DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Slot Die “Laaste Oordeel” oor die Kerk het alreeds plaasgevind in 1757 Opsomming deur Kurt Simons van Swedenborg se werk: The Last Judgement and Babylon Destroyed. All the Predictions in the Apocalypse are at this Day Fulfilled Mei 19, 2007 My bevatlikheid en die verstaan van die leerstellings van die Meester, Jesus Christus se Eerste en Tweede koms, vertel ons die volgende dinge: Die “Laaste Oordeel” van die Nuwe Testament was die vierde keer dat so `n oordeel plaasgevind het. Die geestelike geskiedenis van die menslike ras is die geskiedenis van `n reeks van kerke. Hier moet ons weer kyk na `n woord se betekenis. In hierdie geval, het die term ‘kerk’ `n tweeledige betekenis. Fundamenteel verwys dit na `n geestelike entiteit, wie se lede slegs aan God bekend is. Dit verwys ook na wêreldse organisasies. Hierdie twee tipes ‘kerke’ is tipies aan mekaar gekoppel, maar hier sal ons slegs fokus op die geestelike gedeelte. `n Ware kerk se mees fundamentele doel is om `n kommunikasie kanaal te verskaf, `n kanaal van invloeiende krag vanaf die Meester deur die hemele na die aarde (Arcana Coelestia 530). Hierdie invloeiende krag is `n fundamentele vereiste vir die menslike lewe om te bestaan in die natuurlike wêreld, maar dit kan ons nie bereik as die kanaal korrup raak of geblokkeer word nie. Korrupsie ontstaan wanneer die mense van `n geestelike kerk wegval van die Woord se leerstellings, in die bose. Dit veroorsaak `n groot bedreiging vir die geestelike lewe van die wêreld, en dinge versleg selfs tot in die fisiese lewe. Die eerste kerk in die geskiedenis was die Mees Antieke Kerk gesimboliseer (of korresponderend tot) Adam en Eva, wat bestaan het in die tydperk wat bekend is as die “Goue Eeu.” Hierdie kerk het korrup geraak en het ‘weggeval’ deur nie die leiding van die Meester te volg toe die mense verkies het om vir hulleself te besluit wat goed en wat boos was, eerder as om te luister na die Meester. Hierdie keuse word gesimboliseer deur Adam en Eva wat die Meester se ‘Boom van die Lewe’ verlaat en ‘geëet’ het van die ‘Boom van die Kennis van Goed en Kwaad,’ en dit is simbolies van hulle wilsbesluit vir hulleself oor wat goed en boos was. (Genesis 2:9). In die daaropvolgende ‘val,’ gesimboliseer deur die verbanning uit die Tuin van Eden (Genesis 3:23), het die “Mees Antieke Kerk” deur `n ‘Laaste Oordeel’ gegaan. Dit beteken dat die oorblywende goeie mense in die wêreld op daardie tyd afgeskei was van hulle wat in die bose geval het. Hierdie oordeel was `n teken dat hulle kerk, die Mees Antieke Kerk, geestelik so korrup geraak het dat dit nie meer langer kan dien as daardie nodige kanaal van invloeiende lewe van die Meester deur die hemele nie. (sien The First Coming of Jesus Christ). Met ander woorde, net soos `n liggaam sterf wanneer die gees homself verwyder van die liggaam, so is die geestelike “innerlike” van die Mees Antieke Kerk ook dood as gevolg van hierdie vals idees. Siende dat die lewe in hierdie wêreld daardie kanaal vereis wat die Meester se lewe-gewende krag deurlaat, sal die Meester altyd `n nuwe geestelike kerk begin, sodra die oue verdwyn het. Hierdie nuwe kerk is aanvanklik gebou met goeie mense wat ‘afgesonder’ was van die vorige kerk, die ‘oorblyfsel’ van daardie kerk (bv. Jeremia 23: 3; 44: 7; Miga 2: 12). In die geval van die Mees Antieke Kerk, was die plaasvervanger die Antieke Kerk (te onderskei van die Mees Antieke Kerk). Ongelukkig het die mense in groot hoeveelhede eerder verkies om die bose te doen. Met ander woorde, die ‘val’ het nie gestop by die Mees Antieke Kerk nie, maar het