Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

171. Daar was nou `n donker wolk teenoor die ooste, wat afdaal vanaf hoog bokant, wat met sy afdaling helder blinkend voorkom, en ook in menslike vorm; en hierdie vorm verskyn dan ook as `n brandende, vlammende uitstraling, waar rondom daar klein sterretjies van dieselfde kleur is. Op hierdie manier bied die Meester Homself aan voor die geeste met wie ek gepraat het. Om hierdie Teenwoordigheid het al die geeste wat daar teenwoordig was, vergader van alle kante af, en soos wat hulle kom, was die goeies afgeskei van die boses, asof uit hulleself. En hulle aan die regterkant was georganiseer ooreenkomstig die kwaliteit van hulle goeie, en hulle aan die linkerkant ooreenkomstig die kwaliteit van hulle boosheid. Die goeie was toe gelos om `n hemelse gemeenskap te vorm tussen hulleself, maar die boses was in die hel gewerp. Ek het agterna gesien dat hierdie glans redelik diep afdaal in die laer dele van daardie aarde, en dan verskyn dit, nou vlammend en grens aan skitterende helderheid, en daardie helderheid grens aan ondeursigtigheid, en nou heeltemal donker. En ek was deur die engele vertel dat die verskyning in ooreenstemming is met die ontvangs van die waarheid uit die goeie, en van valshede uit die bose, met hulle wat die laer dele van die aarde bewoon; en dat die vlamende skittering glad nie sulke variasies ondergaan het nie. Hulle sê ook dat die laer dele van daardie aarde bewoon word deur sowel die goeies as die boses, maar goed afgeskei van mekaar, ten einde dat die boosheid regeer kan word deur die goeie deur die Meester. Hulle voeg by dat die goeies met rukke opgeneem word na die hemel deur die Meester, en ander volg in hulle plekke, en so gaan dit voortdurend aan. In daardie afdaling was die goeie op dieselfde manier afgeskei van die boses, en alle dinge was in hulle orde gebring. Want die boses, deur verskeie kunste en listigheid, het hulleself ingedring in die woonplekke van die goeies, en hulle so besoedel, en dat dit die rede vir die besoek aan hulle in die onderste dele was. Daardie wolk, wat in sy afdaling gaandeweg blinkend voorgekom het, en ook in menslike vorm, en weer in `n vlamende uitstraling, was `n engele gemeenskap, waarbinne in die middel die Meester was, en uit dit was dit gegee om te weet wat bedoel word met die Meester se Woorde in die Evangelis, waar Hy praat van die “Laaste Oordeel,” dat Hy sal kom met die engele in die wolke van die hemel met groot glorie en krag: “En dan sal die teken van die Seun van die Mens in die hemel verskyn, en dan sal die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die Mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.” (Matt. 24: 30).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205