Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

Ander Aardes in die Universum 51-100 Emanuel Swedenborg 1688-1772 Arcana Coelestis – Geheime van die Hemele 51. Ek kon die teenwoordigheid van die geeste van Jupiter onderskei, nie net deur die sagtheid en soetheid van hulle benadering en invloei nie, maar ook hiervan, dat vir die grootste gedeelte was hulle invloei in die gesig, en dit maak dit glimlaggend en opgewek, en dit voortdurend gedurende hulle teenwoordigheid. Hulle sê dat hulle `n soortgelyke uitdrukking en opgewektheid kommunikeer na die inwoners van hulle aarde, as hulle by hulle kom, en is begerig om hulle te inspireer met kalmte en `n opgewektheid van hart. Daardie kalmte en opgewektheid waarmee hulle my inspireer, vul my bors en hart baie waarneembaar, en terselfdertyd word begerigheid en onrus aangaande dinge wat moet kom, verwyder, wat onrus en ongemaklikheid, en verskillende beroeringe in die denke veroorsaak. Dus was dit vir my duidelik wat die ingesteldheid en kwaliteit van die inwoners van Jupiter was, want die geaardheid van die inwoners van enige aarde sal bekend wees deur die geeste wat daar kom, sover as wat elke een sy eie lewe behou na die dood, en voortgaan om dit te lewe wanneer hy `n gees word. Dit was waargeneem dat hulle `n staat van geseëndheid of geluksaligheid het wat nog dieper in die innerlike strek, wat duidelik word van hierdie omstandighede, dat dit gewaar word dat hulle innerlikes nie gesluit is nie, maar in die hemel oop is, in dieselfde verhouding dat hulle meer ontvanklik is vir die ontvangs van die Goddelike goeie, en met dit sy geseëndheid en innerlike geluk. Die saak staan anders met hulle wat nie lewe in die orde van die hemel nie; die innerlikes van hulle is gesluit, en die uiterlikes is oop na die wêreld.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205