Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

169. Toe die engele geeste wat van daardie aarde was, in sig kom, groet hulle ons, en vra wie ons is, en wat wil ons hê. Ons sê ons kom ter wille van die reis, en dat ons hiernatoe verwys is, en dat hulle niks te vrees het van ons kant af nie; want hulle was bang dat ons van daardie was wat hulle kom omkrap ten opsigte van God, tot die geloof, en dinge met daardie strekking, op grond waarvan hulle hulself verwyder het tot daardie kwartier van hulle aarde, en vermy hulle soveel as moontlik. Ons vra op watter manier en waarin word hulle gepla. Hulle antwoord, deur die idee van drie, en deur die idee van die Goddelike sonder `n Menslike vorm, in God, wanneer hulle weet en waarneem dat God Een is, en dat Hy `n Mens is. En dit was toe waargeneem dat hulle wat hulle so omkrap, en wie hulle vermy, van ons aarde af kom. Dit was ook duidelik, dat daar van ons aarde af geeste is wat in die ander lewe rondswerf deur die liefde vir reis, wat hulle op die aarde aangeleer het; want op ander aardes is daar nie so `n gewoonte om rond te reis as soos by ons nie. Dit was toe ontdek dat hulle monnike was, wat op ons aarde rondgereis het met die begeerte om die heidene te bekeer; daarom het ons hulle vertel dat hulle goed gedoen het om hulle te vermy, omdat hulle bedoeling was om nie te onderrig nie, maar om winste te bekom en dan ook heerskappy; en dat hulle eers verskeie kunste bestudeer voordat hulle die denke van die mens gevange neem, maar agterna hulle onderdanig aan hulle maak soos slawe. Bowendien, dat hulle goed gedoen het dat daar nie inbreuk gemaak is op hulle idee van die Godheid nie. Hulle sê verder dat die genoemde geeste hulle verwar deur hulle te verseker dat hulle geloof behoort te hê en om die dinge wat hulle sê te glo, maar hulle het hulle geantwoord, dat hulle nie weet wat geloof is nie, en wat bedoel word deur te glo, siende dat hulle kan waarneem binne in hulself wanneer `n ding waar is of nie. Hulle was van die Meester se hemelse koningkryk, waar almal deur `n innerlike waarneming die waarhede weet wat by ons die waarheid van die geloof genoem word, want hulle is in verligting vanuit die Meester; maar dit is anders met hulle wat in die geestelike koninkryk is. Dat die engele geeste van daardie aarde van die Meester se hemelse koninkryk is, was dit aan my toegestaan om die vlammende lig te sien waaruit hulle idees voortkom, want die lig in die hemelse koninkryk is vlammend, en in die geestelike koninkryk is dit wit. Hulle wat van die hemelse koninkryk is, waar die gesprek gaan oor waarhede, sê hulle nie meer as ja, ja, en nee, nee, en sal nooit daaroor argumenteer of dit so is of nie. Dit is hulle waarvan die Meester spreek: “Maar laat julle woord wees: Ja, ja, nee, nee. Wat meer as dit is is uit die bose.” (Mat. 5: 37). Daarom is dit dat daardie geeste gesê het dat hulle nie weet wat dit is om geloof te hê of om te glo nie. Dit is soos een persoon wat vir sy metgesel sê dat hy huise en bome sien, en dat sy metgesel geloof moet hê dat dit so is, terwyl die metgesel self met sy eie oë die huise en bome kan sien. So is hulle wat van die Meester se hemelse koninkryk is. 169.1. Ons vertel hulle dat daar maar net `n paar is op ons aarde wat innerlike waarneming het, omdat die ander in hulle jeugjare waarhede geleer het, maar dit nie gedoen het nie. Want die mens het twee aanlegte of talente, wat genoem word die intelligensie en die wil; hulle wat die waarheid nie verder toelaat as die geheue nie, en daarom op `n baie klein graad in die intelligensie, en nie in die lewe nie, dit is, in die wil, is hulle wat in daardie mate nie in staat is tot enige verligting nie, of innerlike sig uit die Meester, en sê dat daardie waarhede geglo moet word, of dat hulle voorwerpe van geloof is, en argumenteer ook daaroor of dit die waarheid is of nie, ja, hulle is nie gewillig om waar te neem deur die innerlike sig, of enige verligting in die intelligensie nie. Hulle sê dit, omdat die waarheid by hulle sonder die lig van die hemel is, en vir hulle wat sien sonder lig vanuit die hemel, mag valsheid ook voorkom soos waarheid, en waarheid soos valshede, daarom het so `n groot blindheid so baie vasgevang, en alhoewel hulle nie die waarheid doen of daarvolgens lewe nie, sê hulle nog steeds dat hulle deur geloof alleen gered kan word, asof dit die kennis van die dinge van die geloof is wat die mens uitmaak, en nie die lewe in ooreenstemming met daardie kennis nie. Ons het agterna met hulle gesels oor die Meester, en oor wedergeboorte; en sê om die Meester lief te hê is om die gebooie lief te hê wat van Hom af is, en om dit te doen uit liefde uit. 169.2 Die liefde teenoor die naaste is om die goeie te wil en daarom goed te doen aan jou medeburger, aan jou land, aan jou kerk, en aan die Meester se koninkryk, maar nie ter wille van die self nie, om gesien te word, of om verdienste of meriete, maar uit die emosie van die goeie. 169.3 Wat betref die wedergeboorte het ons gesien of waargeneem, dat hulle wat deur die Meester wedergebore is, en waarhede onmiddelik aan die lewe doen, kom in `n innerlike waarneming betreffende dit; maar hulle wat waarhede eerste in die geheue ontvang, en om dit agterna te wil en te doen, is hulle wat in die geloof is, want hulle handel uit geloof, wat dan gewete genoem word. Hulle sê dat hulle die dinge waarneem dat dit so is, en neem dan ook waar wat geloof is. Ek het met hulle deur geestelike idees gesels, waardeur sulke dinge vertoon en verstaan kan word word in die lig.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205