudend ontvang sal word in die Nuwe Hemel, wat in die Waarhede van die Goedheid van Liefde vanuit die Verlosser is, omdat daar geen valsheid van geloof daar is nie). Open. 21:26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring. (dat hulle wat ingaan sal met hulle die Belydenis, Erkenning en Geloof bring, dat die Verlosser die Enigste God van Hemel en Aarde is, en dat elke Waarheid van die kerk en elke Goedheid van die Godsdiens vanuit Hom is). Open. 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; (dat geen een ontvang word in die Verlosser se Nuwe Hemel wat die Goedhede vermeng en die Waarhede van die Woord vervals, en booshede doen vanuit bevestigings en dus ook valshede). maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam. (dat geen ander ontvang sal word in die Nuwe Kerk, wat die Nuwe Jerusalem is, maar hulle wat glo in die Verlosser, en lewe volgens Sy bevele in die Woord). Die verduideliking `n Nuwe Hemel en `n Nuwe Aarde - bedoel `n geestelike hemel en die aarde wat aan daardie hemel behoort, waar die engele is, Die Heilige Jerusalem - is die nuwe kerk - wat die ou kerk vervang. Die ou hemele is bo die Christen hemele. Die hemele is gedeel in drie hemele en elke hemel in drie gedeel waar die een bo die ander is. Die derde of innerlike hemel - (liefde tot Verlosser) Die tweede of middel hemel – (geloof en Waarheid) Die eerste of laagste hemel – (goedheid) naaste liefde Verskillende dinge aangaande die hemel kan gesien word in die volgende plekke, n. 612, 13, 26, 31, 59, 61, 845, 46, 56 Die twee noodsaaklikhede van die hemel is. 1. Erkenning van die Verlosser as God van hemel en aarde, wat beteken EEN God, nie drie verskillende gode nie. Met ander woorde Vader, Seun en Gees as een Goddelike Menswese wat Ons Verlosser is, soos die siel van `n mens in een liggaam is, so was en is die Drie Eenheid in die Goddelike Liggaam van die Verlosser, EN IS HY ONS HEMELSE VADER, ONS VERLOSSER, ONS REDDER, ONS ENIGSTE GOD. 2. `n Lewe volgens die bevele van die tien gebooie. Vader is die Liefde Seun is die Goddelike Waarheid en Wysheid, die Heilige Gees is die werke en krag van die vader of voorsienigheid. Die heilige gees het ontstaan na die dood van die Verlosser omdat Hy die Woord of Gees self is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205