DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 393

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

414. Dat om “in tente te woon” dit aandui van die liefde wat heilig is, is duidelik uit die betekenis van “tente” in die Woord. Soos in Dawid: “JaHWeH, wie mag vertoef in U Tent? Wie mag woon in die berg van U Apartheid? Hy wat rassuiwer wandel en Geregtigheid doen, en wat met sy hart die Waarheid spreek.” (Ps. 15: 1-2), waar dit in hierdie aanhaling gaan oor die “vertoef in die tent” of “woon in die berg van U Apartheid” wat heilige dinge van die liefde is, naamlik, deur “rassuiwer te wandel” en “geregtigheid te doen.” Weereens: “Hulle meetsnoer gaan reg oor die Aarde, en hulle woorde tot tot by die einde van die wêreld. Vir die Son het Hy in haar `n Tent gemaak.” (Ps. 19: 4), waar die “son” die liefde aandui. Weereens: “Ek wil in U Tent vertoef verewig, in U skuilplek van U Vleuels my verberg. (Ps. 61: 4), waar die “tent” dit aandui wat hemels is, en die “skuilplek van U vleuels” dit wat geestelik is wat daaruit ontleen is. In Jes: “En opgerig deur Medelye is U Troon, en Hy sal daarop sit in Waarheid in Dawid se Tent, `n Regter wat die Reg soek en gou is in Regverdigheid.” (Jes. 16: 5), waar die tent hier ook die heiligheid van die liefde aandui, soos gesien kan word by die noem van die “regter wat die reg soek” en “gou is in regverdigheid.” Weer: “Aanskou Sion, die Stad van ons feestelike samekoms! Jou oë sal Jerusalem sien as veilige woonplek, as Tent wat nie wegtrek nie.” (Jes. 33: 20), en hier praat hy van die hemelse Jerusalem. [2] In Jer. “So sê JaHWeH: Kyk, Ek verander die lot van die Tente van Jakob en sal My oor die Tabernakels ontferm; en die stad sal op Haar puinhoop herbou word.” (Jer. 30: 18); die “lot van die tente” dui op die verwoesting van dit wat heilig is, of van die heilige dinge van die liefde. In Amos: “In dié dag sal Ek die vervalle beskutting/takskuiling (tabernakel) van Dawid weer oprig, en Ek sal sy breukplekke toemaak en sy puinhope herstel, en Ek sal hom opbou soos in die ou tyd.” (Amos 9: 11), waar die beskutting (tabernakel) op dieselfde manier dit aandui wat hemels is, asook die heilige dinge wat daarvan afgelei word. In Jer: “Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele Aarde is verwoes; skielik is my Tente verwoes, My tentdoeke in `n oomblik.” (Jer. 4: 20). En op `n ander plek: “My Tent is verwoes en My lyne is afgeruk; My kinders het van My af weggegaan, en hulle is daar nie; daar is niemand meer wat My Tent uitspan en My Tentdoeke opsit nie.” (Jer 10: 20), waar die “tent” hemelse dinge aandui, en “tentdoeke” en “lyne” is geestelike dinge daaruit afgelei. Weereens: “Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en kamele meeneem...” (Jer. 49: 29), en spraeek hier oor Arabië en die seuns van die ooste waardeur hulle aangedui word wat die hemelse en of dit wat heilig is, besit. Weereens: “...Hy staan met Sy Regterhand soos `n teëstander en het gedood alles wat `n lus was in die Tent van die Dogter van Sion; Hy het Sy Grimmigheid uitgegiet soos vuur.” Klaagl. 2: 4), en spreek hier oor die verwoesting van die hemelse of heilige dinge van die geloof. [3] Die rede hoekom die term “tent” in die Woord gebruik word om die hemelse en die heilige dinge van die liefde te verteenwoordig, is dat in antieke tye het hulle die heilige ritus van aanbidding uitgevoer in `n tent. Maar toe hulle die tente begin besoedel en ontheilig deur besoedelde en onheilige aanbidding, was die tabernakel gebou, en daarna die tempel, en daarom verteenwoordig tente alles wat vervolgens aangedui word deur die tabernakel, en daarna deur die tempel. Vir dieselfde rede was `n heilige mens genoem `n “tent” `, “tabernakel” en `n “tempel” van die Meester. Dat `n “tent” `n tabernakel” en `n “tempel” dieselfde betekenis het, is duidelik in Dawid: “Een ding het ek van JaHWeH begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die Huis van JaHWeH, om die Lieflikheid van JaHWeH te aanskou en te ondersoek in Sy Tempel. Want Hy steek my weg in Sy Hut in die dag van besoedeling; Hy verberg my in die skuilplek van Sy Tent; Hy verhef my op die rots. En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in Sy Tent `n slagdier slag saam met krygsgeskreeu; Ek wil sing, ja, musiek maak tot eer van JaHWeH.” (Ps. 27: 4-6). [4] In die hoogste sin is die Meester in Sy Menswese en essensie die “tent” die “tabernakel” en die “tempel;” daarom word elke hemelse mens so genoem, en ook elke ding wat hemels en heilig is. Nou was dit so dat die Mees Antieke Kerk baie geliefd was deur die Meester as die ander kerke wat daarop gevolg het, en ook omdat die mense alleen en apart geleef het, dit is, in hulle eie families, en so die heilige aanbidding in hulle eie tente beoefen het, was die tente daarom gereken om meer heilig te wees as die tempel, wat later ontheilig is. In nagedagtenis daarvan was die fees van die tabernakels ingestel, wanneer hulle die oes van die aarde ingesamel het, gedurende waarvolgens hulle, soos die mees antieke mense, in tente gewoon het. (Lev. 23: 39-44; Deut. 16: 13; 12: 9).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205