DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 381

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

402. Dat deur die “stad wat gebou was” aangedui word al die doktrinale en ketterse dinge wat kom van kettery, is duidelik uit elke aanhaling van die Woord waarin die naam van enige stad voorkom, want in nie een van hulle word ooit bedoel `n stad nie, maar altyd iets doktrinaals of ketters. Die engele is almal onbekend in wat `n stad is, en oor die naam van enige stad, want hulle het nie, en kan ook nie `n idee hê van wat `n stad is nie. As gevolg van hulle idees wat geestelik en hemels is, soos alreeds hierbo aangetoon. Hulle neem slegs waar wat `n stad en sy naam beteken. Dus, deur die “Heilige Stad” wat ook die “Heilige Jerusalem” genoem word, word bedoel die koninkryk van die Meester in die algemeen, of in elke individu waarin daardie koninkryk is. Die “stad” en “die berg Sion” word ook net so verstaan, en later toon dit die hemelse van die geloof aan, en die vorige is die geestelike. [2] Die hemelse en die geestelike op sigself word ook beskryf deur “stede,” “paleise,” “huise,” “mure,” “fondasies en mure,” “bolwerke,” “hekke,” en “tempels” in die midde; soos in Eseg. 48; Openb. 21: 15 tot die einde, waar dit ook genoem word die Heilige Jerusalem, verse 2, 10; en in Jer. 31: 38. In Dawid word dit genoem die stad van Dawid, of Godstad: “Die stroompies van die rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.” (Ps. 46: 4); in Eseg. “...rondom agtienduisend; en die naam van die Stad sal van vandag af wees: JaHWeH Shammah (JaHWeH is daar teenwoordig.)” (Eseg. 48: 35), en waarvan daar in Jes. geskryf is: “En seuns van die uitlander sal jou mure bou. En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van JaHWeH, Sion van die Aparte Een van JisraEL. (Odes van Salomo 39: 10; Profesie van Barug 5:4) (Jes. 60: 10, 14). In Sag. “Jerusalem sal genoem word: die Stad van Waarheid, en die Berg van JaHWeH van die skeppings-leërmag; Berg van die Apartheid.” (Sag. 8: 3), waar die “stad van waarheid” of “Jerusalem” die geestelike dinge van die waarheid aandui; en die “berg van apartheid” of “Sion” die hemelse dinge van die geloof. [3] Net soos wat die hemelse en geestelike dinge van die geloof verteenwoordig word deur `n stad, so word ook alle doktrinale dinge aangedui deur stede van Juda en Israel, elkeen wat genoem word by die naam, het sy eie spesifieke betekenis van iets doktrinaals, maar wat dit is, kan niemand weet, behalwe uit die innerlike sin nie. `n Doktrinale ding word aangedui deur “stede” en so ook kettery. (`n mening teenstrydig met die ortodokse doktrine van die Christelike Kerk) Sulke ketterye word ook aangedui deur stede, en in hierdie geval, elke besondere of spesifieke kerk, in ooreenstemming met sy naam, en dui op `n spesifieke ketterse opinie. Huidiglik sal ons uit die volgende aanhaling uit die Woord slegs aandui, dat in die algemeen “stad” iets doktrinaals aandui, of dan iets wat ketters is. [4] Dus lees ons in Jes: “In dié dag sal daar vyf stede in die Aarde van Egipte wees wat die taal van Kanaän spreek en by JaHWeH van die skeppings-leërmag sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting. (Jes. 19: 18), waar die onderwerp wat behandel word die geheue-kennis [scientia] van geestelike en hemelse dinge is ten tye van die Meester se koms. So, weereens, by die behandeling van die vallei van visioene, dit is, van fantasieë: “Rumoerige, woelige Stad, uitgelate vesting.” (Jes. 22: 2). In Jer. Gepraat van hulle wat “in die suide is,” dit is, die lig van die waarheid, en wie dit uitgeblus het: “Die Stede van die Suidland is toegesluit, en niemand maak oop nie.” (Jer. 13: 19). Weereens: “JaHWeH het Hom voorgeneem om die muur van van die dogter van Sion te verwoes; Hy het `n meetsnoer gespan, Sy Hand nie teruggetrek van vernietiging nie. Hy het die voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar. Haar Poorte het in die Aarde gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig.” (Klaagl. 2: 8-9), waarby enigiemand kan sien dat deur “muur,” “voorskans,” “poorte,” en “grendels” doktrinale dinge bedoel word. [5] Net so ook in Jes: “In dié dag sal hierdie lied gesing word in die Aarde van JeHûWdah: `n Sterk Stad het ons; Verlossing sal aangewys word tot mure en skanse. Maak oop die Poorte dat die regverdige nasie kan ingaan wat die Waarheid bewaar!” (Jes. 26: 1-2). Weereens: “JaHWeH, U is my Elohey! U sal ek verhoog; U Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen. Want U het `n Stad `n hoop klippe gemaak, van `n versterkte vesting `n puinhoop, `n paleis van verbasterdes, dat sy geen Stad meer is nie; vir ewig sal sy nie meer herbou word nie. Daarom sal `n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.” (Jes: 25: 1-3), waarin hierdie aanhaling nie `n verwysing is na enige spesifieke stad nie! In die profesie van Balak: “Ook sal Edom `n besitting wees; en Seïr, Sy vyande, sal `n besitting wees, maar JisraEL neem toe in krag. En laat daar Een uit Jakob heers en die oorblywendes uit die stede van Ar vernietig.” (Num. 24: 18-19), waar dit duidelik moet wees aan enigeen dat “stad” hier nie `n werklike stad beteken nie. In Jes: “Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie. Daar is `n gejammerte oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die Vreugde van die Aarde is verban.” ( Jes. 24: 10-11), waar die “verlate vesting” dui op die leegheid van die doktrine; en “strate” dui hier, net soos op ander plekke, op die dinge wat behoort aan die stad, of dit valshede of waarhede is al dan nie. In Joh. “En die sewende Boodskapper het sy beker uitgegooi in die lug, en `n groot Stem het uit die Tempel van die Hemele gekom, van die Troon af,...en die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval...” (Openb. 16: 17, 19). Dat die groot stad iets ketters beteken, en die “stede van die nasies” ook dieselfde beteken, moet aan almal duidelik wees. Dit word ook gesê dat die groot stad wat Johannes gesien het, die vrou was, (Openb. 17: 18); en dat die vrou `n kerk aandui van dieselfde karakter, was ook voorheen aangetoon.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205