Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

42. Dit moet geweet word dat die son van die wêreld verskyn nie aan enige gees nie, ook nie enigiets van die lig daarvan nie. Die lig van die aarde se son is soos dik duisternis vir die geeste en engele. Hierdie son vertoef slegs in die geheue en gewaarwording in die geeste wat dit gesien het gedurende hulle verblyf in die wêreld, en word aan hulle gebied as `n idee as iets donkers, en dan ook op `n aansienlike distansie, op `n hoogte `n bietjie bokant die vlak van die hoof. Die planete van ons son wat in sy sisteem is, verskyn in ooreenstemming met die afgebakende situasie ten opsigte van die son; Mercurius heel agter, `n bietjie na die regterkant, die planeet Venus na die linkerkant, `n bietjie agtertoe; die planeet Mars na die linkerkant na vore, die planeet Jupiter op soortgelyke manier na die linkerkant na vore, maar op `n groter afstand, die planeet Saturnus direk voor, op `n aansienlike afstand, die maan na die linkerkant, op `n aansienlike hoogte; die satelliete ook na die linkerkant ten opsigte van hulle planeet. So is die situasie van daardie planete in die idees van die geeste en engele; geeste verskyn ook naby hul planete, maar buite hulle. Maar wat betref die besonderse oor die geeste van Mercurius, hulle verskyn nie in enige besonderse kwartier, of op enige sekere distansie nie, maar somtyds hier voor, somtyds na die linkerkant, somtyds `n bietjie na agtertoe, die rede is, omdat hulle toegelaat word om deur die universum te swerwe om vir hulleself kennis te vergader.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205