Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 157

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

160. Ek het agterna met daardie engele gespreek aangaande hulle aarde; want alle geeste weet dinge betreffende hulle aarde wanneer hulle natuurlike of eksterne geheue deur die Meester oopgemaak is; siende dat hulle dit uit die wêreld het, maar dit is nie geopen behalwe deur die goedgunstelikheid van die Meester nie. Die engele sê dan ten opsigte van hulle aarde waarvan hulle is, dat wanneer toestemming aan hulle verleen word, verskyn hulle aan die inwoners van hulle aarde, en spreek met hulle soos mense; en dit word gedoen deur hulle in hulle natuurlike of eksterne geheue in te laat, en dus in so `n denke waarin hulle was toe hulle in hulle wêreld gelewe het; en dat die inwoners dan hulle innerlike sig, of die sig van hulle gees, geopen kry, waardeur hulle hul dan kan sien. Die inwoners weet nie dat hulle nie mense van hulle aarde is nie, maar wel geeste, en word dit eers gewaar dat hulle nie mense was nie, wanneer hulle skielik weggeneem word uit hulle sig. Ek vertel hulle dat die geval ook so was op ons aarde, soos met Abraham, Sarah, Lot, die inwoners van Sodom, Manoah en sy vrou, Joshua, Maria, Elizabeth, en die Profete in die algemeen, en dat die Meester ook op hierdie manier verskyn, en hulle wat Hom gesien het, het nie geweet nie, maar dat Hy `n gewone mens was van die aarde, voordat Hy Homself geopenbaar het. Maar dit word skaars in hierdie dag gedoen, behalwe wanneer dit noodsaaklik is dat hulle glo; maar `n noodsaaklike geloof, soos een wat ingang vind deur wonderwerke, is nie standvastig nie, en is ook skadelik vir hulle by wie so `n geloof deur noodsaaklikheid deur die Woord ingeplant is, soos deur wonderwerke.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205