DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

31. Dat die “groot ligte” dui op liefde en geloof, en word ook genoem “son, maan en sterre” is duidelik uit die Profete, soos in Eségiël: “En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie. Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land…” (Eseg. 32:7,8). In hierdie aanhaling word Farao en die Egiptenare aangespreek, waardeur bedoel word in die Woord, die beginsel van suiwer sin en van suiwer kennis [sensuale scientifica], liefde en geloof was uitgeblus. So in Jesaja: “Kyk, die dag van JaHWeH kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde `n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg. Want die sterre van die hemel en sy Orions sal hul lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.” (Jes. 13: 9-10). Ook in Joël: “Die dag van JaHWeH kom, want hy is naby - `n dag van duisternis en donkerheid…. Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.” (Joël 2: 1,2,10). [2] Weereens in Jesaja wat praat oor die koms van die Meester en die verligting van die ‘heidene’ (verheidense Israel), gevolglik van `n nuwe kerk, en in die besonder van almal wat in die duisternis is, wat nou lig ontvang, en wat nou wedergebore is: “Staan op, word verlig; want jou lig kom….want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die wolke; maar oor jóu sal die Meester opgaan….en die nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang…..want die Meester sal vir jou wees `n ewige lig.” (Jes. 60:1-3,20). So ook in Dawid: “Wat die hemele met verstand gemaak het….wat die aarde oor die water uitgespan het….wat die groot ligte gemaak het….die son om te heers oor die dag….en die maan en sterre om te heers oor die nag.” (Psalm. 136: 5-9). En weereens: “Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!....Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!” (Psalm 148:3, 4). [3] In al drie aanhalings dui die “ligte” op die liefde en geloof. Dit was omdat die “ligte” verteenwoordigend was - en dui op die liefde en geloof teenoor die Meester, dat dit verordineer was in die Judese Kerk, (Tempel) dat `n voortdurende lig aan die brand gehou moet word tot die oggend, want elke ordonnansie in daardie kerk was `n verteenwoordiger van die Meester. Van hierdie “lig” word dit geskryf: “En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur `n brandende lamp te hê. In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre, voor die aangesig van die Meester.” (Ex. 27:20, 21). Dat hierdie dinge die liefde en geloof uitbeeld, wat die Meester aan die “brand” steek en veroorsaak dat dit lig gee in die innerlike mens, en deur die innerlike mens in die uiterlike mens, sal op `n geskikte plek aangetoon word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205