DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

130. Hy wat wys wil wees uit die wêreld, het vir sy “tuin” die dinge van die sinne of sintuie en van die geheue-kennis [sensualia et scientifica]; die liefde vir die self en die liefde vir die wêreld – en dit is sy “Eden;” sy “ooste” is die weste, of hyself; sy “Eufrat rivier” is al sy geheue-kennis [scientificum], wat veroordeel is; sy “tweede rivier” daar is “Assirië” is sotlike argumente, en produseer valshede; sy “derde rivier” daar is “Ethiopië,” en dit is die beginsels van boosheid en valshede daaruit ontleen, wat die kennis is van sy geloof; sy “vierde rivier” is die wysheid daaruit ontleen, wat in die Woord genoem word “Toorkunste.” En daarom dui “Egipte”- wat die geheue-kennis [scientia] aandui, - nadat die kennis magies geword het, op so `n mens, soos gesien kan word uit die Woord, hy begeer om wys te wees uit homself. Oor so iemand word in Eseg. geskryf: “Spreek so en sê: So spreek Jahweh: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: my stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak. En Egipteland sal `n wildernis en `n puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek Jahweh is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak -”. (Eseg. 29: 3, 9). Sulke mense word ook genoem “bome van Eden in die Hel” in dieselfde Profeet, waar ook die Farao, of die Egiptenaar, in hierdie woorde beskryf word: “…toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal;…na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte.” Eseg. 31:16,18), waar die “bome van Eden” die kennis [scientifica et cognitiones] van die Woord aandui, wat hulle dus besoedel en ontheilig deur hulle argumente. Ook het God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie, Ek sal vir hom `n hulp maak wat by hom pas. En God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. So het die mens dan name gegee aan al die vee en al die voëls van die hemel en al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het Hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. En toe het God `n diep slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vleres toegemaak. En God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot `n vrou, en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eintlik been van my gebeente en vlees van My vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle sal een vlees wees. En hulle was al twee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hulle nie geskaam nie.” (Gen. 2: 18-25.)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205