Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

50. Deur `n lang gesprek met die geeste van Jupiter, was dit aan my duidelik gemaak dat hulle meer opreg was as die geeste van die meeste ander aardes. Die manier van hulle toenadering aan my, hulle verblyf by my, en hulle invloei op daardie tyd, was onuitspreeklik sag, soet en en liefdadig. In die ander lewe sal die kwaliteit van elke gees homself manifesteer deur `n invloei, wat die kommunikasie is van sy emosie, sy opregtheid deur sagtheid en deur sy soetheid, en sagtheid omdat hy vrees om seer te maak, en deur soetheid, omdat hy dit liefhet om goed te doen. Ek kon duidelik `n verskil onderskei tussen die sagtheid van die geeste van Jupiter en van hulle wat voortkom uit die geeste van ons aarde. Wanner daar die geringste verskil ontstaan tussen hulle, sê hulle ontstaan daar `n soort verligte uitstraling, soos die van weerlig, of die windsel wat die wandelende sterre omvat; maar alle verskille tussen hulle word spoedig geskik. Skitterende sterre, wat terselfdertyd wandelende sterre is, dui op dit wat vals is; maar gevestigde sterre dui op dit wat wat waar is; dus die vorige dui op verskille. 50.1 oooooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOoooooooooooooooooo Voetnotas Daar is geen geeste wat nie van die menslike geslag is nie (n. 1880). Die geeste van elke aarde is naby aan hulle eie aarde, omdat hulle van die inwoners van daardie aarde was, en van dieselfde genius; en hulle is diensbaar aan daardie inwoners. (n. 9968). Die siel, wat lewe na die dood, is die gees van die mens, wat die werklike mens in hom is. En verskyn ook in die ander lewe in `n perfekte menslike vorm (n. 322, 1880, 1881, 3633, 4622, 4735, 6054, 6605, 6626, 7021, 10,594). Die mens, selfs wanneer hy in die wêreld is, is met sy innerlikes saam met sy gees of siel in die middel van geeste en engele, van `n kwaliteit soos wat hyself is (n. 2379, 3645, 4067, 4073, 4077). Die mens kan praat met geeste en engele, en die antieke mense op ons aarde het gereeld met hulle gepraat (n. 67-69, 784, 1634, 1636, 7802). Maar in vandag se dae is dit gevaarlik om met hulle te praat, behalwe as die mens in die ware geloof is, en gelei word deur die Meester (n. 784, 9438, 10,751). 5.1. Die hemel korrespondeer met die Meester, en die mens met elke en alle dinge korrespondeer met die hemel, en voor die Meester is die hemel `n mens in `n groot beeltenis, en word genoem die “Grootste Mens” (n. 2996, 2998, 3624-3649, 3636-3643, 3741-3745, 4625). Aangaande die korrespondensie van die mens, en al die dinge behorende aan hom, met die “Grootste Mens” wat die hemel self is, in die algemeen, en uit ervaring (n. 3021, 3624-3649, 3741-3751, 3383-3896, 4039-4051, 4215-4228, 4318-4331, 4403-4421, 4527-4533, 4652-4660, 4791-4805, 4931-4935, 5050-5061, 5171-5189, 5377-5396, 5552-5573, 5711-5727, 10030) 11.1. Geeste gaan in alle dinge van die menslike geheue in, maar nie uit hulle eie geheue nie (n. 2488, 5863, 6192, 6193, 6198, 6199, 6214). Engele gaan die emosies en oogmerke binne, waaruit en ter wille van waaruit die mens dink, wil, en handel in so en so manier en nie anders nie. (n. 1317, 1645, 5844). 13.1. Dat die geeste wat met die mens is, is in besit van alle dinge behorende tot sy geheue (n. 5853, 5857, 5859, 5860). 15.1. Dat in die hemele `n kommunikasie van alle goeie gegee word, aangesien dit die eiendom van hemelse liefde is om al sy besittings te kommunikeer met ander; en dat engele daarom daaruit wysheid en geluksaligheid verkry. (n. 549, 550, 1390, 1391, 1399, 10, 130, 10,723). 