voort gegaan in sy spore. Soos dit verwag kan word uit sy algemene afdraande neiging, het die Antieke Kerk in nog groter booshede verval as die Mees Antieke Kerk, booshede so sleg dat dit fisies sommige van hulle doodgemaak het. Die Bybelse verhaal beskryf hierdie situasie in die Vloed van Genesis 7, waarin die meeste van die mense van die Antieke Kerk geestelik verdrink het in die bose, soos wat daardie kerk dan ook gesterf het. Nietemin, weereens het daar `n oorblyfsel oorgebly van die goeie mense en is afgeskei, en die ‘oorblyfsel’, hierdie keer gesimboliseer in Noag en sy Ark wat dryf bokant die “vloed” van boosheid. Die Meester het toe die Israelitiese kerk in die lewe geroep (somtyds word dit die Tweede Antieke Kerk genoem), wie se geskiedenis in die Ou Testament verhaal word. Hierdie kerk het toe ook korrup geraak en ondergaan sy eie afskeiding en geestelike dood, gesien in sulke gebeure as die verwoesting van Sodom en Gomorrah (Genesis 19) en word daarna verwys in die Meester se verklaring: “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.” (Joh. 12: 31). Die Meester kom toe na dié aarde in Sy Persoon om die christelike kerk weer te herstel (sien die First Coming of Jesus Christ). `n Mens sal dink dat, met die God van die universum wat persoonlik afgedaal het om die kerk te vestig, dat die mense betrokke in daardie kerk nooit weer sal terugval in die bose nie. Maar dit is nie wat gebeur het nie. Selfs die Meester se fisiese teenwoordigheid op die aarde het nie ingemeng met die mens se vrye wil nie. Dus, selfs terwyl Hy nog slegs in die middel van Sy Eerste Koms was, het Hy alreeds geprofeteer dat Hy wéér sal moet kom. (bv. Joh. 14, 16, 21, 24 en ook die Boek van Openbaringe). Die nodigheid van Sy terugkeer begin om gedemonstreer te word 325 jaar nadat die Meester opgestaan het, toe daar `n belangrike godsdienstige Raadsvergadering was te Nicea, `n antieke stad in Klein Asië. By daardie Raadsitting (Rooms Katoliek) was die monoteïsme (geloof in een God) van die ware Christelikheid, vervang met die verkeerde en geestelik verwoestende idee van `n God, wat nie net `n gesplete persoonlikheid gehad het nie, maar as meer as een persoon met meer as een motief! Die Raad van Nicea stel toe voor die onlogiese en totaal onredelike idee van `n vader-god wat sonder genade die hele menslike geslag veroordeel vir die res van sy geskiedenis vir `n sonde van twee mense, Adam en Eva, wat gepleeg is in die heel begin van die geskiedenis, in die Tuin van Eden. Die enigste manier waardeur God tevrede gestel kan word, na aanleiding van hierdie teorie, was deur die offering van Sy Seun, `n tweede God. Hoekom so `n woedende God so behulpsaam kan wees om Sy enigste Seun te stuur om geoffer te word, word nie deur hulle duidelik gemaak nie, ook word dit nie verduidelik hoe daar meer as een alvermoënde en alomteenwoordige God kan wees nie, want die tweede God, Jesus Christus, was alles wat liefdevol is, in kort, `n teenoorgestelde persoonlikheid van die eerste God, wat die idee van God en Jesus as twee afsonderlike gode versterk het. So verwoestend verkeerd was hierdie idees van die Raad van Nicea, wat opgevolg was in een of ander vorm in die meeste van die eerste Christelike kerke, tot vandag toe nog, dat dit veroorsaak het dat daardie eerste kerke ‘geval’ het. Met ander woorde, om in daardie valse idees van `n god te volg, het die eerste Christelike kerk sy vermoë om te dien as daardie geestelike skakeling tussen die hemele en hierdie wêreld wat nodig is vir die lewe om te bestaan, totaal vernietig. Hierdie lering is miskien baie hard om aan te hoor (Joh. 6: 60) en dit blyk