DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 1 Open. 1:1 Die openbaring van Jesus Christus voorspellings vanaf die Verlosser aangaande Homself en Sy kerk, wat die laasgenoemde sal wees aan die einde daarvan, en wat dit daarna sal wees wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon vir hulle wat in geloof van naaste liefde is) wat gou moet gebeur, (en dat dit verseker sal gebeur sodat die kerk nie sterf nie) en wat Hy gestuur het deur Sy engel) deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, (die dinge wat geopenbaar word vanaf die Verlosser deur die hemel aan diegene wat in die goedheid van die lewe vanuit naaste liefde en die geloof daarvan is) Open. 1:2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus en wat vanuit die hart en dus in die Lig, Goddelike Waarheid ontvang vanuit die Woord en die Verlosser se Menswese as Goddelik erken) alles wat hy gesien het (en hulle voorlig in al die dinge wat in die openbaring is) Open. 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is (en die verbinding van hulle wat lewe volgens die leerstellings van die Nuwe Jerusalem met die engele) want die tyd is naby (omdat die toestand van die kerk sodanig is, dat dit nie meer langer so kan aangaan en nog verbinding met die Verlosser het nie). Open. 1:4 Johannes aan die sewe gemeentes (en almal wat in die Christen wêreld is, waar die Woord is, en waardeur die Verlosser geken word, en wat aangetrek word na die kerk) (in Asië) (en hulle wie in die lig van waarheid vanuit die Woord is) Genade vir julle en vrede (in die Goddelike begroeting) van Hom wat is en wat was en wat kom (vanaf die Verlosser, wie ewig is en die oneindige Jahweh is) en van die sewe Geeste wat voor sy troon is, (vanuit die hele Hemel waar die Verlosser in Sy Goddelike Waarheid is Open. 1:5 en van Jesus Christus ( en die Goddelike Menswese) die getroue getuie, (dat Hy die Goddelike Waarheid Self is) die eersgeborene uit die dode (en Hy is ook Goddelike Goedheid Self ) en die Owerste oor die konings van die aarde! (van wie alle waarheid vanuit goedheid in die kerk is) Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed (wat mense wedergebore en hervorm het vanuit liefde en genade, deur Sy Goddelike Waarheid vanuit Sy Woord) Open. 1:6 en ons gemaak het konings en priesters, ( En wat hulle wat vanuit Hom gebore is, “dit is wedergeboorte,” gee om in Wysheid vanuit Goddelike Waarheid en in liefde vanuit Goddelike Goedhede te wees) vir sy God en Vader (en dus beelde is van Sy Goddelike Wysheid en Sy Goddelike Liefde) aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! (wie alleen Goddelike Majesteit en Goddelike Almag vir ewig is) Amen. (deur Goddelike bevestiging vanuit Goddelike Waarheid, dus vanuit Homself) Open. 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, (en die Verlosser sal Homself openbaar in die letter van die Woord, en sal die geestelike betekenis daarvan openbaar aan die einde van die kerk) en elke oog sal Hom sien, (en almal sal Hom erken, wat, vanuit liefde in die begrip van Goddelike Waarheid is) ook hulle wat Hom deurboor het; (en dat ook hulle sal sien, wat in valsheid van die kerk is) en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; (en dit sal wees wanneer daar nie meer enige goedhede en waarhede in die kerk is nie) ja, amen! (en Goddelike bevestiging dat dit so sal wees) Open. 1:8 Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, (van die Self-Bestaande en die Enigste vanaf die Eerste en die Laaste, vanaf wie alle dinge is, wie dus Liefde Self is, en die Enigste Liefde, Wysheid self en die Enigste Wysheid, en die Lewe Self en die Enigste Lewe in Homself, dus die Skepper Homself en die Enigste Skepper, Verlosser, en Voorligter vanuit Homself, en derhalwe die alles in alles van die hemel en die kerk) sê Jahweh, wat is en wat was en wat kom, (en ewig die oneindige, Jahweh ) die Almagtige. (wat is, lewe en krag, vanuit Homself het, wat alle eerste dinge regeer deur die laastes). Open. 1:9 Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot (aan hulle wat in die goedheid van naaste liefde en vandaar in die Waarhede van Geloof