Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

49. Hulle sê verder dat hulle daar onderskei word in nasies, families, en huise, en dat hulle almal apart lewe met hulle eie bloedverwante, en daarom is hulle interaksie beperk tot familielede; en dat nie een begeer die goedere van ander nie, en dat dit nooit in hulle gedagtes opkom om die goedere en besittings van ander te begeer nie, nog minder om dit deur bedrog te verkry, en die minste van almal, om in te breek en te plunder. Dit beskou hulle as `n misdaad teenoor die menslike natuur, en beskou dit as afskuwelik. Toe ek hulle vertel dat op hierdie aarde is daar oorloë, plundering, roof, verwoesting, en moorde, draai hulle weg, en was onwillig om dit verder te hoor. Dit was deur die engele aan my verklaar dat die mees antieke mense op hierdie aarde net so geleef het, naamlik, dat hulle onderskei was in nasies, families en huise en dat almal in daardie tyd tevrede was met sy eie besittings en dat dit `n onbekende ding was vir `n persoon om homself te verryk uit die goedere van ander, en om domminasie te hê uit self liefde, en op grond hiervan was die mens in die antieke tye, en veral die mees antieke tyd, meer aanvaarbaar vir die Meester as in die opvolgende tye; en so was die staat van die wêreld, dat onskuld regeer het, en met dit die wysheid; elkeen het toe die goeie uit die goeie gedoen, en wat reg is uit geregtigheid. Om te doen wat goed en reg is met die oog op eer, of gewin, was toe nog onbekend, en terselfdertyd het hulle niks gespreek anders as die waarheid nie, en dit nie soseer uit die waarheid nie, maar uit die goeie, dit is, nie uit die intelligensie afgeskei van die wil nie, maar uit die wil verenig met die intelligensie. So was die antieke tye; en dit is hoekom engele gesprekke kan voer met die mens, en dit in hulle denke meedeel, amper afgeskei van dinge liggaamlik, in die hemel, ja, om hulle te vergesel en toon aan hulle die wonderbaarlike en geseënde dinge daar, en net so om hulle geluksaligheid en heerlikhede aan hulle te kommunikeer. Hierdie tye was ook bekend aan die antieke skrywers, en was deur hulle die goue en Saturnistiese eeue genoem. Die rede dat daardie tye so was, was te wyte dat die mens onderskei was in nasies, nasies in families, en families in huise, en elke huis lewe apart op homself, en dit het nooit in enigeen se gedagtes opgekom om die ander se erfenis te betree, en vir homself rykdom en domminasie te verkry nie. Self liefde en die liefde van die wêreld was toe ver verwyderd; elkeen het hom in sy eie verbly, en nie minder in sy naaste se goeie nie. Maar in die opvolgende tye het die toneel verander, en is totaal omgekeer, wanneer die lus van domminasie en van groot besittings hulle denke binne gesluip het. Toe het die mensdom, ter wille van selfverdediging, hulle self bymekaar gevoeg in koninkryke en groot ryke, en omdat die wette van naasteliefde en van die gewete wat ingeskryf was in hulle harte, nou vervaag het, was dit nodig om sekere wette in die lewe te roep in `n poging om die geweld te onderdruk, waarin eer en wins die vergoeding was, en die gebrek om gehoor te gee, strawwe daaroor. Toe die staat van die wêreld so verander het, het die hemel homself van die mens verwyder, en dus meer en meer tot op die huidige eeu en tydstip, wanneer dit nou nie meer bekend is dat daar `n hemel en `n hel is nie, ja, deur sommiges ontken word. Hierdie dinge word gesê, dat dit geïllustreer mag word deur `n parralel, wat die staat van die inwoners van die aarde Jupiter is, en waarvandaan hulle hul opregtheid gekry het, en ook hulle wysheid, waaroor meer later gesê sal word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205