DIE BOEK VAN OPENBARING
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

Hoofstuk 2 Die inhoud van die hele hoofstuk Aan die kerke in die Christen wêreld. Aan diegene daar wat die leerstellings van waarhede eerste stel en nie die goedhede van die lewe, wat bedoel word deur die kerk van Ephesus. Aan diegene daar wat in die goedhede volgens lewe en in valsheid volgens leerstellings is, wat bedoel word deur die kerk van Smirna. Aan diegene daar wat alles van die kerk in goeie werke plaas en nie enigiets in waarhede, wat bedoel word deur die kerk in Pérgamos. Aan diegene daar wat in geloof vanuit naaste liefde is, so ook aan diegene wat in geloof geskei van naaste liefde is, wat bedoel word deur die kerk in Thyatira. Almal hierdie word geroep na die Nuwe Kerk, wat die Nuwe Jerusalem is Open. 2:1 Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese: (aan diegene en aangaande diegene wat die leerstellings van waarhede eerste stel en nie die goedhede van die lewe) Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, (vanaf die Verlosser wie deur die Woord alle waarhede is) wat wandel tussen die sewe goue kandelaars: (vanuit wie die voorligting is, aan diegene wat van Sy kerk is) Open. 2:2 Ek ken jou werke (dat Hy al die innerlike en die uiterlike van `n mens in geheel sien) en jou arbeid en jou lydsaamheid, (in strewe en volharding en geduld) en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; (en dat hulle nie kan verdra dat boosheid goedheid genoem word en goedheid boosheid.) en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; (en dat hulle noukeurig ondersoek die dinge wat goedheid en waarheid in die kerk genoem word, wat nogtans booshede en valshede is) Open. 2:3 en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, (en geduld met hulle) en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. (en hulle strewe en pogings om die dinge te kry wat behoort aan godsdiens en leerstellings daarvan) Open. 2:4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. (dat dit teen hulle is, dat hulle nie die goedhede van lewe in die eerste plek stel nie) Open. 2:5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, (herinnering van hulle dwaling) en bekeer jou en doen die eerste werke. (sodat hulle die toestand van hul lewe moet omdraai), anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie. (anders sal die voorligting verseker nie nog langer aan hulle gegee word om die waarheid te sien nie) Open. 2:6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat. (omdat hulle dit vanuit hul waarhede ken, en daarom nie gewillig is dat werke verdienstelik moet wees nie). Open. 2:7 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê (en dat hy wat verstaan moet gehoorsaam wat die Goddelike Waarheid van die Woord diegene leer, wat van die Nuwe Kerk sal wees, wat die Nuwe Jerusalem is) Aan hom wat oorwin (en hy wat veg teen boosheid en valsheid, en hervorm is), sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe (sal kry van die goedheid van liefde en naaste liefde vanaf die Verlosser) wat binne in die paradys van God is. (wat innerlik in die waarhede van wysheid en geloof is) Open. 2:8 En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna (aan hulle en aangaande hulle wat in die goedhede volgens lewe is maar in valshede volgens leerstellings alleen) Dít sê die eerste en die laaste, (die Verlosser, dat Hy alleen God is) wat dood was en lewend geword het: (dat Hy verwaarloos is in die kerk, en dat Sy Menswese nie as Goddelik erken word, terwyl HY tog ook daarvolgens alleen lewe, en vanuit Hom alleen ewige lewe is) Open. 2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede (dat hulle in valsheid is en daarom nie in goedheid nie) maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, (die valse bewering dat hulle in die goedheid van liefde is, terwyl hulle tog nie is nie) maar ‘n sinagoge van die Satan. (omdat hulle in valshede van leerstellings is) Open. 2:10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. (moenie in vertwyfeling raak wanneer jy geteister word deur boosheid en aangeval word deur valsheid nie) Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp (dat hulle goedheid van lewe geteister sal word deur boosheid vanuit die hel), sodat julle op die proef gestel kan word; (en deur valsheid wat teen hulle veg) en julle sal tien dae lank verdrukking hê (en dat dit die volle tydperk daarvan sal duur) Wees getrou tot die dood toe, (die ontvangs van waarheid totdat valsheid verwyder is) en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. (dan sal hulle ewige lewe kry, die beloning van oorwinning ) Open. 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. (dat hy wat verstaan moet gehoorsaam wat die Goddelike Waarheid diegene leer, wat van die Nuwe Kerk sal wees wat die Nuwe Jerusalem is) Die wat oorwin, (hy wat veg teen boosheid en valsheid, en hervorm is) sal deur die tweede dood geen skade ly nie. (sodat hulle nie agterna sal beswyk of swig teen boosheid en valsheid vanuit die hel nie) Open. 2:12 En skryf aan die engel van die gemeente in Pérgamus: (aan diegene en aangaande diegene wat alles van die kerk stel in goeie werke, en nie enigiets in die leerstellings van waarhede nie) Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het: (die Verlosser is die waarhede van leerstellings van geloof vanuit die Woord deur wie boosheid en valsheid verstrooi word) Open. 2:13 Ek ken jou werke (dat die Verlosser al die innerlike en uiterlike van `n mens gelyktydig sien) en die plek waar jy woon waar die troon