DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 292

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

308. Noudat die betekenis van die “ooste” en die “tuin van Eden” hierbo gegee is, is dit onnodig om langer op hulle te vertoef, maar dat “gérubs” aanduidend is van die voorsienigheid van die Meester uit vrees dat die mens met sy kranksinnigheid daar in sal gaan, dit is, in die geheime van die geloof uit sy eie, en van dit wat is van sy sinne en geheue-kennis [sensuali et scientifico], en dit so ontheilig, en homself verwoes, is duidelik uit al die gedeeltes in die Woord waar van “gérubs melding gemaak word. Die Judeërs is van so `n kwaliteit, dat as hulle enige duidelike kennis daarvan gehad het, aangaande die Meester se koms, betreffende die verteenwoordigers of tipes van die kerk as aanduidend van Hom, betreffende die lewe na die dood, en aangaande die innerlike mens en sy innerlike sin van die Woord, sou hulle dit ontheilig het; en sou vir ewiglik verwoes gewees het; daarom was dit verteenwoordig deur die “gérub” op die genadesitplek op die ark, op die gordyne van die tabernakel, op die voorhangsel, en ook in die tempel; en dit was aanduidend dat die Meester hulle in bewaring hou. (Exod. 25: 18-21; 26: 1, 31; 1Kon. 6: 23-29, 32). Want die ark, waarin die getuienis was, dui op dieselfde as die boom van die lewe in hierdie gedeelte, naamlik, die Meester en die hemelse dinge wat uitsluitlik aan Hom behoort. Daarom word die Meester dikwels genoem die “God van Israel wat sit op die gérubs” en daarvandaan het Hy met Moses en Aäron gespreek, “tussen die gérubs” (Exod. 25: 22; Num. 7: 89). Dit word duidelik in Eseg. beskryf, waar dit gesê word: “Die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. En JHWH sê vir hom; Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak `n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. Maar aan die ander sê hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; slaan dood grysaards, jongmanne, en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes wat voor die huis was. En Hy sê vir hulle: verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat veslaan word…” (Eseg.9: 3-7). En weer: “En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan en strooi dit oor die stad. Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gerubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was, en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan. (Eseg. 10: 2, 7). Uit hierdie gedeeltes is dit duidelik dat die voorsienigheid van die Meester in die voorkoming van die mens om in die geheime van die geloof in te gaan, aangedui word deur die “gérub,” en dat hulle daarom gelos word in hulle kranksinnige hebsug, ook hier aangedui deur die: “vuur wat oor die stad uitgestrooi word” en “moet nie spaar nie.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205