dat dit nie ingang vind volgens die optrede oral om ons nie. As voorbeeld; dit lyk beslis dat daar nog steeds Christene is wat goeie lewens lei en na die hemel gaan ongeag die feit dat hulle nog die idee van drie gode het, of `n god in drie persone. Maar wat inderwaarheid gebeur wat ons nie in hierdie wêreld kan sien nie, is dat die engele sulke goeie mense leer en onderrig wat die waarheid aangaande hierdie onderwerp is voordat sulke mense die hemel kan binnegaan, siende dat niemand gemaklik in die hemel kan lewe met valse idees nie. Hierdie selfde logika is ook van toepassing op die vroeëre kerke. Weereens verskaf hulle nie daardie noodsaaklike geestelike verbintenis met die hemele nie, maar mense kan nog steeds in die hemel kom op voorwaarde dat hulle eers leer wat die waarheid in hierdie saak is. (In die verhandeling van Swedenborg – Hemel en Hel word daar baie duidelik uitgespel dat NIEMAND in die hemel kom met selfs die vaagste idee van `n Godheid wat uit drie persone bestaan nie! M.a.w. die idee van `n “Drie-Enige-God” is `n suiwer doktrine uit die Hel – Die Drie-Eenheid as idee word wel in die hemele erken – maar as EEN God. Vertaler). Die gevolge van die eerste Christelike kerk se geestelike dood kan gesien word, as ons verkies om daarna te soek, in alles vanuit die Donker Eeue en die korrupsie in die kerk organisasie wat deur Luther gekritiseer was, tot op die gruweldade in ons eie eeu. Maar sy meer dramatiese resultate was nie sigbaar hier by ons nie, want dit het gebeur in die geestelike wêreld, waar daar grootskaalse ontwrigting was. Na die dood, word die mens wakker in die Geesteswêreld, wat `n plek is tussenliggend (sien Hemel en Hel oor `n beskrywing van die tussenliggende deel wat elke dag miljoene geeste ontvang!) die hemel en die hel. Daar maak die engele finale voorbereiding, en daarvandaan na een van die twee plekke waarvoor so `n persoon geskik is (sien ook die notas oor die Opwekking of Wedergeboorte uit die Doodsproses). Dit is alles `n redelik vinnige proses en gewoonlik nie meer as dertig jaar van ons tyd nie (onthou, daar bestaan nie tyd en ruimte in die geestelike wêreld soos ons dit ken nie). Maar die Christelike kerk se val het `n masiewe ingryping in hierdie proses veroorsaak. Duisende bose mense bly in hierdie wêreld van die geeste in plaas van om na die hel te gaan. Dan bou hulle vir hul “koninkryke,’ dit is ‘denkbeeldige hemele’ (The Doctrine of Faith 64), wat hulle gebruik om baie van die goeie mense te mislei en plaas sulke mense in `n soort knegskap wat hulle verhoed om na die regte hemel te gaan. Al hierdie dinge, en let daarop, is voorspel in die profesieë van die Boek van Openbaringe. (bv. die goeie mense wat vassit in knegskap is die siele onder die altaar van Openbaringe 6: 9-11; Apocalypse Revealed 325). Die Meester, soos altyd, is verdraagsaam en geduldig en laat die mens toe om sy vrye wil uit te leef op die mees wydste ruimtelike gebied van uitdrukking. Om in daardie beginsel te bly, het Hy die geestelike en natuurlike gewoel van die gevalle eerste Christelike kerk toegelaat om vir eeue aan te gaan. Maar die patroon van die geskiedenis herhaal homself, en die vergrype het so hand uitgeruk, so geestelik gevaarlik vir die wêreld, dat Hy `n baie groot ‘huisskoonmaak’ in werking gestel het, en dit was die ‘groot en deurlugtige finale dag van Jahweh’ die ‘dag van oordeel wat brand soos `n oond’ (Mal. 4:1, Openb. 6), wat voorspel was so ver terug as die Ou Testament se Profete. Hierdie Laaste Oordeel van die eerste Christelike kerk het plaasgevind in 1757 en was net so dramaties soos wat al die Profesieë voorspel het, met “Menigtes, menigtes in die dal van beslissing” (Joël 3: 14) wat veg met die draak (Openb. 