Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

170. Die geeste met wie ek nou gesels, is van die noordelike deel van hulle aarde. Ek was agterna gelei na ander wat van die westelike deel was. Hulle ook, wens om uit te vind wie en wat ek was, en sê onmiddelik dat daar niks in my was behalwe boosheid, en dink daaraan om my te verhoed om nader te kom. Dit was waargeneem dat dit hulle manier was van begroeting aan almal wat na hulle kom; maar dit is aan my toegestaan om hulle te antwoord dat ek dit weet dat dit so is, en dat ook met hulle daar niks is behalwe boosheid, oor die rede dat almal en elkeen in boosheid gebore is, en daarom, wat ookal kom van mens, gees en engel, is uit homself, of sy persoonlike individualiteit (proprium), en dit is niks anders as boosheid nie, sover so, dat alles wat goed is by elkeen, slegs net uit die Meester is. Daarom het hulle waargeneem dat ek in die waarheid is, en ek was toegelaat om met hulle te spreek. En toe wys hulle my hulle idee betreffende die boosheid met die mens, en ten opsigte van die goeie uit die Meester, hoe hulle afgeskei is van die ander. Hulle plaas een naby `n ander, maar digby, sodat die goeie die boosheid lei, en hou dit in toom, in sover dat dit nie toegelaat word om na willekeur te handel nie, en so buig die goeie die boosheid in watter rigting ookal begeer word, sonder dat die boosheid dit weet. Op hierdie manier vertoon hulle die heerskappy van die goeie oor die boosheid, en terselfdertyd `n staat van vryheid. Hulle vra toe hoe die Meester aan die engele van ons aarde verskyn. Ek sê Hy verskyn in die son as `n Mens, omring daarbinne met sonvuur, waaruit die engele in die hemele al hulle lig het, en dat die hitte wat daaruit tevoorskyn kom, die Goddelike goeie is, en dat die lig wat daaruit tevoorskyn kom, die Goddelike waarheid is, en elkeen uit Goddelike liefde, wat die vuur is wat die Meester omring in daardie son. Alhoewel, daardie son verskyn slegs aan die engele in die hemel, en nie aan die engele wat daaronder is nie, siende dat hulle verder verwyderd is van die ontvangs van die goeie van die liefde en van die waarheid van geloof, as die engele wat in die hemele is (sien bo, n. 40). Dit was aan hulle toegestaan om navrae te doen aangaande die Meester, en aangaande Sy verskyning aan die engele van ons aarde, want dit het die Meester behaag om Homself aan te bied voor hulle, en om die dinge wat hulle omgekrap het, deur die bose geeste waaroor hulle gekla het, in hulle orde te verminder. Dit was ook die rede waarom ek daarheen gelei was, dat ek hierdie dinge mag sien.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205