Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

123. Die Aardes in die Sterre Hemel. Hulle wat in die hemel is kan spreek en gesels met engele en geeste wat nie net van die aardes van hierdie sonnestelsel is nie, maar ook met hulle wat van ander aardes in die universum is wat buite hierdie sisteem lê; en ook nie net met die geeste en engele daar nie, maar ook met die inwoners self, maar slegs met hulle wie se innerlikes oopgemaak is, sodat hulle diegene kan hoor wat van die hemele af spreek. Dieselfde is die geval met die mens gedurende sy verblyf in die wêreld, aan wie dit toegestaan is deur die Meester om met engele en geeste te praat. Want die mens is `n gees in sy innerlikes, en die liggaam wat hy dra op die aarde dien slegs vir hom om sy funksies uit te voer in hierdie natuurlike of aardse sfeer, wat ook die laaste fase van sy liggaamlike bestaan is. Maar dit word aan niemand toegestaan om te praat met engele en geeste, tensy hy so is dat hy kan assosieer met engele wat betref geloof en liefde; ook kan hy nie assosieer, tensy hy geloof en liefde het teenoor die Meester, want die mens is verbind met die Meester deur geloof en liefde tot Hom, dit is, deur waarhede van die doktrine en die goeie van die lewe vanuit Hom, en wanneer hy verbind is met die Meester, is hy gevrywaar van die aanvalle van die bose geeste uit die hel. Met ander kan die innerlikes nie so ver oopgemaak word nie, siende dat hulle nie in die Meester is nie. Dit is die rede hoekom daar baie min is in hierdie dae aan wie dit toegestaan word om te praat en te gesels met die engele; en `n duidelike bewys daarvan is dat die bestaan van geeste en engele skaars geglo word in hierdie dag, nog minder dat hulle by elke mens is, en dat deur hulle het die mens `n aanknopingspunt met die hemel, en deur die hemel met die Meester. Nog minder word dit geglo dat die mens, wanneer hy in die liggaam sterf, verder lewe as `n gees, selfs in `n menslike vorm soos voorheen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205