Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

52. Dit is verder aan my getoon watter soort gesig die inwoners van die aarde Jupiter het; nie dat die inwoners self aan my verskyn het nie, maar dat die geeste verskyn met gesigte soortgelyk as wat hulle gehad het toe hulle op die aarde was. Maar voordat dit gewys word, verskyn een van die engele agter `n helder wolk, en dan word twee gesigte aan my gewys, hulle was soos die gesigte van die mense op ons aarde, skoon en pragtig, opregtheid en beskeidenheid straal uit hulle uit. Gedurende die teenweoordigheid van die geeste van Jupiter, verskyn die gesigte van die mense van ons aarde minder as gewoonlik, wat hiervan is, dat daar `n invloei was van daardie geeste van die idee wat hulle het aangaande hulle eie gesigte wat groter is, want hulle glo, gedurende hulle verblyf op hulle aarde, dat nadat hulle gesterf het sal hulle gesigte groter wees en ook ronder van vorm; en omdat hierdie idee op hulle afgedruk is, bly dit gevolglik by hulle, en wanneer hulle geeste word verskyn hulle aan hulleself asof hulle groter gesigte het. Die rede hoekom hulle glo dat hulle gesigte groter sal wees, is omdat hulle sê dat die gesig nie die liggaam is nie, omdat hulle deur dit kan hoor, praat, sien en hulle gedagtes kan manifesteer en siende dat die denke dus deursigtig is deur die gesig, vorm hulle gevolglik `n idee van die gesig asof dit die denke in vorm is; en omdat hulle weet dat hulle wyser sal wees na hulle lewe in hierdie wêreld, glo hulle dan ook dat die vorm van die denke of die gesig groter sal word. Hulle glo ook dat na hulle afsterwe sal hulle `n vuur waarneem wat warmte oor hulle gesigte sal kommunikeer. Hierdie geloof spruit uit die wete dat die wyses onder hulle weet dat die vuur in die geestelike sin die liefde verteenwoordig, en dat liefde die vuur van die lewe is, en van hierdie vuur het die engele lewe. 52.1 Hulle wat ook `n lewe van liefde gelei het, verkry hulle wens, en ervaar dat hulle gersigte warm gloei; en dan word die innerlikes van hulle denke geprikkel met liefde. Vir hierdie rede was die inwoners van dié aarde ook hulle gesigte en maak dit meermale skoon, en beskerm dit versigtig teen die hitte van die son. Hulle maak `n bedekking van die binneste bas van `n boom, van `n blou kleur, wat hulle rondom die kop draai en bedek sodoende die hele gesig. Betreffende die gesigte van die mense van ons aarde, wat hulle deur my oë sien, 52.2 sê hulle dat dit nie mooi is nie, en dat die skoonheid bestaan uit die eksterne vel, maar nie uit die vesel van die innerlike nie. Hulle verwonder hulle oor die feit dat sommige gesigte vol vratte en sweertjies is, of is andersins misvorm, en sê dat by hulle word sulke gesigte nooit gesien nie. Sommige gesigte glimlag altyd, naamlik, hulle wat opgewek en gelukkig is, en hulle wat `n bietjie prominent om die lippe is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205