Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

149. Omdat die natuur van die geeste van daardie aarde so is, verskyn hulle voor die oë van ander geeste, nie soos ander, in `n gemanifesteerde menslike vorm nie, maar soos wolke, en vir die grootste deel soos `n donker wolk waarin daar gemeng is iets soos `n helder menslike voorkoms. Maar hulle sê dat hulle aan die binnekant wit is, en dat wanneer hulle engele word, verander die donker kleur in `n pragtige blou, wat ook aan my getoon is. Ek vra of hulle so `n idee van hulle liggaam gehad het toe hulle in die wêreld gelewe het. Hulle sê dat die mense van hulle aarde maak geen ophef van hulle liggame nie, maar slegs van die gees van die liggaam, want hulle weet dat dit sal lewe tot in ewigheid, maar die liggaam sal vergaan. Hulle sê ook dat baie op hulle aarde glo dat die gees van die liggaan is van die ewigheid, en was ingegiet in die liggaam by die verwekking. Maar hulle voeg by dat hulle nou weet dat dit nie so is nie, en hulle berou het deurdat hulle in so `n valse idee was. 95 Toe ek hulle vra of hulle wens om iets op ons aarde te sien, en sê dit kan gedoen word deur my oë (sien bo n. 135), antwoord hulle eers dat hulle nie kan nie, en dan dat hulle dit nie verkies nie, siende dat hulle slegs aardse en materieële dinge sal sien, waarvan af hulle hul denke verwyder so ver as wat dit moontlik is. Maar tog word daar voor hulle die pragtigste paleise vertoon, soos die van prinde en konings op ons aarde, want sulke dinge kan voor geeste vertoon word, en wanneer dit aangebied word, kom dit voor asof hulle daar is. Maar die geeste van daardie aarde plaas geen waarde daarop nie, en noem dit marmer beelde, en dan sê hulle dat hulle meer manjefieke eenhede het, wat hulle heiligdomme is, nie van klip nie, maar van hout. Toe dit aan hulle gesê word dat dit steeds aards is, antwoord hulle dat dit nie so is nie, maar hemels, omdat, wanneer hulle daarna kyk, het hulle nie `n aardse, maar hemelse idee, en glo dat hulle ook soortgelyke paleise sien in die hemel na die dood. Voetnotas 60.1. Invloei is geestelik, en nie fisies of natuurlik nie, gevolglik is invloei van die geestelike wêreld in die van die natuurlike, en nie van die natuurlike na die geestelike nie. (n. 3219, 5119, 5359, 5427, 5428, 5477, 6322). Dit kom voor dat invloei van die uiterlikes is in die mens se innerlikes, maar dit is `n dwaalbegrip. (n. 3721). 100. Van die natuurlike lig alleen is niks bekend van die Meester, van die Hemel en die Hel, van die lewe van die mens na die dood, en van Goddelike waarhede nie, waardeur die mens `n geestelike en ewige lewe het (n. 8944, 10318- 10320). Dit kom voor hieruit, dat baie, en tussen hulle die geleerdes, nie hierdie dinge glo nie, alhoewel hulle gebore is waar die Woord is, en waar daar onderrig is deur die Woord aangaande hierdie dinge (n. 10319). Daarom was dit nodig dat daar `n openbaring gegee word vanaf die hemel, omdat die mens gebore is vir die hemel. (n. 1775). 61.1 Die heidene in die ander lewe word onderrig deur engele, en hulle wat goed gelewe het in ooreenstemming met hul godsdienstige beginsels, ontvang die waarhede van die geloof, en erken die Meester. (n. 2049, 2595, 2598, 2600, 2601, 2603, 2661, 2863, 3263). 119.1 Die Woord word in die hemele anders verstaan van wat verstaan word deur die mens op die aardes, en dat die innerlike of geestelike sin is vir die engele, maar die eksterne of natuurlike sin is vir die mens (n. 1769-1772, 1887, 2143, 2333, 2396, 2540, 2541, 2545, 2552). Die Woord is `n verbinding met die hemel en die aarde (n. 2310, 2495, 9212, 9216, 9357, 10357). Daarom is die Woord in korrespondensie geskryf (n. 1404, 1408, 1409, 1540, 1519, 1659, 1709, 1783, 8615, 10687). In die mees innerlike sin van die Woord word slegs die Meester en Sy koninkryk behandel (n. 1873, 2249, 2523, 7014, 9357). 122.1 Die Woord in die letterlike sin is natuurlik (n. 8783). Die gronde van wat natuurlik is, is die finale of die einde, waarin die geestelike en die hemelse dinge toemaak, en waarop hulle bestaan asof op `n fondasie, andersins dat die innerlike of geestelike sin van die Woord sonder die eksterne of natuurlike sin, sal wees soos `n huis sonder `n fondasie (n. 9430, 9433, 9824, 10044, 10136). 122.2 Die Woord is die Meester ten opsigte van die Goddelike waarheid, dus die Goddelike waarheid van die Meester (n. 2859, 4692, 5075, 9987) Deur die Goddelike waarheid was alle dinge geskep en gemaak (n. 2803, 2884, 5272, 7835). 52.1 Beweging, voorentoe gaan, en veandering van plek in die ander lewe is veranderinge van die staat van die innerlikes van die lewe, en steeds kom dit vir engele en geeste voor as `n werklike verandering van plek (n. 1273-1277, 1377, 3356, 5605, 10734). 53. Die mens na sy dood behou sy geheue van al sy dinge in die wêreld (n. 2476-2486). 54.1 Die ligte in die hemele is groot (n. 1117, 1521, 1522, 1533, 1619-1632, 4527. 5400, 8644) Al die in die hemel is van die Meester as die son aldaar. (n. 1053, 1521, 3195, 3341, 3636, 4415, 9548, 9684, 10809). Die Goddelike waarheid wat van die Meester afkomstig is, vertoon in die hemele as ligte (n. 3195, 3222, 5400, 8644, 9399, 9548, 9684). Die lig verlig beide die sig en die intelligensie van die mens. (n. 1524, 3138. 3167, 4408, 6608, 8707, 9128, 9399, 10569). 66. Die mens se eksterne sensuele word in die geestelike wêreld verteenwoordig deur slange, omdat dit van die laagste dinge is, en in vergelyking met die innerlikes van die mens, lê op die grond asof dit kruipende dinge is; en dat dit dan slange genoem word, wat uit daardie sensuele argumenteer. (n. 195-197, 6398, 6949). oooooooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOOooooooooooooooooooo

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205