Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

62. Die inwoners van Jupiter plaas wysheid in denke deur goed en regverdig te dink van alle dinge in die lewe. Die wysheid wat hulle ontleen het van hulle ouers vanaf geboorte, en dit word suksesvol oorgedra aan die nageslag, en vergroot die liefde daarvoor omdat dit aan hul ouers behoort het. Van wetenskap, soos die op ons aarde, weet hulle hoegenaamd niks van nie, ook wens hulle om niks te weet nie. Hulle noem dit skaduwees en vergelyk dit met wolke wat die son verberg. Hierdie idee betreffende die wetenskappe is ontvang van sommige geeste van ons aarde wat spog dat hulle wys is uit die wetenskappe. Die geeste van ons aarde wat so spog was sodanig wat wysheid maak as bestaande in dinge wat bloot aan die geheue behoort, soos in tale, veral die Hebreeus, Grieks, en Latyn, in `n kennis van dinge wat behoort in die litterêre wêreld, in kritiek, in bloot eksperimente en in terme, veral dit wat van die filosofie is, met ander dinge van dieselfde aard, en gebruik nie sulke dinge as `n metode wat lei na wysheid nie, maar maak wysheid om te bestaan uit daardie dinge uit homself. Sulke persone, omdat hulle nie hulle rasionele aanleg ontwikkel het deur die wetenskappe nie, as `n metode wat kan lei tot wysheid, het baie min waarneming in die ander lewe; want hulle sien dinge slegs in beperking, en uit beperkinge, en in die geval is dinge slegs in klosters en wolke wat die intellektuele sig versper (sien bo, n. 38); en hulle wat trots is oor hulle geleerdheid daaruit, het nog minder waarneming, maar hulle wat die wetenskappe gebruik het as `n metode om die dinge wat aan die kerk behoort, kragteloos te maak en dit te verwoes, het hulle eie intellektuele aanleg totaal vernietig, en soos uile sien hulle in die dik duisternis die valsheid aan vir die waarheid, en die bose vir die goeie. Die geeste van Jupiter, uit die gesprekke wat hulle met sulkes gehad het, kom tot die gevolgtrekking dat die wetenskappe veroorsaak skaduwees en blindheid. Maar hulle was ingelig dat op ons aarde is die wetenskappe die metode om die intellektuele sig te open, en dit is die sig van die lig van die hemel; maar omdat sulke dinge wat behoort aan die suiwer natuurlike en sensuele lewe hier regeer, is die wetenskappe vir die mens van ons aarde slegs `n metode om waansinnig te raak, naamlik, om dit te konformeer in voorkeur met die natuur teen die Goddelike, en in voorkeur van die wêreld, teen die hemele. Hulle was verder ingelig dat die wetenskappe op sigself geestelike rykdomme is, en dat hulle wat dit besit is soos hulle wat wêreldse rykdomme besit, wat op sy beurt weer `n metode is om dienste te bewys aan homself, sy naaste, en sy gemeenskap, en ook `n metode om die bose te doen. Bowendien, dat dit soos kledingstukke is, wat dien vir gebruik en versiering, en ook vir trots, soos met hulle wat geëer word net vir dit alleen. Die geeste van Jupiter verstaan hierdie dinge baie goed, maar hulle wonder, siende dat hulle mense is, sou hulle in die metode moet rus, en verkies dinge wat lei na wysheid voor wysheid homself, en dat hulle nie sou sien, dat om die denke te dompel in sulke dinge, en nie bokant dit uit te styg nie, was om dit te bewolk en te verblind.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205