Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

126. Dat daar baie wêrelde is, mag duidelik wees aan enigeen deurdat daar soveel konstellasies sigbaar is in die universum, en dit is bekend in die geleerde wêreld dat elke vaste ster soos `n son is op sy plek; want dit bly staties soos ons son van hierdie wêreld, en op sy plek, en die afstand maak dat dit klein voorkom in die vorm van `n ster. Gevolglik is dit soos ons son dat dit rondom hom ook sy planete het, wat inderwaarheid aardes is, en die rede dat hulle nie in ons sig verskyn nie, is omdat dit so `n ongelooflike afstand van ons is, en het slegs die lig van hulle ster, wat nie sover gereflekteer kan word soos tot hier by ons nie. Vir watter ander doel is daar so `n groot hemel met so baie sterre? Want die doel van die skepping is die mens, dat van die mens daar `n engele hemel kan wees. Wat kan die menslike ras, en daarom die engele hemel van een aarde vir die Oneindige Meester wees, vir wie `n duisend aardes, nee, tiene van duisende, nie genoeg sal wees nie? Deur `n berekening kom dit voor dat as daar `n miljoen aardes in die universum is, en mense op elke aarde tot `n syfer van drie-honderd-miljoen, en twee honderd generasies in ses duisend jaar, en aan elke mens of gees word daar `n spasie van drie kubieke meter gegee, sal die hele totaal van so baie mense en geeste, saamgevat in een liggaam, nog steeds nie die plek kan opvul van `n duisendste deel van hierdie aarde nie, dat dit miskien nie meer as `n enkele satelliet rondom die planeet Jupiter of Saturnus, wat `n spasie skaars waarneembaar in die universum, sal vul nie; want `n satelliet is skaars waarneembaar vir die naakte oog. Wat is dit vir die Skepper van die universum? Vir wie daar nie genoeg sal wees as die hele universum opgevul sal word nie, want Hyself is oneindig! Oor hierdie dinge het ek met engele gespreek wat sê dat hulle `n soortgelyke idee het oor die klein getal van die menslike ras in vergelyking met die oneindigheid van die Skepper, alhoewel hulle nie in terme van ruimte dink nie, maar uit die staat waarin hulle verkeer, en dat in ooreenstemming met hulle idee dat aardes tot die totaal van baie duisende miljoene-miljarde as wat deur die verstand opgeneem en verstaan kan word, sal steeds nog niks vir die Meester wees nie. Maar in dit wat nou gaan volg, sal die aardes in die sterrestelsels of hemele beskryf word deur ervaring van myself, waaruit dit ook duidelik sal wees hoe ek daarheen vervoer was ten opsigte van my gees, terwyl my liggaam op een plek gebly het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205