DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

257. Dat deur die “kop van die slang” word bedoel die heerskappy van die bose in die algemeen, en spesifiek die liefde vir die self, is dit duidelik uit sy geaardheid, wat so verskriklik is deurdat dit nie net heerskappy soek nie, maar selfs heerskappy oor alle dinge op die aarde, ook is hy nie tevrede met net dit nie, maar het aspirasies om selfs heerskappy in die hemele te voer, en dan, ook nie tevrede hiermee nie, oor die Meester Homself, en dan is hy nog nie tevrede nie. Dit is latent in elke vonk van die liefde vir die self. As daaraan toegegee word, en vry word van beperking, sal ons waarneem dat dit meteens sal uitbars en groei selfs tot absolute hoogtes. Gevolglik is dit duidelik uit die “slang” of die boosheid van die liefde vir die self, die begeerte om heerskappy uit te oefen en hoeveel hy diegene haat wat nie toegee aan sy gesag nie. Dit is die “kop van die slang” wat homself verhef, en wat deur die Meester “plat getrap word, selfs tot in die aarde” dat dit op sy “maag sal seil en stof eet,” soos dit in die vers weergegee word. Dit is ook `n beskrywing van die “slang” of “draak” wat genoem word “Lucifer” in Jes: “En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelyk stel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil.” (Jes 14: 12-15). Die “slang” of “draak” word ook in Openbaringe beskryf ten opsigte van die manier waarmee hy sy kop verhoog: “…en daar was `n vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone…en die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en satan…hy is neergewerp op die aarde..” (Openb. 12: 3,9). In Dawid: “En Jahweh het tot my Meester gespreek: sit aan My regterhand, totdat Ek U vyande maak `n voetbank vir U voete…U magtige septer sal Jahweh uitstrek uit Sion en sê; Meester heers te midde van U vyande. Hy sal `n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel `n hoof oor `n groot land. Uit die stroom sal hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef.” (Psalm 110; 1-2, 6-7).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205