Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

111. Die geeste en Inwoners van die Maan. Sekere geeste verskyn bokant die hoof, en toe word daar stemme gehoor soos donder; want hulle donder met hulle stemme soos die donder uit die wolke na die weerlig geslaan het. Ek neem waar dat dit `n groot menigte van geeste was, wat die kuns verstaan om stemme te uiter met so `n groot lawaai. Die meer eenvoudige geeste wat saam met my was, lag vir hulle, waaroor ek my grootliks verwonder. Die oorsaak van hulle gelag was gou ontdek en was as volg; dat die geeste wat so donder, nie baie was nie, maar slegs net `n paar, en was ook so groot soos seuntjies, en die geeste lag omdat hulle hul so die skrik op die lyf gejaag het met so `n lawaai, en was tog nie in staat om hulle enige skade aan te doen nie. Ten einde dat ek hulle kwaliteit kan bepaal, het sommiges hulle van bo af neergedaal vanwaar hulle gedonder het; en wat my verbaas, is dat die een `n ander een op die nek of op die rug dra, en dus het twee my genader. Hulle gesigte vertoon nie te onaardig nie, maar langer as die gesigte van ander geeste. Hulle statuur was dié van seuns van sewe jaar oud, maar baie meer robuust, dus was hulle dwerge. Ek was deur die engele vertel dat hulle van die Maan was. Hy wat op die ander een se rug gedra was, kom na my toe en heg hom aan my linkerkant onder die elmboog, en praat dan daarvandaan, en sê wanneer hulle praat, klink dit soos donderweer, en jaag die ander geeste wat hulle wil kwaad aandoen, die skrik op die lyf, en hulle vlug dan weg, en dat dit hulle sekuriteit is sover as wat hulle gaan. Dat ek verseker weet dat hulle hierdie geluid maak, gee hy so `n ent pad, maar nie heeltemal uit die oog nie, en donder op dieselfd manier. Hulle toon, bowendien, dat die stem geuiter word vanaf die buik, soos `n uitbarsting, en dit is wat hierdie geluid voortbring. En ek het waargeneem dat dit as gevolg van die feit is dat die inwoners van die Maan spreek nie uit hulle longe soos die inwoners van ander aardes nie, maar vanuit die buik, en dus van die lug wat daar vergader word, ook deur die rede dat die Maan nie omring word met `n atmosfeer soos die van ander aardes nie. Ek was onderrig dat die geeste van die Maan, in die Groot Kosmiese Mens, `n verwantskap het met die swaardvormige kraakbeen, waarmee die ribbes aan die voorkant aan mekaar gesit is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205