DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 399

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

420. In die Woord word melding gemaak van verskeie instrumente, elkeen het sy eie betekenis, soos dit aangetoon sal word, op die korrekte plek, hier egter sal ons slegs aanhaal wat in Dawid gesê is: “Ek wil in Sy Tent `n slagdier slag saam met krygsgeskreeu; Ek wil sing, ja, musiek maak tot eer van JaHWeH.” (Ps. 27: 6), waar “tent” uitgedruk word dit wat hemels is, en deur “krygsgeskreeu” “sing” en “musiekmaak: dit wat geestelik daarvan afgelei is, voorstel. Weereens: “O Regverdiges, jubel voor JaHWeH! `n Loflied betaam die opregtes. Loof JaHWeH met die siter; maak musiek tot Sy eer met die tiensnarige harp. Sing tot Sy Eer `n nuwe lied; speel goed met [trompet] geklank. Want die Woord van JaHWeH is Reg, en al Sy dade is getrouheid.” (Ps. 33: 1-4), en dui die waarhede van die geloof aan. [2] Geestelike dinge, of die waarhede van die goeie van die geloof, word herdenk met die harp en Psalms, met gesang en ooreenkomstige instrumente, maar die heilige, of hemelse dinge van die geloof word herdenk met wind instrumente, soos trompette, fluite ens.; en dit was hoekom daar soveel instrumente so dikwels gebruik was in en om die tempel, ten einde hierdie of daardie onderwerp herdenk word met sekere instrumente; en gevolglik hiervan, word die instrumente verstaan uit die onderwerp wat herdenk word waarin hulle gebruik word. [3] Weereens: “So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, U Waarheid, my Elohey! Ek wil musiek maak tot U eer op die siter, o Aparte Een van JisraEL. My lippe sal hard sing as ek musiek maak tot U eer, en my Siel wat U verlos het.” (Ps. 71: 22, 23), waar ook die waarhede van die geloof aangedui word. Weereens: “Spreek tot JaHWeH met dank, maak musiek tot die eer van onse God met die sharp.” (Ps. 147: 7). “Met dank” het verwysing ten opsigte van die dinge van die geloof, en daarom word melding gemaak van “JaHWeH” en om “musiek met die harp” te maak, het verwysing na die geestelike dinge van die geloof, waarom van “God” hier gepraat word. Weereens: “Laat hulle Sy Naam loof in koordans, tot Hom musiek maak met die tamboeryn en harp.” (Ps. 149: 3), waar die “tamboeryn” die goeie aandui, en die “harp” die waarheid wat hulle loof. [4] Weereens: “Loof Hom met ramshoring geklank, loof hom met harp en siter. Loof Hom met tamboeryn en koordans, loof hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale.” (Ps. 150: 3,4,5). Hierdie instrumente dui die goeie en die waarhede van die geloof aan wat die onderwerp van lofprysing is, en niemand moet glo dat so baie verskillende instrumente sal hier genoem word, behalwe as elkeen `n afsonderlike betekenis het nie. Weereens, verwysend na die kennis van die goeie en die waarheid: “Stuur U lig en U waarheid; laat hulle my lei; laat hulle my bring na die berg van U Apartheid en na U Tabernakels, dat ek kan ingaan na die altaar van Elihim, na die El van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o Elohim Elohey! (Ps. 43: 3, 4) [5] In Jes. Verwysend na die dinge wat van die geloof is, en die kennis daarvan: “Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink. (Jes. 23: 16). Dieselfde word ook meer duidelik in Johannes uitgedruk: “En toe Hy die Boekrol neem, val die vier lewende Wesens en die vier-en-twintig oudstes voor die Lam neer, elkeen met harpe en goue bekers vol reukwerk, wat die gebede van die Apartes is.” Openb. 5: 8), waar dit duidelik moet wees aan almal dat die diere en oudstes geen harpe het nie, maar dat deur die harpe die waarhede van die geloof uitgedruk word, en die “goue bekers vol reukwerk” die goeie van die geloof is. In Dawid word die aanbieding op die instrumente genoem “lofprysinge” (Ps: 42: 5; 9:11; 18: 49; 22: 3; 27: 6). En in ander plekke soos in Johannes: “En ek het `n geluid uit die hemele gehoor soos die geluid van baie waters, en soos die geluid van `n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van harpspelers wat speel op hulle harpe. En hulle het `n nuwe lied gesing.” (Openb. 14: 2, 3). En op `n ander plek: “En die oorwinnaars oor die Dier en oor haar beeld en oor haar teken...het ek by die see van glas sien staan, met harpe van El. “ (Openb. 15: 2). Dit is werd om te noem dat engele en geeste onderskei klanke in ooreenstemming met hul verskille ten opsigte van die goeie en die waarheid, nie net daardie geproduseer in sang en instrumente nie, maar ook dié van stemme, en hulle laat niks toe, as dit wat in akkoord is, sodat daar `n harmonie van klanke kan wees, en gevolglik van alle instrumente, met die ingesteldheid en essensie van die goeie en die ware.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205