12). Daar was aardbewings en ineenstortende stede, groot winde en swart water en berge wat ingesluk word (Last Judgment 61), en menigtes van baie gelukkige mense wat vrygelaat was om na die hemel te gaan. Swedenborg se beskrywing daarvan lees soos `n rampspoedige draaiboek vir `n film. Alhoewel, die Oordeel, hierdie keer oor die goeie en bose geeste, het plaasgevind totaal geheel en al in die geesteswêreld, waar Swedenborg `n getuie van was. So dramaties as wat die voorkoms daarvan was, die geestelike punt was dieselfde as by die Meester se eerste koms, om die helle terug te plaas ten einde die menslike ras se geestelike vrye wil te beskerm. Die leerstellings van die Tweede Koms beskrywe die einde van die eerste Christelike kerk so omvattend omdat dit die finale oordeel was tot op ons vandag. Daar sal nooit weer `n ander ‘Laaste Oordeel’ wees nie want die ‘Nuwe Kerk’ (Nuwe Jerusalem) is gebou op die waarheid en op die leerstellings van die Tweede Koms wat vir ewig sal duur. Die waarheid wat onthul sal word by die Tweede Koms is so kragtig en volledig dat hierdie Nuwe Kerk wat gebou is op sulke leerstellings, nooit sal val nie. Alhoewel, dit belangrik is om daarop te let dat dit nie beteken dat mense of organisasies wat hulleself die volgelinge van die Tweede Koms doktrines noem nie, nie sal val, of verkeerde dinge doen nie, vrye wil – en boosheid – is nog net so lewendig soos altyd. Maar bose geeste sal nooit weer toegelaat word om die kontrole van die wêreld van die geeste oor te neem soos hulle gedoen het voor die Laaste Oordeel nie. Die mees belangrikste is die feit dat die Laaste Afskeiding nie net die kanaal skoonmaak vir die invloei van krag uit die hemele na die aarde nie, maar dit nog uitbrei ook. Die effek daarvan is die uitbreiding van geestelike vryheid wat reg deur die wêreld spoel. Dit is interessant om te weet dat beide die “Eeu van Verligting” en die “Industriële Revolusie” het in die 18de eeu plaasgevind, sowel as beide die Amerikaanse en Franse revolusies. Almal het plaasgevind binne `n paar jaar van die afloop van die eerste Christelike kerk se Laaste Oordeel in 1757, maar alles hierdie was maar slegs `n voorsmakie. In die twee eeue sedert die Laaste Oordeel, het die vryheid van denke en handeling hom uitgebrei in elke area van die menslike aktiwiteit op `n manier wat sonder weerga is in die menslike geskiedenis. Die wêreld is ver weg van die volmaakte vandag, maar meer mense geniet meer vryheid in meer aspekte van hulle lewens as wat moontlik was sedert die Goue Eeu. Nie alle resultate van hierdie nuwe vryheid was positief nie; bose mense het hul vryheid gebruik om negatiewe weë te ontwikkel. Nietemin, die doel van geestelike vryheid is om ons toe te laat om die goeie of die bose te kies. Ons is vry om goeie keuses te maak, en met ons groter geestelike vryheid, vertel die leerstellinge van die Tweede Koms ons dat hierdie goeie keuses hierdie wêreld kan help om hierdie wêreld se lewe meer te maak “soos in die hemel net so ook op die aarde” (Matt. 6: 10). Vir verdere leesstof The Last Judgment and Babylon Destroyed. All the Predictions in the Apocalypse are at This Day Fulfilled Continuation Concerning the Last Judgment and Concerning the Spiritual World. A blow-by-blow retelling of the story of this huge event, with explanatory comments on its implications and effects. Chapter 3: The Second Coming Already Happened – 1770! oooooooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOOOOOoooooooooooo

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205