is) in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, (dat die kerk deur boosheid en valsheid besmet is, maar dit sal deur die Verlosser verwyder word met Sy koms) was op die eiland wat Patmos genoem word, (in `n toestand en `n plek waarin hy voorligting kan ontvang) ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus. (sodat die Goddelike Waarheid vanaf die Woord ontvang mag word vanuit die hart en dus in die wil, en dat die Verlosser se Menswese as Goddelik erken mag word) Open. 1:10 Ek was in die Gees op die dag van JAHWESHUA (in `n geestelike toestand deur Goddelike invloei, in die tyd en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, (en die duidelik maak van Goddelike Waarheid in begrip vanuit die hemel geopenbaar) Open. 1:11 wat sê: Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste, (wat die Self-bestaande en die enigste vanuit die eerste en die laaste is, vanuit wie alle dinge is) en skryf wat jy sien in `n boek (dat dit aan die nageslag geopenbaar mag word) en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is (vir hulle in die Christen wêreld wat in die lig van die Waarheid vanuit die Woord is): na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa. (in die besonder volgens elkeen se toestand en begrip) Open. 1:12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; (en die omkering van die toestand van hulle wat in die goedheid van lewe volgens begrip van Waarheid in die Woord is, wanneer hulle hulself na die Verlosser draai) en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, (in die nuwe kerk wat in voorligting vanaf die Verlosser vanuit die Woord sal wees) Open. 1:13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens (die Verlosser as die Woord vanuit wie die kerk is) met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, (die Goddelike werke wat die Goddelike Waarheid is) en gegord om die bors met ‘n goue gordel. (die Goddelike Werke en terselfdertyd die Goddelike verbinding wat die Goddelike Goedheid is) Open. 1:14 Sy hoof en hare was wit soos wit wol, (is Goddelike Liefde van die Goddelike Wysheid in die eerste (hoogste hemel en die laaste) (die natuurlike) soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, (wat die Goddelike Wysheid is van die Goddelike Liefde) Open. 1:15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, (van natuurlike Goddelike Goedheid) en sy stem soos die stem van baie waters. (en natuurlike Goddelike Waarheid) Open. 1:16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, (is al die kennis van Goedheid en Waarheid in die Woord) en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, (en die verstrooiing van valsheid deur die Verlosser, deur die Woord en deur die leerstellings daaruit) en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. (die Goddelike Liefde en die Goddelike Wysheid, wat Hyself is, en voortkom vanuit Hom) Open. 1:17 En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; (die swakheid van sy eie lewe in die teenwoordigheid van die Verlosser) en Hy het sy regterhand op my gelê (lewe dan besiel vanuit Hom) en vir my gesê: Moenie vrees nie; (opwekking en aanbidding dan vanuit die diepste nederigheid) Ek is die eerste en die laaste (dat Hy ewig en almagtig is, en dus die enigste God) Open. 1:18 en die lewende; (wat alleen lewend is, en vanuit wie alleen lewe is) en Ek was dood (dat Hy verwaarloos was in die kerk en Sy Goddelike Menswese nie erken was nie) en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. (dat Hy ewige lewe is) Amen. (die Goddelike bevestiging dat dit die Waarheid is) En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. (dat Hy alleen kan red) Open. 1:20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het (sodat al die dinge wat nou geopenbaar is mag wees vir die nageslag aangaande die Nuwe Hemel en die Nuwe Kerk) die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, (is die Nuwe Kerk in die hemele, wat die Nuwe Hemel is) en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes. (is die Nuwe Kerk op aarde, die Nuwe Jerusalem, wat neerdaal vanaf die Verlosser vanuit die Nuwe Hemel.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205