Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

Ander Aardes in die Universum 1-50 (Afr) Emanuel Swedenborg – 1688-1772 Arcana Coelestia – Geheime van die Hemele. 1. Deur die Goddelike genade van die Meester is die innerlikes, wat van my gees is, vir my oopgemaak, en daarby is dit aan my toegestaan om te spreek met geeste en engele, nie net slegs met hulle wat naby ons Aarde is nie, maar ook met hulle wat naby ander Aardes is, omdat ek `n begeerte gehad het om te weet of daar ander Aardes is, en wat hulle gesteldheid is, en die kwaliteit van hulle inwoners, daarom is dit deur die Meester toegestaan om met geeste en engele van ander Aardes te praat en omgang met hulle te hê, met sommiges vir `n dag, met sommiges vir `n week, en met sommiges vir maande; en om deur hulle onderrig te word aangaande die Aardes, waar hulle die naaste aan was; en betreffende die lewens, gebruike, en aanbidding van die inwoners daarvan, en oor verskeie ander dinge wat geskik is om te vertel; en omdat dit op hierdie manier aan my toegestaan is om hierdie dinge te weet, is dit ook toegelaat om hulle te beskryf uit dit wat ek gehoor en gesien het. Dit is ook nodig om te weet dat alle geeste en engele van die menslike ras is; 1.1 en dat hulle naby hulle eie Aardes is; 1.2 en dat hulle weet wat is daar, en dat deur hulle kan die mens onderrig word, as sy innerlikes so ver oopgemaak is dat hy met hulle kan praat en met hulle verkeer; want die mens is in sy wese `n gees, 1.3 en hy is met sy innerlikes saam met die geeste, 1.4 daarom, hy wie se innerlikes deur die Meester oopgemaak is, mag met hulle spreek soos mens teenoor mens, 1.5 wat aan my toegestaan is nou al vir twaalf jaar. Uit die Arcana Coelestia; waar hierdie en die opvolgende notas verduidelik en gewys word.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205