DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 321

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

337. Die Innerlike Sin. Siende dat hierdie hoofstuk die degenerasie van die Mees Antieke Kerk behandel, of die vervalsing van sy doktrine, en gevolglike van sy kettery en sektes, onder die name van Kain en sy nakomelinge, moet daarop gelet word dat daar nie `n moontlikheid bestaan om te verstaan hoe die doktrine vervals was, of wat die geaardheid van die ketterye en sektes van daardie kerk was, tensy die geaardheid of natuur van die ware kerk reg verstaan word nie. Genoeg was hierbo gesê van die Mees Antieke Kerk, wat wys dat dit `n hemelse mens was en dat dit geen ander geloof erken as dit wat van die liefde tot die Meester en teenoor die naaste was nie. Deur hierdie liefde het hulle geloof gehad vanaf die Meester, of `n ontvangs van alle dinge wat aan die geloof behoort, en vir hierdie rede was hulle onwillig om geloof te noem, uit vrees dat dit afgeskei sou word van die liefde, soos wat dit hierbo aangetoon is (n. 200, 203). [2] So is die hemelse mens, en so word hy beskryf deur verteenwoordigers in Dawid, waar van die Meester gespreek word as die koning, en die hemelse mens is die koning se seun: “O God, gee aan die koning U regte en u geregtigheid aan die seun van die koning. Die berge sal vrede vra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid. Hulle sal U vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag. In sy dae sal die regverdiges bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.” (Psalm 72: 1, 3, 5, 7). Deur die “son” word liefde voorgestel; deur die “maan” geloof; deur die “berge” en “heuwels” die Mees Antieke Kerk; deur “geslag op geslag” die kerke na die vloed; “solank as die maan daar is” word gesê omdat geloof die liefde sal wees. (sien ook wat in Jesaja 30: 26 gesê word). [3] Maar die geval is baie anders in vandag se tyd, want nou neem geloof die plek bokant die naasteliefde in, maar nog steeds gee die Meester deur geloof die naasteliefde, en nou word die naasteliefde die hoofgedagte. Dit volg hieruit dat in die mees antieke tydperk was die doktrine vervals toe hulle `n belydenis van die geloof gemaak het, en sodoende dit afgeskei het van die liefde. Hulle wat hierdie doktrine vervals het op hierdie manier, of die geloof afgeskei het van die liefde, of `n belydenis van geloof alleen gemaak het, was genoem “Kain”; en so `n ding was beskou as `n ontsetting.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205