van die Satan is, (en hulle lewe in donkerte) En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, (terwyl hulle tog geloof het en daarvolgens aanbid). Selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon. (en alle waarheid gedood was deur valsheid in die kerk) Open. 2:14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: (en dat die dinge wat volg teen hulle is) dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer. (dat daar sommige onder hulle is wat geveinsde-skynheilige werke doen, waardeur die aanbidding van God in die kerk besoedel (vervals) en besmet (vermeng) word) Open. 2:15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat. (dat daar ook tussen hulle sommige is wat werke verdienstelik maak) Open. 2:16 Bekeer jou; (dat hulle behoort kennis te neem van sulke werke) anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond. (so nie, sal die Verlosser met hulle stry vanuit die Woord) Open. 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. (Aan hom wat oorwin, (aan hom wat veg teen booshede en valshede, en hervorm is) sal Ek gee om te eet van die verborge manna, (die toe-eiening dan van die goedheid van hemelse liefde, en dus vereniging van die Verlosser met hulle wat werk) en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, (die waarhede begunstig en verenig met goedheid) en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe, (dat hulle dus `n kwaliteit van goedheid sal hê wat hulle nie vantevore gehad het nie) wat niemand ken nie behalwe hy wat dit ontvang. (dat dit nie aan iemand verskyn, omdat dit op hul lewe ingeskryf is.) Open. 2:18 En skryf aan die engel van die gemeente in Thiatíre: (aan diegene en aangaande diegene wat in geloof vanuit naaste liefde is, en vandaar in goeie werke, en ook aan diegene en aangaande diegene, wat in geloof geskei vanaf naaste liefde is, en vandaar in bose werke) Dít sê die Seun van God wat oë het soos ‘n vuurvlam, (die Verlosser as die Goddelike Wysheid van Sy Goddelike Liefde) en sy voete is soos blink koper: (Sy natuurlike Goddelike Liefde) Open. 2:19 Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, (die waarheid en die wens van kennis en onderrig daarin) en dat die laaste meer is as die eerste. (die vermeerdering daarvan vanuit die geestelike liefde van waarheid) Open. 2:20 Maar Ek het enkele dinge teen jou; (dat die dinge wat volg teen hulle is) dat jy die vrou Isébel, (dat daar sommige tussen hulle in die kerk is wat geloof vanuit naaste liefde skei) wat haarself ‘n profetes noem, (wat die leerstellings van geloof die enigste leerstellings van die kerk maak) toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer (waarvandaan dit kom dat die waarheid vervals word) en afgodsoffers te eet. (die besoedeling van aanbidding en die ontheiliging daarvan) Open. 2:21 En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. (dat diegene wat hulself bevestig het in daardie leerstellings, nie daarvan sal terugtrek nie, alhoewel hulle dinge teenstrydig daarmee in die Woord sien) Open. 2:22 Kyk, Ek werp haar neer op ‘n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ‘n groot verdrukking, (dat hulle daarom gelos sal word in hulle leerstellings met vervalsings, en dat hulle smartlik deur valsheid geteister sal word) as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. (as hulle nie sal ophou om geloof vanuit naaste liefde vanmekaar te skei nie) Open. 2:23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, (dat al die waarhede van die Woord in valsheid omgedraai sal word), sodat die kerk mag weet dat die Verlosser sien die kwaliteit van elkeen se waarheid, en die kwaliteit van sy goedheid) en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke. (dat Hy aan elkeen gee volgens die naaste liefde en geloof daarvan wat in die werke is) Open. 2:24 En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, (aan hulle met wie die leerstellings van geloof geskei is vanaf naaste liefde, en aan hulle met wie die leerstellings van geloof verenig is met naaste liefde) almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: (hulle wat nie hulle innerlike verstaan nie, wat blote valsheid is) Ek sal op julle geen ander las lê nie. (alleenlik dat hulle op hul hoede daarvoor moet wees) Open. 2:25 Hou maar net vas wat julle het totdat Ek kom, (dat hulle die min dinge wat hulle weet aangaande naaste liefde moet behou en daaruit aangaande geloof vanuit die Woord, en lewe daarvolgens totdat die Verlosser kom) Open. 2:26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, (hulle wat in naaste liefde en daaruit werklik in geloof is, en daarin bly tot aan die einde van hul lewens sal Ek mag oor die nasies gee, (dat hulle die boosheid in hulself sal oorwin wat vanuit die hel is) Open. 2:27 en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; (deur waarhede vanuit die letterlike betekenis van die Woord, en terselfdertyd deur verstandelike (geestelike) dinge vanuit natuurlike lig) soos erdegoed word hulle verbrysel, (asof van min en geen waarde) soos Ek ook van my Vader ontvang het. (dit is vanaf die Verlosser, “wie” terwyl Hy in die wêreld was, vir Homself alle krag oor die helle, verkry het, vanuit Sy Goddelike wat in Hom was) Open. 2:28 En Ek sal hom die môrester gee. ( intelligensie en wysheid kry) Open. 2:29 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. (dat hy wat begryp moet gehoorsaam wat die Goddelike Waarheid van die Woord leer aan hulle wat van die Nuwe Kerk sal wees wat die Nuwe Jerusalem is)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205