DIE BOEK GENESIS 1-450 Versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 405

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429.

426. Die “yster” dui op natuurlike waarheid, en is duidelik uit wat Eseg. Sê oor Tirus: “Tarsis het handel gedrywe met jou weens die menigte van allerhande goed; silwer, yster, tin en lood het hulle as handelsartikels aan jou gelewer. Wedan en Javan het uit Usal aan jou smee-yster as handelsartikels gelewer; kassie en kalmoes was onder jou koopware.” (Eseg. 27: 12, 19). Uit hierdie woorde, sowel as uit wat gesê is in dieselfde hoofstuk, is dit baie duidelik dat hemelse en geestelike rykdom hier bedoel word; en dat elke besondere uitdrukking, en selfs die name wat genoem word, `n spesifieke betekenis het, want die Woord van die meester is geestelik, en nie verbaal nie. [2] In Jer: “Kan `n mens yster breek, yster uit die noorde, en koper? Jou rykdom en jou skatte sal Ek as buit gee, sonder betaling; en dit weens al jou oortredinge en in jou hele grondgebied. (Jer. 15: 12-13), waar “yster” en “koper” die natuurlike waarheid en die goeie aandui.; dat dit uit die noorde kom, dui op dit wat sinlik en natuurlik is, want dit wat natuurlik is, relatief teenoor dit wat geestelik en hemels is, is soos dik duisternis (dit is, die “noorde”) relatief tot die lig of die “suide” of soos skaduwee, wat ook hier voorgestel word deur “Silla” wat die moeder is. [3] Weer in Eseg: “Verder, neem vir jou `n ysterpan en sit hom as `n ystermuur tussen jou en die Stad; en rig jou aangesig na haar, en sy sal beleër wees, en jy moet teen haar beleër” (Eseg 4: 3), waar dit ook duidelik is dat “yster” dui op krag of sterkte. Krag word toegeskryf aan die waarheid, omdat dit nie weerstaan kan word nie, en vir hierdie rede word dit gesê van yster- waarby die waarheid aangedui word, of die waarheid van die geloof- dit is, “om in stukke te breek” of “fyn gestamp” en “verpletter” soos in Daniël (2: 34, 40), en in Johannes: “En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde onderhou, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met `n Septer van Yster, soos erdegoed word hulle verbrysel...” (Openb. 2: 26-27). Weereens: “En sy het `n manlike Kind gebaar, wat al die nasies met `n Septer van Yster sou regeer;...” (Openb. 12: 5). [4] Dat `n “septer van Yster” die waarheid is, wat uit die Woord van die Meester kom, word verduidelik in Johannes: “Toe het ek die hemele geopend gesien; en daar was `n wit perd, en Hy wat daatop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in Geregtigheid. En hy was bekleed met `n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: die Woord van Elohim. En uit Sy mond gaan daar `n skerp Swaard om die nasies met haar te slaan; en Hy sal hul met `n Septer van Yster regeer.” (Openb. 19, 11, 13, 15).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205