22.1. Die oog korrespondeer met die intelligensie, omdat die intelligensie die innerlike sig van dinge immaterieël is (n. 2701, 4410, 4526, 9051, 10,569). Die sig van die linkeroog korrespondeer met waarhede, gevolglik met intelligensie, en die sig van die regteroog korrespondeer met die goeie van die waarheid, gevolglik met die wysheid (n. 4410). 25.1 In die hemele word daar `n kommunikasie gegee van al die goeie, aangesien dit die besitting van die hemelse liefde is, en dus om al sy besittings te kommunikeer met ander, en daaruit ontvang die engele wysheid en geluk. (10.723). 30.1 Elkeen se lewe bly by hom en volg hom na sy dood (n. 4227, 7440). Die eksterne van die lewe word toegehou na die dood, en die innerlikes word geopen (n. 4314, 5128, 6495) Dan word elke ding en alle dinge openbaar gemaak (n. 4633, 5128). 33.1. Voëls dui op die rasionele, intellektuele, gedagtes, idees, en kennis (n. 40, 745, 776, 866, 988, 993, 5149, 7441). En dit met `n verskeidenheid ooreenkomstig die genus en spesie van die voëls. (n. 3219). 33.2 Lampe met ligte dui op waarhede wat skyn vanuit die goeie (n. 4638, 9548, 9783). 34.1 Lammers in die hemel, en in die Woord, dui op onskuld. (n. 3994, 7840, 10,132) 36.1 Dat in die hemel daar `n kommunikasie van al die goeie gegee word, aangesien dit die eiendom van hemelse liefde is, en om al sy besittings te kommunikeer met al die ander, en daarom verkry die engele hulle wysheid en geluk daaruit (n. 549, 550, 1309, 1391, 1399, 10,130, 10,723). 39.1 Hulle wat `n amp uit die geloof maak vanuit die doktrine en wat nie daarvolgens lewe nie, het nie geloof nie (n. 3865, 7766, 7790, 8094). En hulle innerlikes is teenstrydig met die waarheid van die geloof, alhoewel hulle in die wêreld dit nie weet nie. (n. 7790, 7950). 40.1 Die Meester is die son van die hemel, waaruit al die lig daar is (n. 1053, 3636, 4060). En die Meester verskyn dus aan hulle wat in Sy hemelse koninikryk is, waar die liefde tot Hom regeer. (n. 1521, 1529-1531, 1837, 4696). Hy verskyn op `n middel distansie bokant die vlak van die regteroog (n. 4321, 7078). Daarom word deur “son” in die Woord die Meester bedoel net soos in Goddelike liefde (n.2495, 4060, 7083). Die son van hierdie wêreld verskyn nie aan geeste en engele nie, maar in die plek daarvan verskyn `n iewat swarterige iets, nie heel voor nie, maar na agtertoe en in die teenoorgestelde van die son van die hemel, of van die Meester (n. 9755). 41.1 Daar is in die hemel `n baie groot lig, wat die middaglig van hierdie wêreld met etlike grade ooretref (n. 1117, 1521, 1533, 1619-1632, 4527, 5400, 8644). Al die lig in die hemele is uit die Meester as `n son daar (n. 1053, 1521, 3195, 3341, 3636, 3643, 4451, 9548, 9684, 10809). Die Goddelike goeie van die Goddelike liefde van die Meester verskyn in die hemel as `n lig, en voorsien al die lig wat daar is (n. 3195, 3222, 5400, 8644, 9399, 9548, 9684). Die lig van die hemel verlig beide die sig en die intelligensie van die engele (n. 2776, 3138). Wanneer dit gesê word dat die hemel in lig en hitte is, dui dit op om in wysheid en in liefde te wees (n. 3643, 9399, 9401). 50.1 Sterre in die Woord dui op kennis van die goeie en die waarheid, gevolglik waarhede (n. 2495, 2849, 4697) En in die ander lewe word waarhede verteenwoordig deur vaste sterre, maar valshede deur sterre wat swerwe (n. 1128). oooooooooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOooooooooooooooooooo

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205