Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

165. Eindelik gesels ek met die geeste van daardie aarde oor die geloof van die inwoners van ons aarde aangaande die opstanding of opwekking van die mens, dat hulle nie kan verstaan of begryp hoe die mens in die ander lewe aankom onmiddelik na die dood nie, en dan voorkom soos `n mens ten opsigte van sy gesig, liggaam, arms, voete, en al die sintuie, beide intern en ekstern; en nog minder dat hulle geklee is met klere en het huise en woonplekke. En die rede is dat die meeste dink uit die sinlike dinge wat van die liggaam is, en glo daarom nie in die bestaan van wat hulle nie kan sien en voel nie. En baie min van hulle kan weggetrek word van die eksterne sinlike dinge na dit wat innerlik is, en om so verhoog te word in die lig van die hemel waarin sulke innerlike dinge waargeneem kan word. Daarom is dit, dat ten opsigte van hulle siel of gees kan hulle nie as `n mens `n idee vorm hoe die mens in die anderkant voorkom nie, maar dink dat dit `n wind is, of lug, of `n asem sonder enige vorm, waarin daar tog iets is wat lewe. Daarom glo hulle dat hulle eers sal opstaan aan die einde van die wêreld, wat hulle die “Laaste Oordeel” noem, waarin hulle glo dat die liggaam, alhoewel vervalle tot stof en verstrooi na al die winde, teruggebring sal word en weer verenig word met die siel en gees. Ek voeg by dat hulle toegelaat word om dit te glo, vir die rede dat hulle wat dink uit dit wat ekstern en sinlik is, soos gesê, nie enige idee kan vorm, as dat een se siel of gees slegs kan lewe as `n mens in die menslike vorm, as hy weer sy liggaam terugkry wat hy in die lewe gehad het in hierdie wêreld. En daarom, tensy jy sê dat dit weer sal opstaan, sal hulle dit verwerp in hulle harte, asook die doktrine van `n opstanding en `n ewige lewe, want dit is vir hulle onverstaanbaar. Maar nogtans het die gedagte oor die opstanding sy waarde in dit, dat hulle glo in `n lewe na die dood, waaruit die geloof volg dat wanneer hulle siek in die bed lê en nie soos voorheen dink uit wat wêreldlik en liggaamlik is, dus nie uit dinge wat sinlik is nie, dan glo hulle dat hulle sal lewe onmiddelik na die dood, en lê hulle doktrine van die “Laaste Oordeel” eenkant. Ek het hierdie geeste verder vertel, dat ek somtyds wonder dat hulle wat in die geloof is, praat van die lewe na die dood, en van hulle vriende wat sterwend is of wat alreeds dood is, en dink nie terselfdertyd aan die “Laaste Oordeel” nie, dan glo hulle dat hulle onmiddelik na die dood sal lewe soos `n mens. Maar hierdie idee, so gou as wat die gedagte van die “Laaste Oordeel” binnevloei, word verander in `n materieële idee aangaande hulle aardse liggaam, dat dit weer saamgevoeg sal word met die siel. Want hulle weet nie dat elke mens `n gees is wat sy innerlikes betref, en dat dit die gees is wat lewe in die liggaam en in al sy dele, en nie die liggaam self nie; en dat dit van die gees van elkeen is dat die liggaam `n menslike vorm het, en dat dit die gees is wat hoofsaaklik die mens is, en in `n soortgelyke vorm, maar onsigbaar vir die oog van die liggaam, maar tog sigbaar vir die oë van die geeste. Daarom ook wanneer die sig van `n mens se gees geopen is, wat plaasvind deur die verwydering van die sig van die liggaam, verskyn engele soos `n mens. So het die engele aan die antieke mense verskyn, soos dit in die Woord voorkom. Ek het somtyds ook met geeste gespreek wat ek geken het toe hulle in die wêreld gelewe het, en ek het hulle gevra of hulle wens om weer beklee te wees met hulle aardse liggame, soos wat hulle eens gedink het. Toe hulle dit hoor, net by die idee van `n samevoeging met `n liggaam, vlug hulle weg, en word met verstomming geslaan dat hulle in die wêreld hierdie gedagte kon gehad het sonder om te verstaan.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205