Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

156. Die geeste van daardie aarde verskyn bokant in die plek van die kop, nader aan die regterkant. Alle geeste word onderskei deur hulle verhouding ten opsigte van die liggaam, en vir die rede dat die gehele hemel korrespondeer met alle dinge van die mens 156.1 Hierdie geeste hou hulleself op daardie plek en op `n afstand omdat hulle korrespondensie nie met die eksterne van die mens is nie, maar met die innerlikes. Hulle aksie is in die linker knie, bokant en `n bietjie ondertoe, met `n sekere sensitiewe vibrasie; wat `n teken is dat hulle korrespondeer met die samevoeging van die natuurlike en hemelse dinge. 61 `n Vierdie aarde in die sterbelaaide hemel; sy geeste en inwoners. Ek was verder vervoer na nog `n ander aarde in die universum anderkant ons sonnestelsel, wat geraak word deur die veranderinge van die status van die denke, en dus ten opsigte van die gees. Want, soos alreeds voorheen gesê, die gees word vervoer van plek tot plek op geen ander manier as op die verandering van die staat van die innerlikes, waarvan die veranderinge voorkom asof dit beweging is van plek tot plek, of soos reise van een plek tot die ander. Hierdie veranderinge duur voortdurend vir ongeveer tien ure, voordat die staat van my lewe aankom by die staat van hulle lewe, dus voordat ek daar gebring was ten opsigte van my gees. Ek was gebring teenoor die ooste na die linkerkant, en dit blyk dat ek opgelig is bokant die vlak van die horison. En dit was ook aan my gegee om baie duidelik waar te neem die opstyging van die plek waar ek voorheen gewees het, tot op `n stadium dat ek hulle wat ek verlaat het, nie meer kan sien nie. Intussen spreek ek oor verskeie onderwerpe met die geeste wat saam met my gegaan het. `n Sekere gees was ook saam met ons wat, toe hy nog in die wêreld gelewe het, `n aartsbiskop en leraar was, en ook `n baie patetiese skrywer daarby. Uit my idee van hom was dat die geeste wat ons vergesel, veronderstel dat hy in die hart `n besondere Christen was. Want in die wêreld word `n idee ontvang en `n mening gevorm uit `n persoon se prediking en geskrifte, en nie uit sy lewe nie, tensy dit opvallend is, en as daar enigiets teenstrydig in sy lewe is, word dit nogtans oorgesien; want die idee, of die gedagte en waarneming aangaande enigeen, trek alles na sy eie kant.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205